Page 1 of 2

Intermittent Problem.

Posted: 16 Jun 2017 21:47
by Jannie Vosser
Hallo almal.

Ek is ook al lankal 'n "roofkyker" op die forum, maar het nou uiteindelik tot die groot stap oorgegaan om iets op te sit.

Ek het so 'n maand gelede 'n tweedehandse ESKOM ,2010 model 4.2tdi Patrol bakkie in Bloemfontein gekoop.

Foto van die ESKOM bakkie.
nokia 10-5-2017 451.jpg
nokia 10-5-2017 451.jpg (1.19 MiB) Viewed 4854 times
My vrou het 'n 2009 model bakkie wat net plaaswerk gedoen het en se agtervere gaan lê het. Die ESKOM bakkie het agter vere wat hom hoër lig.

Kyk die verskil op die foto. :surprised:
nokia 10-5-2017 458.jpg
nokia 10-5-2017 458.jpg (1.3 MiB) Viewed 4854 times
Ek het ESKOM bakkie se bak dubbelwand ingesit en spaarwiel terug op bak geskuif.

nokia 16-6-2017 193.jpg
nokia 16-6-2017 193.jpg (975.68 KiB) Viewed 4854 times
Ek het 2de handse "rock sliders" op olx vanaf Kathu laat kom en dit aangesit.
nokia 16-6-2017 213.jpg
nokia 16-6-2017 213.jpg (1.47 MiB) Viewed 4854 times
Nadat ek met Tinus gereël het, het ek gister vir hom en Michael die bakkie gevat om hulle ding te doen. :biggrin:

Ek het egter amper nie gegaan nie.

Eergister het die bakkie ewe skielik begin moeilikheid gee.

Wat my benoud maak, is dat my vrou se bakkie met tye presies dieselfde probleem het.

Die "glow plugs", "rev counter" en "air con" sal ewe skielik gelyktydig nie werk nie.

As 'n mens die "ignition" 'n paar keer aan-en-af sit , dan kom dit partykeer reg.

Die plaaslike agent beweer dit is die "computer box" , ek moet die battery vir 10 minute ontkoppel - dit help niks.

Die ESKOM bakkie se probleem het so vererger, dat ek hom moes "hot wire" om tot in Pretoria te kom.

Is daar groot asseblief iemand wat al 'n soortgelyke probleem gehad het en 'n oplossing het???

Re: Intermittent Problem.

Posted: 16 Jun 2017 23:44
by Russ Kellermann
I've never heard of this before, and certainly not on my own Patrol Bakkie. For this to happen to both your Patrol Bakkies is most strange. i hope someone clever on the foum has the answer for you. Please keep us updated on this.

Re: Intermittent Problem.

Posted: 17 Jun 2017 04:49
by Tinus lotz
Lets see where we need to scratch to fix this . Will keep you guys updated

Re: Intermittent Problem.

Posted: 17 Jun 2017 06:20
by petrol
Dit moet n relay wees wat besig is om in te gee of slegte earth konneksie.

Re: Intermittent Problem.

Posted: 17 Jun 2017 09:14
by Herrie
Baie dankie vir die fotos en ek hoop dat hy sal reg kom! :thumbup:

Re: Intermittent Problem.

Posted: 17 Jun 2017 09:35
by Jannie Vosser
Definitief 'n gesamentlike elektriese probleem wat al 3 funksies (glow plugs, air con, rev counter) affekteer.

As iemand dalk 'n "wiring diagram" het, kan mens sien of daar 'n gesamentlike "relay" is. :helpsign:

Re: Intermittent Problem.

Posted: 18 Jun 2017 09:03
by petrol
Kyk bietjie na die earth draad tussen body en engine.

Re: Intermittent Problem.

Posted: 18 Jun 2017 15:42
by Peter Connan
Ek sou eerder dink dis een van die earths agter die instrumentpaneel of in die fuse boks?

Re: Intermittent Problem.

Posted: 19 Jun 2017 20:27
by Jannie Vosser
Bakkie staan op die oomblik by Tinus/Michael in Pretoria om hulle ding te doen.

Ek het vandag met lokale Nissan agentskap gepraat oor 'n "wiring diagram".

Hulle sal kyk wat hulle kan doen. :wink:

Re: Intermittent Problem.

Posted: 20 Jun 2017 07:51
by Dustin
My first reaction was also earthing, but to have it on both vehicles and the same issue is an interesting one.
I'm sure Michael & Tinus will find it.
That bakkie is going to have good boost once Team Turbo is done with it :thumbup: