Jaap Steenkamp hier - ook bekend as "Ds J" op Gunsite en Vuurwapen; ek is geregistreer by Jaracal.
Ek sal hier by julle n roofkyker bly want wat ek van voertuie weet en verstaan is hoogstens gevaarlik

Hier is enkele Afrikaanse gesprekslyne op die forum; spring maar op my kop as ek slegs die rooitaal mag nuttig.
My rede vir aansluiting: ons trek Kalahari toe (Vryburg, Stella, Piet Plessis) en ek soek n voertuig waarmee my goeie vrou oor of deur enige probleem kan ry. n Patrol is eintlik die antwoord maar ek het enkele bekommernisse voordat ek daardie sprong waag. Meer daaroor in my volgende gespreklyn.
Tot later, en by voorbaat dank vir julle geduld!
Jaap