Page 1 of 2

Turbo 4.8

Posted: 06 Jul 2015 18:31
by brosdoring
Hi julle....
Ek oorweeg dit baie sterk om die patrol te turbo....
Garrett GT35 en so 0.4bar boost.... Lae druk aplikasie, soek net so 200kw op die wiele... Huidiglik staan ek op 132kw..
So ek wil hoor is daar iemand wat my met n 4.8 se manifold kan help? 1 om te leen? Dalk het iemand branches gefit of selfs n geraakte manifold vervang? Ek sal dit baie waardeer, sal ook die manifold aan jou terug courier.... Ek wil n flange laat laser cut so daarom soek ek die pattern.... Nissan verkoop die exhaust manifold gasket as 6 gaskets, so dit help niks.... weet ni is daar n pirate 1 piece nie.... Ek beplan om die manifold self te bou, dit wat beskikbaar is, is baie duur en die turbo sit te hoog....
Baie dankie!

Re: Turbo 4.8

Posted: 06 Jul 2015 20:16
by Chris Skinner
This sounds interesting... I might be interested in doing my 4.8 as well.
Any ideas what it will cost. And will it be possible to de-mod the system if neccessary one day.

Re: Turbo 4.8

Posted: 06 Jul 2015 21:06
by hugejp
Ok, nou praat jy!

Ek kry gou my popcorn...

:bravo:

Re: Turbo 4.8

Posted: 06 Jul 2015 22:02
by Alex Roux
Alles in hierdie besigheid is 'n kompromie van dinge.
Ek neem aan jy het jou opsies oorweeg van turbo vs supercharger?
Ek weet SC is swaarder op brandstof, maar dit kan 'n meer betroubare set-up wees, afhangende van die set-up. Dit is ook net swaarder op brandstof as jy die dag belsuit jy wil die GTi jaag.
132 kw op die wiele klink bietjie min vir die 4.8. Jy kan dalk beter doen deur net die masjien op die dyno te gan sit.

Re: Turbo 4.8

Posted: 07 Jul 2015 06:28
by Tinus lotz
Jaco bez het n manifold ek is seker hy sal hom vir jou leen ek sal hom bel en jou laat weet ....132 klink nie te sleg as dit regte krag op wiele is nie .....mens verloor baie op torge converter box ect

Re: Turbo 4.8

Posted: 07 Jul 2015 10:50
by brosdoring
132kw op die wiele is heel in lyn as jy dit terugwerk na die engine toe... Ons was 2 patrols op dieselfde dag op die dyno, myne was 10kw sterker as die ander 1.
Ons kan heeldag argumenteer oor wat die mees betroubare setup sal wees... Ek het reeds al 2 van my eie voertuie gesupercharge en besit steeds 1. Al rede vir turbo is dis baie goedkoper en baie maklik op die 4.8, omdat hy straight 6 is.
Turbo sal nie noodwendig swaarder wees as supercharger nie. Jy kry sentrifigale chargers wat nes n turbo is en jy kry roots chargers wat positive placement is... Die roots chargers is by verre die mees gepaste setup vir n 4x4, want jy het torque van idle af, nie so met centrifugal chargers wat n turbo tiepe karakter het...

Re: Turbo 4.8

Posted: 07 Jul 2015 10:50
by brosdoring
Tinus lotz wrote:Jaco bez het n manifold ek is seker hy sal hom vir jou leen ek sal hom bel en jou laat weet ....132 klink nie te sleg as dit regte krag op wiele is nie .....mens verloor baie op torge converter box ect
Baie dankie waardeer dit... hou my asb op hoogte...

Re: Turbo 4.8

Posted: 07 Jul 2015 11:08
by brosdoring
Hi Chris, dis heeltemal reversable. Ek sal nooit n ombouing doen vir myself as dit nie reversable is nie... Alles op die voertuig bly nes dit daar is. Die compression ratio is laag genoeg vir lae boost. Die voertuig funsioneer soos n standard patrol, behalwe as hy begin boost... Die management en alles los ek net so, ek piggyback hom en installeer n MAP sensor, betroubare AEM stainless sensor, sodra hy boost optel "werk dinge anders". Dis baie eenvoudig gestel. Mense wil turbo en supercharger setups oor kompliseer... Indien dit n drag voertuig was soos wat die arabiere bou, is dit n HEEL ander saak... Ek wil nie n drag voertuig bou nie... ek soek net bietjie meer krag. Die autobox kanie soveel krag hanteer soos die manual boxe nie, ek het reeds my huiswerk gedoen en mails rond gestuur om uit te vind waarvoor torque die box ontwerp was... Die box kan bietjie gemodify word, ek beplan dit nie vir 0.4 bar nie, maar die groot probleem van die auto is dat hy sy clutch pack seer maak... so as ek so ver wil gaan sal ek die druk in die box verhoog om meer druk op die clutch packs te sit... ek beplan net n groter oil cooler en om die gedeelte wat deur die radiator hardloop te ontkoppel.

Re: Turbo 4.8

Posted: 07 Jul 2015 11:23
by Tinus lotz
Het n manifold en branch bel my :salute:

Re: Turbo 4.8

Posted: 07 Jul 2015 13:07
by Bruin Beer
Brosdoring,
Wys ons bietjie 'n foto van daai "Custom Supercharged Monster".
Dit klink interesant.
Riaan