Ek is ook al lankal 'n "roofkyker" op die forum, maar het nou uiteindelik tot die groot stap oorgegaan om iets op te sit.
Ek het so 'n maand gelede 'n tweedehandse ESKOM ,2010 model 4.2tdi Patrol bakkie in Bloemfontein gekoop.
Foto van die ESKOM bakkie.
My vrou het 'n 2009 model bakkie wat net plaaswerk gedoen het en se agtervere gaan lê het. Die ESKOM bakkie het agter vere wat hom hoër lig.
Kyk die verskil op die foto.

Ek het ESKOM bakkie se bak dubbelwand ingesit en spaarwiel terug op bak geskuif.
Ek het 2de handse "rock sliders" op olx vanaf Kathu laat kom en dit aangesit. Nadat ek met Tinus gereël het, het ek gister vir hom en Michael die bakkie gevat om hulle ding te doen.

Ek het egter amper nie gegaan nie.
Eergister het die bakkie ewe skielik begin moeilikheid gee.
Wat my benoud maak, is dat my vrou se bakkie met tye presies dieselfde probleem het.
Die "glow plugs", "rev counter" en "air con" sal ewe skielik gelyktydig nie werk nie.
As 'n mens die "ignition" 'n paar keer aan-en-af sit , dan kom dit partykeer reg.
Die plaaslike agent beweer dit is die "computer box" , ek moet die battery vir 10 minute ontkoppel - dit help niks.
Die ESKOM bakkie se probleem het so vererger, dat ek hom moes "hot wire" om tot in Pretoria te kom.
Is daar groot asseblief iemand wat al 'n soortgelyke probleem gehad het en 'n oplossing het???