Ek het reeds 'n enkel-kop kompressor onder die bonnet. Hy sit aan die bestuurder se kant, net langs die brake booster & clutch se master cylinder, styf ingedruk teen die kant van die engine bay.
Die ander kompressor wat agter moet inkom is 'n dubbel-kop een, en ek beplan om hom agter in, bo-op die wheel arch se boggel te monteer. Ek gaan sommer die 3de ry sitplekke se ongebruikte skroef-plek steel & 'n bracket daarop vassit. Dan moet sy reservoir tenk onder die kar woon (hy's net te groot na my sin om ook nog binne te maak pas), met natuurlik 'n klomp pype, fittings, non-return valves, gauges, pressure regulators, ens. om alles mooi te maak werk! Die plan is om die quick-connect fitting dan teen die kant by die klein agterdeur teen die vloer te monteer, omtrent daar waar jou kompressor nou woon. Alles is reeds gekoop, die ontwerp is op papier gedoen, maar die tyd is bietjie skraps om brackets te bou vir die reservoir en kompressor. Maar sodra alles in is sal ek kiekies pos van die installasie...
PS: Ons 4.2 diesels het mos non-existant electrics, water pla nie juis nie (tensy die motor dit insluk, natuurlik!). Daar's geen ECU, MAF of enige sulke fancy goed nie! Lekker ou-skool
