Page 2 of 3

Re: Herrie the Safari's Canopy

Posted: 28 Jul 2012 18:29
by Herrie
Ek het nou die bed klaar gemaak - hy skuif in tot so 50cm en as ek hom gaan gebruik dan skuif ek hom uit tot so 70cm.

Ek is ook nou besig om die canvas op te sit.

Re: Herrie the Safari's Canopy

Posted: 28 Jul 2012 19:35
by Aries66
Kobus bly om te sien jy sorg eers vir die belangrikste, die slaap plek :rolling: :rolling:
Jou projek lyk my vorder mooi! Gaan die seil permanent vas wees of gaan dit elke keer moet
Vas sit? Laat my aan die outydse opvou karavaantjies dink.

Hou die vordering dop en sterkte.

Re: Herrie the Safari's Canopy

Posted: 28 Jul 2012 19:58
by Tinus lotz
Jy bou n baie nice camper!!!!gaan mooi werk !!!
Wat van beligting ???gaan jy led gebruik???

Re: Herrie the Safari's Canopy

Posted: 28 Jul 2012 22:33
by Kagiso II
maar my maskas Jakoowus -- 't Ma-goed nie vir jou geleer om NIE m't jou geloopt sendils inni kooi te loop stane klim nie??

[smaar maar vet -- Ma gan jou lekker uitvreet :lol: ]

Sal hy reg wees vir Desember ?? 800 Bybels Botswana toe vat vir 'Kersfees" -- EN Film uitreik doen ???
[bring vir Jaakie saam ?

Re: Herrie the Safari's Canopy

Posted: 29 Jul 2012 18:20
by Herrie
Ek moet nog net die seil aan die onderkant vasmaak en dan moet die seil tussen die twee zips by die deur gestik word - dan is die dak klaar!

Ek gaan led ligte gebruik en dit gaan werk wat gekoppel sal wees aan die tweede battery wat agter in die bak gaan wees - ek moet net die raam van die battery en vrieskas verander.

Al wat ek dan nog later moet doen is die bou van die kombuisie agter in die kappie - een agterste kant vensters uithaal sodat ek die kombuisie binne en buite kan gebruik.

Ons land Vrydag die 31ste Augustus terug van Europa en die Saterdag gaan ek in Borakalalo werk en die aand oorslaap om die kamp storie te toets. :blonde:

Re: Herrie the Safari's Canopy

Posted: 04 Aug 2012 19:02
by Herrie
Ek is nou omtrent klaar!!!!!!!

Re: Herrie the Safari's Canopy

Posted: 09 Aug 2012 18:07
by Herrie
Ek het nou die kombuis gedeelte ook gedoen - moet nog net besluit watter stofie om te gebruik.

Heel moontlik die gel stoof.

Re: Herrie the Safari's Canopy

Posted: 12 Aug 2012 11:19
by Herrie
Die canopy is nou klaar!!!!!!! :blonde:

Alles is nou gedoen en nou moet ek gaan kamp om alles te toets.

Re: Herrie the Safari's Canopy

Posted: 12 Aug 2012 11:43
by Tinus lotz
Lyk regtig goed ek dink dis n great plan ........laat weet hoe dit werk!!!! :thumbup:

Re: Herrie the Safari's Canopy

Posted: 11 Sep 2012 12:34
by Herrie
Ek het toe die 1ste September by Borakalalo gaan kamp met die Safari en alles het goed gewerk. :blonde: