Dit is met 'n swaaaaar gemoed wat ek julle terug voer gee oor ons trip na die Richtersveld en omgewing. Ons almal wat daar was sal seker met my saamstem hulle sou nog langer wou bly.
So hier begin die trip met almal wat dan op Upington (Oranje Rus Oord) bymekaar kom.
Hier het ons behoorlik koud gekry.
Van hier is ons na Springbok waar ons dan ook vir Carl en sy familie kry wat dan ook as "local" ons gids op die roete sal wees. Hier lei hy ons dan ook na ons eerste oornag punt net buite Springbok tussen die duine.
Met so 'n sons ondergang weet ons die gaan 'n tyd wees om te ontou.
Wie kan nou vir 'n beter kampterein vra as dit is hoe dit lyk waar jy na 'n dag se reis kan terug sit met iets kouds in die hand en heerlike geselskap.
Na 'n heerlike ontbyt in die natuur op sy beste. Pak ons op, los die sleepwaens en gaan durf die duie aan.
Dit darem in een stuk gemaak tot onder.
Hierdie duin was nie 'n maklike outjie gewees nie dit het so 'n paar probeerslae gevat voor on hom kon tem en baaaaie lae band druk(so .6 bar)
Nou ry ons van die duine na die noorde kant van die kamp in die berge so 'n 4 ure "detour" op pad na Kleinzee waar ons dan ook die volgende 2 nagte sal oorbly. Hier in die berge begin die blomme so een een al blom wat 'n voorspelling is van wat die omgewing gaan tref oor 'n paar weke.
Die stuk van die berg wat nog voorle.
Terug op die hoof roete na Kleinzee het ons so 'n ligte openhoud( Gelukkig die enigste op die tyd)
Nadat ons kamp opgeslaan het by Kleinzee se kamp terein.
Sons ondergang by Kleinzee
Na ontbyt Kry ons die gids wat ons sal begelei op die "Shipwreck " roete. Die roete was nogal baie leersaam daar is aan ons verduidelik oor van die plante groei tot die rehabelitasie van gemynde duine. "N paar van die Skeeps wrakke.
Die gesiedeinis oor die Kliphuis is ook aan ons vertel en wat moontlik met die vorige eienaar gebeur het.
'n Besoek aan Nous.
Nou het die lang tog oor Port Noloth en Alexanderbaai na die Richtersveld Park begin waar ons bespreek het vir 2 nagte se verblyf, Hier het die jong klomp die revier behoorlik geniet.
Met die uit tog is ons oor die Akkedis pas en toe ook deur die Helsklof uit .
Dit het ons aansienlik langer geneem as beplan om die 2 gedeeltes ook te doen op ons pad uit dat dit te laat geraak het om ons volgend beplande staan plek te bereik , is toe sommer in een van die vele revier beddings op so km gery en kamp opgeslaan.
Van hier af is ons Vioolsdrif toe vir 2 Nagte en van daar na Kamgab.
Kamp van uit Namibie.
Nou is die laaste tog aangepak Riemvasmaak toe.
Nou die SLEGTE deel ons moes terug na Sodom en G.....
Daar word alreeds weer beplan aan die volgende roete vir 2010
Hoop julle kon mee gedoen het die paar foto's kan nie als beskruif wat gedeel en ervaar was nie, wat 'n eerste "overland trip".
Groete