Page 1 of 3
Wat staan my te doen??
Posted: 16 Jul 2015 11:37
by Moeggesukkel
Ek wil graag weet wat die oorsaak is van my proebleem.. Ek ry n safari met n L28 in, no wat gebeur is dat my lifters of altans een gedurig af klim van die rocker af.Nou wil ek weet wat staan ek te doen? Dink jul ek moet die lifters vervang of die rockers of albei? Ek het dit ook oorweeg om die LD28 motor in te sit met n turbo op omdat hul bq ani lui kant is. Ek wil my ou trok nog vir baie jare ry en geniet. Ek was lank opsoek na so iets en wil nie nou tou opgooi oor iets kleins nie.Wat is jul mening rondom die die LD28 met n turbo of dink jul dat n fuel injection head beter gan werk? want ek nie n "carb fan" nie. Enige raad en hulp sal baie waardeer word. Want ek is moeg om op 5 silinders te ry..

Re: Wat staan my te doen??
Posted: 16 Jul 2015 12:07
by Herrie
Welkom Johan!!
Ek het die Safari Service Manual ook op my Patrol Manual CD as jy dit nodig het.
Ek het ook die inligting daar van die WEBER 38 Carbutator - dit is 'n baie goeie verandering op die enjin.
Kan jy vir ons fotos opsit dat ek kan sien wat jou lifter probleem is.
Om die hele engin oor te doen kos glad nie baie nie en dan gaan die engin nog baie jare hou.
Hier is my Safari.
Re: Wat staan my te doen??
Posted: 16 Jul 2015 13:04
by Tinus lotz
Of koop een by dawid daar is baie ....lol daai 2.8 petrol engines
Re: Wat staan my te doen??
Posted: 16 Jul 2015 13:27
by bogeyman
Die L28 is een van Nissan se legendariese enjins en is vir hulle betroubaarheid bekend.
Ek het drie wat in daaglikse gebruik is oor lang afstande en het geen probleme nie.
Het sopas een laat opknap met nuwe suiers en kleppe vir R15000. Dit was na 400 000km.
Ek stel voor dat jy die "cam followers" en die "valve end caps" met nuwes vervang en sommer die nokas n bietjie warmer laat sny.
Dan moet die "valve clearance" baie akkuraat gestel word. dit sal beslis die probleem oplos.
Daai enjins hou van warm maak met nokas verbetering , Weber 38 en n branch. Elektroniese vonkverdeler help ook. Nog iets wat n verbetering veroorsaak is twee 50mm uitlaatpype van die branch tot agter. Kyk maar na die ou Mercedes 280 en Bmw 2800. Altwee bonokas 2.8 ses silinder petrol met dubbel uitlate.
Groete.
Re: Wat staan my te doen??
Posted: 16 Jul 2015 13:28
by Moeggesukkel
Ek is nie seker watse carb hy tans op het nie. Ek praat onder koreksie as ek se dis n 38. En ek het nog nie self die enjin oop gemaak nie, het dit maar laat doen. Ek is seker dat dit nie moeilik sal wees as ek dit self doen nie.( Sal graag wil) Ek sal baie bly wees as ek my hande op n maneul kan kry. Die inligting wat ek al op gelees het se hul dat die L28 n baie goeie enjin is. Ek het n lexus oorweeg maar daarteen besluit. En nog n vraag, weet jul watse powersteering pomp ens sal werk op my trok, en hoe laai ek fotos hier op die site? Sal graag een van my trok wil oplaai.
Re: Wat staan my te doen??
Posted: 16 Jul 2015 13:32
by Moeggesukkel
Bogeyman.. Kan jy my dalk se wat die hoeveel valve clearance gestel moet wees?
Re: Wat staan my te doen??
Posted: 16 Jul 2015 13:50
by bogeyman
Ek sal in my Nissan bybel gaan kyk en jou lat weet.
Ek stel altyd die toleransies effens kleiner es die spec op warm nokaste.
Groete
Re: Wat staan my te doen??
Posted: 16 Jul 2015 14:20
by Herrie
Het jy hierdie nodig?
Re: Wat staan my te doen??
Posted: 16 Jul 2015 16:59
by Peter Connan
My persoonlikke opinie is dat die probleem heel waarskynlik by die nokas le.
Re: Wat staan my te doen??
Posted: 16 Jul 2015 17:25
by Moeggesukkel
Wat laat jou so dink Peter? Ek het n stuk gelees waar hul se dat as jy jou lifters of so vervang moet dit als met nuwe parte wees. Blykbaar omdat hul op hul eie glewe werk of so iets. Want an die begin wat dit nr 2 wat moeilikheid gemaak het en no is dit nommer 6. So dink jul ek moet als oor doen?