JG , houtwerk is my bedryf. Ek het my eie sisteem maar het slegs twee laaie onder met die Vrieskas soos joune aan die Linkerkant. Kyk na die Grubby box siteem of SKOFKAS in ons boere taal. Dit is omtent so groot soos die vrieskas en dit haal jy uit en gebruik dit op enige plek. Ek het die planne daarvoor so n jaar terug aangeskaf vanaf die VSA.
Mens moet die "incorporate" met jou sisteem. Hoekom ek so se want partykeer wil jy jou kook geriewe bietjie nader skuif na se bv. skaduwee of n mooier uitsig waar die Patrol nie kan bykom nie. So jy haal dit uit en sit dit langs die voertuig neer.
Google
Blue sky kitchens en kyk op YOU TUBE na
Grubby box
Wat die kaste betref vir Patrols, JG daar is te min om dit kommersieel te bemark, mens moet iets ontwikkel wat meerdoelig is vir die 4x4 mark bv, dit moet pas in die ernstige voertuie soos Cruiser 70/105, Defender en Disco,s , Gelandenwagens en Patrols.
Die Skofkas soos genoem
JG ek is bereid om saam met jou en wie ook al iets te ontwikkel , bv slegs vir die forum se gebruik. So kom almal raak betrokke. O ja die GQ en GU is so te se ewe groot agter.Ons kan bv die sisteem bemark onder die vaandel van die Forum, en fondse daaruit kan ons trips en events reel reeds betaal vir lede ens.
JG, ek moet jou komplimenteer oor die tipe laaghout wat jy gebruik, MANNE as ek vir julle goeie raad kan gee, moet nooit in enige houtwerk item wat jul maak of aankoop ooit weetbix (chipboard)gebruik nie , self in jou kombuis kaste wat SWAMBO wil he. Dit is die swakste uitvindsel van die 20 ste eeu. hou by laaghout of selfs MDF (supawood) in die bou van so n produk.
Groetnis