Page 1 of 1
Central looking/self locking
Posted: 23 Mar 2010 13:10
by Johan B
In past few weeks, from time to time when I close the front door after getting out the door locks it self. Happened at home with the key still in the ignition (switched off position).
What part is about to give in..??
It's a '99 4.2D with 317 000km on it.
Re: Central looking/self locking
Posted: 23 Mar 2010 13:34
by Herrie
Die unit sit agter die panel langs die petrol petaal.
Re: Central looking/self locking
Posted: 23 Mar 2010 14:01
by Johan B
Hi Herrie.
Wat is dit en hoe werk dit.
En ek moet vra wat kos die "ding"?
Re: Central looking/self locking
Posted: 23 Mar 2010 14:13
by Herrie
Daai ding beheer die central locking. Myne was gebrand nadat ek hom van die penelbeaters af terug gekry het en net die bestuurder se deur het gewerk met die remote.
Al wat hulle toe kon doen was om al die deure saam te laat oopmaak en sluit met die remote.
Miskien moet jy hom maar na 'n auto-elektrisien toe vat dat hy na die unit kyk.
Re: Central looking/self locking
Posted: 24 Mar 2010 06:53
by JG Shields
John & Herrie,
Ek het ook al "onbeheerde" toesluit en oopsluit van die deure ervaar pas nadat die paneelkloppers die haelskade reggemaak het. Nadat ons (ek en die paneelkloppers) alles uitmekaar gehaal en ondersoek het, het ons gevind dat dit slegs die deurslotte was wat binne-in vuil geword het van die fyn verf- en polleer stof in die paneelklop proses. (nie die "servo's nie, maar die fisiese slot) Sorda jy dus die deur se toesluit/oopsluit posisie verander, dan is daar te veel fisiese weerstand (stramheid) in die slot en die "servo" skop terug na die oorspronklike posisie.
OPLOSSING: Spookpiepie in die slot. Dit kan sommer van buite die deur ook toegedien word. Indien dit nie genoeg is nie sal die slot maar uitgehaal moet word en behoorlik skoongemaak moet word in Benzien of 'n ander geskikte oplosmiddel.
Indien dit nie skoongemaak word nie en die probleem duur voort, kan dit later die elektriese kontrole sisteem waarna julle verwys, beskadig.
Re: Central looking/self locking
Posted: 31 Mar 2010 10:13
by Johan B
Het die Q20 roete in die slot gedoen en vir nou lyk dit of dit die probleem opgelos het.
Dankie.
Re: Central looking/self locking
Posted: 31 Mar 2010 12:51
by JG Shields
Dis goed om dit te hoor. Dit dui daarop dat dit vuilheid in die slot is en nie 'n elektriese- of meganies probleem nie. Ek wonder hoeveel slotte al op hierdie manie ten duurste vervang is net omdat hulle binne-in vuil is en die werktuigkundige dit nie weet nie?