
Vertrek Frydag 05 Augustus. Konvooi vertrek 10h00 van N1 Petroport net buite Pretoria
Frydag aand kamp ons in die Klein Letaba naby Giyani.
Saterdag oggend van 07h30 begin ons in die rivier op ry.
Gewoonlik so teen 15h00 kyk die voorste voertuig vir 'n lekker staanplek vir die nag.
Sondag en Maandag verloop basies dieselfde.
Dinsdag (vakansie dag) oggend rustig oppak, klim uit die rivier en vat die pad huis toe.
Roete
Krugersdorp tot by ingang van Klein Letaba (Giyani) 496km (teerpad al die pad)
Petroport op N1 tot by ingang van Klein Letaba (Giyani) 428km (teerpad al die pad)
Shell Ultra City Polokwane tot by Ingang van Klein Letaba 175km
Klein Letaba so 50km dik sand
Klein Letaba tot by Molototsi 35km
Molototsi so 88km dik sand
Roete is basies die N1 tot by Polokwane, Stop by Shell vir iets te ete (opsioneel) en maak voertuie vol, en dan die R81 tot in Giyani waar ons weer optop (hoe verder van Polokwane hoe duurder die brandstof so darom is dit beter en maak vol op Polokwane en top net op in Giyani).
Volg die Klein Letaba dan vir ongeveer 50km (Die Klein Letaba kan in 1 dag gery word afhangende van die GROOT KLIP "obstacle" en hoeveel voertuie daar wil deur ry, anders so 1.5 dae).
Indien ons die Klein Letaba in 1 dag deur ry sal ons die Saterdag aand op die Eiland slaap (6km verder af in rivier van brug) - groot oopkol in rivier, reg teen die grens van die Kruger Wildtuin, anders kry ons slaapplek soos wat ons vorder.
Ons klim weer uit die Klein Letaba by die brug, so 30km se teerpad en draai dan of op die grondpad na die Molototsi 5km, (moontlikheid van Brandstof by Ga-Selwane nie ge-waarborg)
Klim in die Molototsi waar hy saamvloeie met die Groot Letaba. Volg die Molotosi vir 88km. (Brandstof beskikbaar by Dzumeri so halfpad op in die rivier)
Brandstofverbruik teerpad soos wat jy natuurlik jou voertuig ken

Verblyf: Slaap in die rivierbedding en jy moet 100% selfversorgend wees, geen koste vir verbyf. dus ook GEEN GERIEWE.
Innerlike Jy moet alle kos, water en "bruin Fanta" saam ry, hoe hongerder en dorser jy is, hoe meer is jou koste

Jy het minstens so 6-8 ure nodig om daar en dan weer terug te kom, dus ook die rede waarom daar twee dae uitgesit word net om heen en weer te ry. (ry sonder kuier en stop is 5/6 ure)
Vir sekere mense is dit nie moontlik om die Frydag verlof te kry nie en ry hulle eers die Saterdag oggend 02h00 weg by die huis en kry ons hulle by die ingang van die rivier (Klein Letaba). Ek gaan self die jaar die opsie volg...
Kostes
Brandstof = 1000km teerpad en 130km dik sand as ons beide riviere ry.
Tolgeld vir die N1
Kos vir die 5 dae
Drinkgoed - so dors as wat jy kan raak moet jy maar inpak....
Beplanning is vir so 30 voertuie maar as daar meer is dan werk ons daar om.
Basiese verloop van die dag
Aangesien dit nog winter is kom die sonnetjie nog nie so vroeg op nie en kan dit redelik koel wees in die oggend....
Daar kom gewoonlik so om en by 6uur lewe in die "kamp"
Die ketels word aangesit vir 'n koffietjie
Kampgoed en slaapplekke word opgeslaan en afgebreek
Eet 'n beskuitjie saam met 2de koppie koffie
07h00-07h30 begin die voertuie vertrek vir die dag se ry (NIKS later as 09h00 vir laaste voertuig)
Volg die rivier en geniet die speel...........
Hier om en by 10h00/11h00 stop jy waar ookal jy is en word daar brunch gemaak, aangesien ons so groot groep is stop die voertuie in die geval in kleiner groepe en doen elkeen sy ding.
Volg die rivier en geniet die speel..............
Hier rondom 15h00 begin die voorste voertuig soek na geskikte staanplek vir die aand (kamp word gemaak niks later as 16h00 - onthou agterste voertuig is maklik uur of meer agter voorste voertuig)
Toegang tot "kamp" is hout van elke voertuig - daar is gewoonlik genoeg hout in die rivier en elke voertuig sleep maar so halwe boom na die kampplek. Kan ons die jaar vra dat elke voertuig 1 sak hout per nag saambring- weens gewildheid van die roete is die hout besig om skaars te raak in die rivier self. +- 30 sakkies hout per nag behoort darem 'n klein vuurtjie aan die gang te kry...
Hier by 17h30 steek ons die vuur aan en begin die groot kuier - elkeen braai maar sy vleisie op sy tyd en dan kuier ons tot..... wel
