Hi almal
Julle manne moet maar julle karre laat weeg voordat julle my moeilikheid oorkom , die traffic het hulle messe in vir ons
die lank en die kort is dat ons karre se gewig plate nie reg is nie en in my geval was 475kg = R4800 fine so my bloed kook en op die staduim trek nissan net skouers op. My kar weeg met als uit gestrip (n hele dag se nonsens) steeds 2560kg en gelaai volgens die klomp ape moet hy net 2075kg weeg, dit beteken as ek met my dik gat in my kar klim is ek reeds oorlaai so hoe nou?
Ek sal julle op hoogte hou want die ding gaan ek maar in die hof laat draai
Hel, Charles nou het ek al alles gehoor. Wat jy se hulle trek ons nou af al is die kar vir jare sedert nuut so geregistreer , en wat moet jy nou doen in die geval?
Charles gaan hof toe, dit is belaglik!!!!!!
Koos
Kerels di nou sommer KAK hierdie - pardon my french!!!
Soos julle tereg se - hoekom hulle nie toespits op die oorlaaide taxis en busse en goed wat op ons paaie hardloop nie!!!
Ek wil graag die statistiek sien van hoeveel padongelukke word veroorsaak deur te swaar 4x4 voertuie - wat ek dink nie een van ons oorlaai ons voertuie nie!!!
So waar as wragtig - hier kom n moerse
Hulle se
Kom ons vat hulle aan - en as Nissan SA hierby ingesleep moet word dan moet hulle maar ook kom help "please & explain".
Die TARE en GVM is beide op jou lisensie-skyf. TARE is die gewig soos hy uit die fabriek uit kom waarop jou lisensie tarief bepaal word. Die Gross Vehicle Mass (GVM) is die maksimum wat jou voertuig mag weeg.
Herrie op Safari/Patrollie 1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
Johan, hulle vergelyk die gewig gegewens wat op jou lisensie skyf staan, met die weegbrug. Al hoe dit kan gebeur is deur die Tarra gewig, so byna niemand se voertuig se Tarra gewig sal meer ooreenstem nie agv ekstras ens ens.
Ek kan dit nog steeds nie glo nie.
Charles , verskoon my hier , maar wat was die storie wat gely het tot die gebeurtenis.Het jy n konfrontasie gehad met speedcops of was dit slegs weeg en betaal.Ek vra dit want soos jy weet mens se houding met hulle bepaal jou boete op die einde van die dag.
Ek en n SAP polisieman het so n konfrontasie gehad by die grens nou die dag, dan wil hulle snaaks raak , maar toe klim ek in en ry. Gelukkig alle dokumentasie ens . reeds gestempel en klaar.Gemaak of ek hom nie hoor nie. Maar glo my hy het onnodig K@K gesoek oor waar ek parkeer het in die grenspos, totaal onnodig om n scene daarvan te maak.
Behalwe al die bogenoemde,Charles moes jy afpak?Voor jy verder kon ry.
Ek het al die vraag gepost iewers hier,Trokke mag nie ry nie hulle word beboet en moet aflaai voor hulle kan ry!
Nog wanneer moet jy n kode 10 lisensie he vir ons voertuie of val n oorgewig patrol nog in by n kode 8?
Dit bekommer my ook en hier kom kak.
Maar nou ja soos julle se wat van oorlaaide taxis en busse? en hoeveel van hulle het padvaardigheid en die drywer n lisensie?
Ek dwaal nou van die punt af,maar dit lyk of die gereg net oopgesig mense pyl.
Hoekom staak die taxis nie oor petrol pryse nie,nooit maar oor ander gemors ja.Hulle gooi ook net by enjen eenstop in,kry hulle dan die petrol? sorry weer van die punt af.
Frans
Frans , hierdie is maar die ou storie. Ons is easy pickings, ons sal nie n AK uitplik nie, ons het n addres en is gehoorsame mense. Die ander het geen addresse nie en die kanse en risisko dat n beampte deur taxis aangval word is te groot vir hulle. So kom ons target die maklikke ouens soos ons alaml hier.
Hier in my kontrei het ek al gesien, hul gee hul address op as bv Reserve 4 kwa Mbonambi, dit is n groot gebied daar bly miljoene maar dit is hul huis addres.
Hoeveel kere word mens nie afgetrek vir spoed dan jaag of kruip die onpadwaardige taxis, bakkies en trokke verby. Dit mmak mens debliksem in.MAAR NOU JA "2 WRONGS DOESNT MAKE A RIGHT"
As ek julle raad kan gee moet net NOOIT NOOIT in n argument betrokke raak nie. Doen maar die hof storie , daag so n 3 keer(ongelukkig mors jy baie van jou kosbare tyd) op want die beamptes is nooit daar nie , dan gooi die Landdros die saak uit.