Die avonture van Gerrie en Lobo

Showcase your baby
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Oraait

Dit was 'n rukkie vandat ek laas hier vertel het vna Lobo se geite. Baie van julle het seker nou al die rubriek in die nuutse WegRy gesien??
Ek is nogal heel trots op my tweede Fred Mouton-skets (hy doen al die karikature soos hierdie vir Weg, WegRy, WegSleep, Rapport, Die Burger, Huisgenoot, ens) ek bewonder die sketse al vir jare en nou het ek een waarop ek self is!!
Image
Ek dink dit vang nogal die gees van my hele Lobo-ondervinding baie goed op... Weet net nie hoekom hy 'n airfilter soos daai op die prentjie het nie...

Elk geval...
Die ding staan nou so. Na al die laaste gesukkelw at Tour de Frans my so bietjie baie gehelp het - loop Lobo weer en my vrou is nou al weer amper lief vir hom (ek ook).
Maar dit word mos nou winter en koel (dit word nie koud in die Kaap nie) en Lobo sukkel toe so bietjie om te start en na 'n lang gesukkel kom ek agter hy start baie makliker as die idle control valve ingeplug is. Maar voor dit was ek vir meer as drie weke nie by die huis nie en my vrou het net so een of twee keer met hom gery en so is sy battery toe ook redelik moeg - ek moes hom twee keer jump-start op een dag voor ek die idle control valve ingeplug het. Nou idle hy op 2000 revs as ek hom start want die idle control valve is mos nie meer lekker nie (ek het hom probeer skoonmaak met elke denkbare ding om hom los te kry, maar ek reken die probleem met die valve is ouer as die valve self... ek kontak toe vir Chris Dicks (die man wat Dicktator EFI maak) en vra hom waar ek so valve kan kry.
Sien, die valve plug saam met die injectors in die computer in en die computer reguleer dan hoe groot die valve oop is na gelang van die temperatuur en al daai lekker goed... vreeslik tegnies - maar as hy nie werk nie, kom daar nie genoeg ekstra lug uit om die enjin te laat idle nie...
Hy noem toe dat ek enige Bosch two wire idle control valve kan gebruik - en ek kan dit sommer by 'n scrap yard optel...
So begin ek toe sommer onmiddelik die scrap yards daar in die Strand naby my bel... en hulle almal gee vir my sulke "uuuuuhhhh...." antwoorde oor die foon - niemand weet eers van die ding nie. Selfs die Bosch-agent in die Strand ken hom nie sonder 'n part nommer nie - en ek het geen idee wat die aprtnommer is nie - ek het op die ding gaan kyk, maar sien nerens 'n part nommer nie... so nou sit ek!
Ek het toe besluit om vir Barnetts te bel (hulle het mos alles) en hulle kon ook nie help nie, so ook nie Myburgh-spares of enige van die ander plekke in die Kaap nie (selfs nie eers Masterparts nie!)
So dit is op die oomblik my grootste probleem met Lobo - as dit uitgesorteer is - sal ek graag die makwerk wil uitsorteer en van die roes ontslae raak - daarvoor kort ek nog baie voorstelle en raad... so laat weet as julle idees het van wat ek kan doen!
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6138
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1124 times
Been thanked: 1038 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Peter Connan »

Gerrie, dis 'n great skets daai!

As jy kan uivind op watter karre daai kleppie gebruik is, sal die soektog baie makliker word...
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Dis hoe hy lyk - dit wil vir my voorkom of BMW hom gebruik - maar veel meer kan ek nog nie uitvind nie...
Image
firessafari
Senior Member
Senior Member
Posts: 60
Joined: 12 Oct 2009 14:05
Full Name: Johan van Vuuren
Nickname: Johan
Home Town: Krugersdorp
Current 4x4: Safari s/w
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 7 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by firessafari »

Roes: Alle Safari's kom daarmee uit. Ligte roes : sandblast eers die deel tot op rou metaal ,behandel dan met 'n rust converter ,Prime en verf. Erge roes. Vat die Angle grinder en sny uit ,migweld 'n nuwe plaat in .As jy is klaar bestel 'n blik Tectyl uit Durban en behandel alle panele aan die binnekant. Fibreglass ,los uit,Dit is 'n disprin ,hou net 'n rukkie en kraak dan los (baie gaan seker met my stry maar dit is ondevinding ) Sterkte , dit is 'n moe.. groot werk.
Johan
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Dankie Johan - dit is ook omtrent wat ek in gedagte gehad het - ek dink amper ek sal verlof meot vat om dit te doen - die workshop waar ek kan werk is in Brackenfell en ek bly in die Strand - so om elke aand na werk te gaan probeer iets doen gaan nie gebeur nie - en oor 'n naweek gaan ek nie alles gedoen kan kry nie - en my naweke is kosbaar wat ek byd ie huis by my vrou kan wees - dalk meot ek maar net my eie grinder en Mig-welder koop/huur en dit by die huis doen... dis dalk my beste opsie... ek raak sommer weer ongelukkig!
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6138
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1124 times
Been thanked: 1038 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Peter Connan »

Gerrie, so 'n operasie is iets wat jy een keer moet klaar doen. Jy kan nie hier vat en daar los nie.

My voorstel sou wees, beheer die roes sover moontlik sodat dit nie sprei nie, totdat jy in 'n situasie is waar jy vir etlike maande sonder Lobo kan klaarkom?
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Maande?!! QQQ Peter is jy ernstig?
firessafari
Senior Member
Senior Member
Posts: 60
Joined: 12 Oct 2009 14:05
Full Name: Johan van Vuuren
Nickname: Johan
Home Town: Krugersdorp
Current 4x4: Safari s/w
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 7 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by firessafari »

Gerrie , Dit wat ek met bees gedoen het :Die erge roes wat oop is het ek dadelik met Rustconverter behandel en toe stuk-stuk begin soos ek voorheen beskryf het. moet nie alles met een slag probeer doen as jy alleen of as jy op 'n buget werk nie,naweke en in die aand was my werkstyd , sover ek kan onthou is Lobo met 2K en nie base cote clear cote geverf nie ,so om 'n paneel op 'n slag te doen is nie 'n probleem nie .Dit het my ongeveer 'n jaar geneem om bees oor te doen , as ek nie lus was nie het ek hom gelos. Die voordeel van stuk-stuk doen is dat jy nog steeds 'n voertuig het om mee te ry.
Johan
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Oraait, Johan - nou moet jy my help: Wat sal die lys van goed (toerusting en verf en die works) wees wat ek nodig het om alles weer reg te maak? :helpsign: :helpsign:
firessafari
Senior Member
Senior Member
Posts: 60
Joined: 12 Oct 2009 14:05
Full Name: Johan van Vuuren
Nickname: Johan
Home Town: Krugersdorp
Current 4x4: Safari s/w
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 7 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by firessafari »

Gerrie, ek dink ons moet gesels 0825585811
Johan
Post Reply

Return to “08a. Your Patrol”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest