Eerstens het ek vir tour de Frans nadergeroep en hy het my ongelooflik baie gehelp.
Nadat ons die laaste goed aan Lobo gedoen het, was daar maar 'n probleem met sy idle. Eers hoog, dan laag, dan sukkel hy om te start en dan idle hy asof my voet in die hoek is...
So ek het eers gedog dit was dalk die sparkplugs (oftewel, Peter het voorgestel ek kyk daarna). Maar nuwe sparkplugs alter het dit steeds nie gewerk nie.
Daar was wel een groot probleem - die distributor cap was 90o uit en hy is in plek gehou deur 'n plaatjie wat ons ge-fashion het. Frans het voorgestel ons draai die distrubutor reg - maar daarvoor moes die hele as wat die distributor en oliepomp verbind gedraai word - of Frans meos sy magic werk. ek weet nogsteeds nie presies wat hy gedoen het nie, maar ons het dit reggekry sonder om die as te draai of om die oliepomp af te haal. Toe kon ons die timing regstel. JP ('n Hilux-ou wat ken van Dicktator's en al die EFI goed en die regte programme op sy laptop het - Frans ken die ander EFI stelsels weer beter) het kom help en die laaste ding wat nog geneuk het sodat Lobo nie reg ge-idle het nie is die idle control valve... Maklik opgelos - hulle het hom uitgeplug en nou meot ek hom net skoonmaak dan sal hy weer werk as ek hom terugplug - lyk of hy net 'n bietjie vuiligheid in het... so ek maak dit skoon en Lobo idle weer reg...
Die lekker ding is as ek hom nou in neutral het, idle hy so rondom 600 rpm... klink ook sommer beter...
die ander ding wat mos ngo heeltyd neuk is die waterpomp - Lobo vreet hulle vir brekfis...
So terwyl ons besig is met die timing, kyk Frans dinge so en sien toe dat die fan en die viscous coupling wobble soos 'n dronk pikkewyn. Dit is die probleem - daai ge-wobble neuk die fan se as op en daarom cease hulle die heeltyd. Daar was ook een van die lang boute wat vermis was sedert ek Lobo gekry het wat die waterpomp vashou wat ons toe sommer vervang nadat ons die waterpomp (die 8ste keer) afgehaal het. Frans kyk toe binne in die pulley wat op die waterpomp vasgebout word en dit lyk asof daar 'n stuk modder of iets ingekom het en toe het ek dit in my onkunde vasgedraai en daarom eht die goed gewobble... Frans eht dit skoongemaak, en hy eht die waterpomp ordentlik opgesit (niemand het my ngo ooit regtig gewys hoe nie - so ek kon met my eie oë steel hoe dit reg gedoen meot word. So Lobo se waterpomp probleme is hoeplik nou op 'n einde...
Dit beteken die enigste probleem wat oorbly is die powersteering pomp wat klink asof daar 'n kat onder die enjinkap sit... Dit is iets wat deur kenners uitgesorteer moet word, so sodra ek my bergfiets verkoop (wat ek nou al meer as 'n jaar nie meer ry nie) sal ek kan bekostig om Lobo by 'n kenner oor dit te he - en dan, kan ek begin om die verfwerk en roes onder hande te neem... ek raak sommer emosioneel want ek voel nou die probleme staan einde se kant toe...












