Page 1 of 3

Geen olie druk

Posted: 04 Dec 2014 21:57
by Pieter B
Is dit moontlik dat 'n nuwe olie filter veroorsaak dat jy geen oliedruk het nie? Ek het 'n nuwe turbo opgesit en die olie geruil soos die instruksies se'. Nou, 'n week later probeer ek hom aan die gang kry en daar is geen olie druk nie.

Re: Geen olie druk

Posted: 05 Dec 2014 08:25
by AndriesS
Ek twyfel dat n olie filter die probleem kan gee, as die filter n lekasie tussen die ingang en uitgang kant te he sal alles nog werk, as hy n blokkasie beteken dit daar sal te veel druk wees en dan is daar in die meeste engines a bypass valve wat dan olie nie deur die filter sal laat gaan nie maar nogsteeds deur die blok sal laat gaan

Re: Geen olie druk

Posted: 05 Dec 2014 10:12
by firessafari
[quote="Pieter B. Nou, 'n week later probeer ek hom aan die gang kry en daar is geen olie druk nie.[/quote]
Is ek reg. die enjin het nog nie geloop nie , jy het hom nog net met die aansitter gedraai?
Dan is daar nog nie olie in die oliefiler nie. Start hom en as daar nog nie oliedruk na so 10 tot 15 sekondes is nie sit dadelik af,dan is daar ander problem
Johan

Re: Geen olie druk

Posted: 05 Dec 2014 10:13
by Kagiso II
Jou exhaust manifold en uitlaat silencer boxxe is verbrokkel ..

Re: Geen olie druk

Posted: 05 Dec 2014 11:34
by ricster
Nee Oom..... alles hardloop maar daar is nie oilie druk nie

Re: Geen olie druk

Posted: 05 Dec 2014 12:36
by AndriesS
Hoe weet jy of daar oliedruk is of nie, het jy n gauge of net die liggie. Is gauge elektries of meganies

Re: Geen olie druk

Posted: 05 Dec 2014 12:44
by ricster
hy het gese dat die Madman en die dash gauge se daar in nie druk nie

Re: Geen olie druk

Posted: 05 Dec 2014 13:14
by AndriesS
ok, werk hulle van dieselfde sensor af? Voordat n mens dink daar is nie druk nie net seker maak dat jou instrument reg is, om te verhoed dat jy nie die engien strip en agterkom daar is iets ander fout nie.

Kry die madman en olie druk liggie hule info van dieselfde sensor of verskillendes

Enige drade naby die turbo wat tydens die operasie afgehael of gestamp kon word.

Re: Geen olie druk

Posted: 05 Dec 2014 13:47
by bogeyman
Pieter,
Partykeer form daar n "airlock" by die oliepomp se inlaatkant. Dit behoort na ongeveer 30 sekondes weg te gaan.

Die enigste manier om regtig te weet , is om die oliedruk sensor uit die blok te skroef en dan n tydelike meganiese druk meter daar in te skroef en te meet of daar regtig niks druk is nie. Jy kry goedkoop metertjies met al die koppelstukke en pypie by meeste parte winkels.

As daar na n minuut of so teen 1500 tot 2000 toere nie druk kom nie, is daar fout met die oliepomp. Af dryfrat , af optelpyp , druk reguleerklep wat vashaak of dalk die pyp wat druk na die turbo neem op die verkeerde plek terrug gesit.

Sterkte.

Re: Geen olie druk

Posted: 05 Dec 2014 14:34
by Pieter B
Dankie vir al die raad. Ek neem aan my olie sensor (VDO en hy is 2 maande oud) is reg. My olie toevoer pyp na die turbo is nie gekoppel nie want ek wag om te sien of ek olie voer uit hom kry. Geen olie kom daar uit nie. So ek het op die oomblik 'n visuele en elektiese manier om te sien of daar olie druk is.

As daar 'n airlock in die stelsel is,hoe lank kan ek die enjin hardloop voordat ek skade kry?