Page 1 of 3
4.5 Dyno & chip result.
Posted: 20 Jun 2012 19:32
by Aleric Meyer
Ek het vandag my 4.5 laat "Chip". Hiers die Dyno uitslae. Hou duim vas vir 10 Km/l ouens!

Re: 4.5 Dyno & chip result.
Posted: 20 Jun 2012 20:37
by Tinus lotz
Mooi man !!!pasop vir daai lood voet wat die extra krag wil gebruik!!!!

Re: 4.5 Dyno & chip result.
Posted: 20 Jun 2012 21:45
by Jorrie
Aleric
Hou ons op hoogte asb.
Ons het in Pretoria met die 4.5s gesukkel om by 100 kW uit te kom (die hoogte bo see-spieel in ag geneem).
As die chip so 'n groot verskil maak stel ek beslis belang, en veral in die brandstofverbruik, maar 10km/lt is miskien 'n bietjie ambisieus.
Die wringkragkurwe lyk ook goed. My 4.5 het 'n dip gemaak by 2500rpm, maar die probleem het verdwyn nadat ek my altenator vervang het (weet nogsteeds nie hoekom).
Groete

Re: 4.5 Dyno & chip result.
Posted: 26 Jun 2012 21:40
by Grootseun
Jorrie die probleem was waarskynlik brushfloat op jou alternator wat gemaak he dat hy in daai revs minder laai - overall voltage oor sisteem is laer wat beteken overall output van coil etc is laer - baie manne gaan stry maar het dit al op n dyno bewys
Manne soos Johan Minaar sal bv weier om n resieskar te dyno as die battery nie 100% vol is en altenator reg is nie
Re: 4.5 Dyno & chip result.
Posted: 26 Jun 2012 22:01
by Jorrie
Dankie Driko
Ek het nogsteeds die ou altenator en wil dit laat herstel, maar tot dusver word ek vertel daar is nie spaar onderdele vir die altenator nie.
Groete
Re: 4.5 Dyno & chip result.
Posted: 26 Jun 2012 22:02
by Grootseun
Kom gooi hom hier by my af ek het nog baie kontakte in die industrie en kan dalk onderdele kry
Re: 4.5 Dyno & chip result.
Posted: 27 Jun 2012 06:28
by Jorrie
Dankie Driko
PM of E-pos vir my jou adres en telefoon nommer asb.
Re: 4.5 Dyno & chip result.
Posted: 27 Jun 2012 06:29
by Jorrie
Dankie Driko
PM of E-pos vir my jou adres en telefoon nommer asb.
Re: 4.5 Dyno & chip result.
Posted: 27 Jun 2012 06:36
by Reinier Claasen
Jorrie wrote:Aleric
Hou ons op hoogte asb.
Ons het in Pretoria met die 4.5s gesukkel om by 100 kW uit te kom (die hoogte bo see-spieel in ag geneem).
As die chip so 'n groot verskil maak stel ek beslis belang, en veral in die brandstofverbruik, maar 10km/lt is miskien 'n bietjie ambisieus.
Die wringkragkurwe lyk ook goed. My 4.5 het 'n dip gemaak by 2500rpm, maar die probleem het verdwyn nadat ek my altenator vervang het (weet nogsteeds nie hoekom).
Groete

Ek het ook 'n chip in en die beste wat ek nog op die lang pad gekry het is net kort van 6km/l
Moet ook bieg, die map wat op die chip is, kom van 'n ander 4.5 patrol af so dit kan seker beter wees as ek hom laat remap op die dyno
Re: 4.5 Dyno & chip result.
Posted: 18 Oct 2012 17:37
by Aleric Meyer
Ok. Na so drie maande se toets nadat ek die chip laat opsit het, kan ek sĂȘ dit het boggerol verskil aan die brandstof verbruik gemaak nie. Dit voel wel asof hy beter ry.