Patrol Drawer System

Please tell us about your DIY projects, tips and tricks
User avatar
Tjaart
Senior Member
Senior Member
Posts: 329
Joined: 29 May 2009 16:08
Full Name: Tjaart Janse van Rensburg
Nickname: TJ
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Patrol 4500 GRX
2000
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria
Been thanked: 2 times

Re: Patrol Drawer System

Post by Tjaart »

Jules my maat!!

AS ek iets vasmaak, dan sit hy wragtag. Ek smaak spanners swaai!!!! :biggrin: . Ek is 'n loodgieter, en ek werk dat die biesies bewe!! Ek sal fotos post later vandag.

The Fridge is 40L capacity. Works very well, as it doesn't fall around in the back!!
THE BRAVE
says
Aut PATROL aut nihil

Aut vincere aut mori
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Patrol Drawer System

Post by JG Shields »

Die somer is hier en alles in my begin jeuk vir 'n trip.

Ek het my eie pakstelsel 'n tyd gelede gebou. (WegRy van Aug/Sept dra 'n artikel hieroor - vir meer info) Die artikel het bloot verskyn uit die genot wat die bouery en die gebruik daarvan aan my gegee het. Dit was nooit my motief om die stelsel kommersieel te bemark nie. Ek het egter baie reaksie op die artikel gekry wat my onder die indruk bring dat daar belangstelling mag wees by Patrol eienaars hiervoor. Ek glo die lae koste van R1560 wat in die artikel aangedui word was dalk die grootste trekpleister. As iemand die artikel lees, neem net asb in ag dat die yskas se laai nog nie ingereken was nie. Ek het die laai ook intussen self gebou en die laai het my nagenoeg R600 gekos.

Nou wonder ek of ek nie dalk die pakstelsel in 'n DIY "kit" moet ontwikkel en beskikbaar stel nie? Dit sal egter 'n bietjie kopkrap en ontwikkelingswerk verg om dit sinvol gedoen te kry. Die "kit" kan bv al die panele wat klaar reg geboor en gemerk is insluit met alle skroewe, skarniere, gom en seelaar insluit... ek weet nie, dis my gedagte. Die "kit" kan selfs verskillende struktuur opsies insluit. 'n Handleiding vir die aanmekaarsit proses kan ook saamgestel word. Gee my asb julle indrukke en gevoel. Sal daar belangstelling wees vir so iets?
Attachments
In gebruik in Botswana
In gebruik in Botswana
Copy of Patrol - Laaie.jpg (42.52 KiB) Viewed 3284 times
Werksblad oopgevou
Werksblad oopgevou
Copy of 100_4870.JPG (40.27 KiB) Viewed 3284 times
Yskas uitgetrek
Yskas uitgetrek
Copy of 100_4866.JPG (35.24 KiB) Viewed 3284 times
Patrol fan!
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Patrol Drawer System

Post by JG Shields »

Ek het nagelaat on te noem dat die afwerking op die hout ook na smaak aangepas kan word.
Patrol fan!
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Patrol Drawer System

Post by KOOS BEST »

JG , houtwerk is my bedryf. Ek het my eie sisteem maar het slegs twee laaie onder met die Vrieskas soos joune aan die Linkerkant. Kyk na die Grubby box siteem of SKOFKAS in ons boere taal. Dit is omtent so groot soos die vrieskas en dit haal jy uit en gebruik dit op enige plek. Ek het die planne daarvoor so n jaar terug aangeskaf vanaf die VSA.
Mens moet die "incorporate" met jou sisteem. Hoekom ek so se want partykeer wil jy jou kook geriewe bietjie nader skuif na se bv. skaduwee of n mooier uitsig waar die Patrol nie kan bykom nie. So jy haal dit uit en sit dit langs die voertuig neer.
Google Blue sky kitchens en kyk op YOU TUBE na Grubby box

Wat die kaste betref vir Patrols, JG daar is te min om dit kommersieel te bemark, mens moet iets ontwikkel wat meerdoelig is vir die 4x4 mark bv, dit moet pas in die ernstige voertuie soos Cruiser 70/105, Defender en Disco,s , Gelandenwagens en Patrols.
Die Skofkas soos genoem
Image

JG ek is bereid om saam met jou en wie ook al iets te ontwikkel , bv slegs vir die forum se gebruik. So kom almal raak betrokke. O ja die GQ en GU is so te se ewe groot agter.Ons kan bv die sisteem bemark onder die vaandel van die Forum, en fondse daaruit kan ons trips en events reel reeds betaal vir lede ens.

