Net so kort en vinnige dankie aan al almal wat gehelp het in my dilemma. Die Forum van ons is great en as ek nou iets geleer het die laaste 2 weke was dit dat julle manne uit saamgestelde ondervinding meer weet as NISSAN Agente!!!

Ek was so rond geneuk deur workshops en "mechanic"s wat diagnostic toets toerusting het maar nie geweet het hoe dit gewerk het as dit by die Patrol kom nie dat ek skoon moerig geraak het.

Manne, julle sal nie verstaan hoe die ouens kop

gekrap het oor my lorrie nie soveel so dat ek regtig gedink het dat ek nooit die ding gaan reg kry nie.

Toe onthou ek mos al die posts wat ek gelees het oor probleme wat soortgelyk aan myne was en begin toe naslaan in die forum se argiewe. Ek het heel eerste my bybel geprint "ZD30 Y61 Reference Guide" en begin lees. (Ek het sedert die n' spesiale plekkie in my Patrollie gemaak en die ding ry nou orals saam met my...net ingeval!)
Met die ding in die hand het ek aan die regte plekke se deure begin klop en die ouens wat toets my rede vertel hoekom ek gedink het dit was die MAF...hulle het seker gedink ek was een moerse fundi of diesel tech maar dit was eindlik heel maklik na so bietjie lees om te verstaan waarom my lorrie hom so snaaks begin gedra het.
Die advies en leiding van die forum en van JG in n' PM aan my het gesorg dat ek Saterdag oggend een van my vriende wat ook n' 3.0 DT het se MAF gou geleen het en in my Patrollie gesit het net om seker te maak dat dit die probleem is. Die resultaat is dat 8 uur van oggend ek my MAF gaan bestel met n' goeie en versekerde hart.
Thanks Ouens
n' Baie Gelukkige Langman (Net jammer Vrystaat kon nie die naweek gewen het nie maar nou ja, my Patrollie is ten minste oor 2 dae weer reg!)
