Dit was 'n rukkie vandat ek laas hier vertel het vna Lobo se geite. Baie van julle het seker nou al die rubriek in die nuutse WegRy gesien??
Ek is nogal heel trots op my tweede Fred Mouton-skets (hy doen al die karikature soos hierdie vir Weg, WegRy, WegSleep, Rapport, Die Burger, Huisgenoot, ens) ek bewonder die sketse al vir jare en nou het ek een waarop ek self is!!

Ek dink dit vang nogal die gees van my hele Lobo-ondervinding baie goed op... Weet net nie hoekom hy 'n airfilter soos daai op die prentjie het nie...
Elk geval...
Die ding staan nou so. Na al die laaste gesukkelw at Tour de Frans my so bietjie baie gehelp het - loop Lobo weer en my vrou is nou al weer amper lief vir hom (ek ook).
Maar dit word mos nou winter en koel (dit word nie koud in die Kaap nie) en Lobo sukkel toe so bietjie om te start en na 'n lang gesukkel kom ek agter hy start baie makliker as die idle control valve ingeplug is. Maar voor dit was ek vir meer as drie weke nie by die huis nie en my vrou het net so een of twee keer met hom gery en so is sy battery toe ook redelik moeg - ek moes hom twee keer jump-start op een dag voor ek die idle control valve ingeplug het. Nou idle hy op 2000 revs as ek hom start want die idle control valve is mos nie meer lekker nie (ek het hom probeer skoonmaak met elke denkbare ding om hom los te kry, maar ek reken die probleem met die valve is ouer as die valve self... ek kontak toe vir Chris Dicks (die man wat Dicktator EFI maak) en vra hom waar ek so valve kan kry.
Sien, die valve plug saam met die injectors in die computer in en die computer reguleer dan hoe groot die valve oop is na gelang van die temperatuur en al daai lekker goed... vreeslik tegnies - maar as hy nie werk nie, kom daar nie genoeg ekstra lug uit om die enjin te laat idle nie...
Hy noem toe dat ek enige Bosch two wire idle control valve kan gebruik - en ek kan dit sommer by 'n scrap yard optel...
So begin ek toe sommer onmiddelik die scrap yards daar in die Strand naby my bel... en hulle almal gee vir my sulke "uuuuuhhhh...." antwoorde oor die foon - niemand weet eers van die ding nie. Selfs die Bosch-agent in die Strand ken hom nie sonder 'n part nommer nie - en ek het geen idee wat die aprtnommer is nie - ek het op die ding gaan kyk, maar sien nerens 'n part nommer nie... so nou sit ek!
Ek het toe besluit om vir Barnetts te bel (hulle het mos alles) en hulle kon ook nie help nie, so ook nie Myburgh-spares of enige van die ander plekke in die Kaap nie (selfs nie eers Masterparts nie!)
So dit is op die oomblik my grootste probleem met Lobo - as dit uitgesorteer is - sal ek graag die makwerk wil uitsorteer en van die roes ontslae raak - daarvoor kort ek nog baie voorstelle en raad... so laat weet as julle idees het van wat ek kan doen!