JG, ek moet jou komplimenteer oor die tipe laaghout wat jy gebruik, MANNE as ek vir julle goeie raad kan gee, moet nooit in enige houtwerk item wat jul maak of aankoop ooit weetbix (chipboard)gebruik nie , self in jou kombuis kaste wat SWAMBO wil he. Dit is die swakste uitvindsel van die 20 ste eeu. hou by laaghout of selfs MDF (supawood) in die bou van so n produk.
Groetnis
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Patrol Drawer System

Post by KOOS BEST »

Kyk na die Grubby one by http://www.blueskykitchen.com/Grubby_One.html
JG , nog iets wat is daai rooster kontrepsie op jou spaarwiel
Koos
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Patrol Drawer System

Post by JG Shields »

Dis pragtig om te hoor jy's 'n houtwerk spesialis. 'n Paar punte:

1. My boonste kas maak ook vinnig los van die onderste kas af vir presies dieselfde doel as jou Grubby box beskrywing. (Ek hou van die Grubby box idee en sal beslis op die net kyk)
2. Ja, ek het ook in gedagte gehad om die "DIY kit" konsep vir al die gewilde voertuie te ontwikkel. Dis in elk geval net mates wat verskil en maklik om te "manage".
3. Een van die redes waarom ek laaghout gebruik het was agv kostes. Die ander redes is stewigheid en maklike hout om mee te werk. Iemand anders is tans besig om 'n "costing" vir my te doen op ander materiale ook. Die artikel in WegRy verduidelik al die ander beginsels en idees mooi. As jy dit nie gelees het nie, stuur jou e-pos adres en ek stuur dit vir jou aan. PDF wil nie hier vasplak nie.
4. Ek is heeltemal te vinde vir die idee om dit in die forum omgewing te ontwikkel en die fondse aan te wend soos jy voorstel. Wat is die volgende stap?

Die rooster kontrepsie is my "self geboude "quick step" om op my dakrak te kom. Dis eenvoudig en trek met 'n "ratchet strap" op die spaarwiel vas. Dit werk soos 'n bom. Sal ek dit van nader afneem? Dis ook iets wat die ander forum manne maklik kan "copy" vir hulle gebruik. Ek is besig om in die kontrepsie se raam 'n klein raampie te sit wat platslaan en sodoende 'n wasskotteltjie kan vashou. Op daai manier is die skottegoed in die bos ook sommer ge-sort en weg van die kosmaak gedeelte af.
Patrol fan!
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Patrol Drawer System

Post by KOOS BEST »

JG , ons wag vir daai fotos!!!!!!Ek hou daarvan om na ander se slim idees te kyk, veral as dit kampwerk soveel meer vergemaklik.
Aangaande die vlge . stap, wel ek weet nie, ons sal maar moet kyk of die foum lede ander idees het om by te voeg.
Koos
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Patrol Drawer System

Post by JG Shields »

Koos, ek aanvaar jy praat van die "quick step" fotos? Die laaistelsel se fotos verskyn bo in hierdie forum blad. Hierdie fotos is nie van die beste gehalte nie maar jy sal kan uitmaak wat ek gedoen het. Die raampie is sommer van 30x1,5mm hoekyster gebou. Dis ook net die hoekyster raam wat bo-op die wiel wasknyp. Die strap trek die raam beweegvry op die band vas. Die afstande tussen voertuig/sleepwa hak, trappies en dakrak is baie gerieflik gespasieer.
Attachments
100_1114.JPG
100_1114.JPG (47.04 KiB) Viewed 3255 times
100_1113.JPG
100_1113.JPG (36.81 KiB) Viewed 3255 times
Patrol fan!
User avatar
Abri Hoffman
Patrolman
Patrolman
Posts: 526
Joined: 30 Apr 2009 14:06
Full Name: Abri Hoffman
Nickname: Abri
Home Town: Monument Park
Current 4x4: 2013 FJ Cruiser
Home Language: Afrikaans
Location: Monument Park
Been thanked: 7 times
Contact:

Re: Patrol Drawer System

Post by Abri Hoffman »

JG, het jy nie probleme met die deurskaniere agv die addisionele gewig op die deur wanneer jy op die dakrak klim nie?
2013 FJ Cruiser
"Jack Russel"
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Patrol Drawer System

Post by KOOS BEST »

JG, baie mooi, maar ek moet se ek vind die Patrol se runnerboards en die trappie by die agter werk baie goed om die dakrak orals by te kom. As jy jare lank n defender se dakrak pak en dan n Patrol s'n, is dit baie makliker want die Patrol se dak is nie so hoog nie.
Abri, ek glo nie daai gewig sal enige noemenswaardige ekstra gewig wees nie, in iedergeval die groot deur het onder n baie sterk sisteem waar die deur in n gleufstut inskuif wanneer toe om gewig van die skarniere af te haal.
Op my GQ het ek 2 stelle bande gehad , my bande vir n safari was die gewone split rims , en daai gewig teenoor die "mags" was n aansienlikke verskil(2X), en dit is al waarmee die GQ ry in Afrika, die VN karre het slegs net die swaar tipe rims op en daai deure is gemaak vir baie swaarder as wat ons die gebruik. Ek het nou in April by Onder Sabie n VN splinter nuwe GU 4.2DT Patrol gekry , die ou is werksaam in Moz. met standaard split rims wat agter op die deur gehang het.
Koos
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
Post Reply

Return to “21. DIY Projects”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest