Page 2 of 3

Re: Geen olie druk

Posted: 05 Dec 2014 15:41
by AndriesS
Gooed, ons weet darem dat daar nie fout is op ons meetings nie. Ek sal nie n engine te lank laat loop sonder druk nie. het jy dalk al probeer om olie deur die pyp in te pomp om n moontlikke airlock te stop.

Ek ken glad nie daai engine nie, van waar word die oliepomp gedryf?

Re: Geen olie druk

Posted: 05 Dec 2014 18:20
by Peter Connan
Het jy net die turbo geruil en toe die olie getat en vervang, of was die enjin uitmekaar, en hoe lank staan hy al?

Re: Geen olie druk

Posted: 05 Dec 2014 19:30
by andredurand
Koop in Gud oil filter :oldtimer: :oldtimer:

Re: Geen olie druk

Posted: 05 Dec 2014 19:50
by Bruin Beer
Ek weet die Landrovers het ook so 'n nuk dat as die olie te lank leeg was dan loop die olie pomp leeg en veral as die pomp al paar kilo's op het dan kan hulle nie die olie uit die sump gesuig kry nie.
My pa gese dat hulle vroeer dan die pomp af gehaal het en vasileen gepak het dan kan die pomp weer die olie suig.
As die sisteem eers weer aan die gang is dan is alles OK.
Ek sou ook voor stel om olie deur die oil sender terug in die enjin in stoot om die pomp te "prime".
My paar sent vir wat dit werd is.
Riaan

Re: Geen olie druk

Posted: 06 Dec 2014 05:32
by Alex Roux
Wat van as mens net eenvoudig die olie laat uittap en weer bo in gooi?
Start hom dan net daarna.

Re: Geen olie druk

Posted: 06 Dec 2014 05:42
by Peter Connan
Alex, dis effektief wat hy nou gedoen het, en dit kan nie werk nie omdat die olie net onder in die sump gaan le. As daar nie olie in die pomp is nie, kan hy nie olie gesuig kry nie.

Ek weet net nie hoe maklik/moeilik dit is om by die oliepomp uit te kom nie, maar die beste is om hom uit te haal en vol ghries te pak.

Maar miskien kan mens die sump afhaal, die oil pickup verwyder en olie daar inpomp?

Re: Geen olie druk

Posted: 07 Dec 2014 06:55
by Pieter B
Dankie vir al die raad. Ek het die olie alreeds Maandag afgetap en het toe gewag vir die turbo wat ek eers Donderdag gekry het.Cedric het my Vrydag kom help met raad wat Frans hom gegee het. Hy het vantevore 'n soortgelyke probleem gehad. Ons het die "oil pressure relief valve" uitgehaal en olie daarin gepomp met 'n oliekannetjie. Die idee is dat die oile terugloop na die olie pomp toe om weer olie op die ratte te kry. Daarna het ons die enjin gedraai. Dit het seker so amper 10 sekondes gevat en toe kom die oliedruk op. Man, dit was 'n lang 10 sekondes!! Christo, ek dink jy was reg. Dit was 'n airlock.Cedric se die 2.7 en die 4.2 diesels is in dieselfde familie. Die pistons is blykbaar dieselfde grootte en kan op mekaar gebruik word. Die 4.2 is net 'n grootter weergawe van die 2.7.

Re: Geen olie druk

Posted: 07 Dec 2014 08:02
by Tinus lotz
Bly julle het reg gekom

Re: Geen olie druk

Posted: 07 Dec 2014 10:09
by Clem
A bit late but on some engines it is a good idea to fill the oil filter with fresh oil before fitting it into the engine block.

Re: Geen olie druk

Posted: 07 Dec 2014 13:56
by Kagiso II
Pieter -- is dit jou blou bakkie wat gister by die jaareind funksie was ??
Wie s'n ookal -- dis n BAIE MOOI bakkie daai
Vertel bikki meer van die 'scoop' daar op die bonnet ????