Page 2 of 3

Re: bridgestone deulers A/T

Posted: 29 May 2009 10:37
by KOOS BEST
Hi Stefan, ek verstaan jou argument, mens ry 90% van die tyd op goeie teerpaaie , die band lyk ook mooi en het goeie padhou vermoe, MAAR o wee elke keer as ek met die A/T op n lelike pad is , het ek probleme gehad, onthou dit is wat slegs met my gebeur het, iemand anders sal miskien beter vermoe van die bande gekry het .Stefan, ek ry Kaap toe van hieraf , dan soek ek net grondpaaie ens, en daar is !!!!My laaste trip Kaap toe was 4 800km en het 70% grondpad gery.Dit is mos vakansie!!

Abri, geniet Kaokoland , neem baie fotos en stuur aan .Mag jou reis geen pap wiele he nie.my broer is daar deur in n Defender met ou General SAG met geen probleme nie. Ander voertuie het papwiele gekry. O ja Abri, jou Trol lyk spiekeries, die GQ is maar mooier as die GU vir so iets. Net n tip , daar op jou agter deur kort jy nog een bottel, vat n energade bottel vul met water en gooi so n halwe teelepel sunlight liquid in. Dit gebruik jy om jou hande te was,voor en na kosmaak en wanneer jy klaar gelaai het om al die stof af te kry en sommer alles . Dit werk uitstekend, onthou nie te veel seep nie want dit moet jou hande ook af was.
Koos

Re: bridgestone deulers A/T

Posted: 29 May 2009 10:45
by Abri Hoffman
Vaatjie, soos ek se het ek geen persoonlike ondervinding met Bridgestone A/T nie, die H/T waarmee die Harbody destyds uitgekom het was crap.
As ek mag vra, hoekom hou jy nie van 'n MT nie, Ek het BFG AT op die Patrol gehad voor ek die MT's gekoop het. Ek kan baie min verskil agtekom in geraas, padhouvermoe self nat weer (en ek ry baie deur Mitchells Pas en Nuwekloof pas tussen Ceres, Tulbagh en Gouda.
Ek sal nooit weet 'n AT opsit nie aangesien die MT vir my net soveel meer bied, hetsy dit sand, klippe of modder is.
Ek het 'n goeie vriend ook aanbeveel om BFG MT's op sy 2008 Patrol GRX te sit. Hy het so gemaak en is baie gelukkig daarmee. Indien jy sy indrukke van die bande wil kry kontak hom op
Nul Agt Twee 214 Twee Vyf Twee Nul - Bredell en se ek het sy nommer vir jou gegee.
Hy het 285/70/17's op wat die ekwivalent van 285/75/16 is.

Ek weet ook van mense wat baie gelukkig met die Bridgestone's is. Jammer vir die baie inligting maar bande is duur en dis beter om seker te wees voor jy koop.

Re: bridgestone deulers A/T

Posted: 29 May 2009 10:47
by Abri Hoffman
KOOS BEST wrote:O ja Abri, jou Trol lyk spiekeries, die GQ is maar mooier as die GU vir so iets. Net n tip , daar op jou agter deur kort jy nog een bottel, vat n energade bottel vul met water en gooi so n halwe teelepel sunlight liquid in. Dit gebruik jy om jou hande te was,voor en na kosmaak en wanneer jy klaar gelaai het om al die stof af te kry en sommer alles . Dit werk uitstekend, onthou nie te veel seep nie want dit moet jou hande ook af was.
Koos
Koos dis nou 'n blink plan sal 'n spesiale plekkie daarvoor soek.

Re: bridgestone deulers A/T

Posted: 29 May 2009 11:53
by Stefan
Ek hoor wat jy sĂȘ Koos. My volgende bande sal of Pirelli Scorpions of Maxxis Bighorns wees.

Die Pirelli's het bo uitgekom op die 'AT tyre test' en die Maxxis het 'n uitstekende reputasie op die 4x4commuity forum.

Re: bridgestone deulers A/T

Posted: 29 May 2009 15:41
by Gerrit Loubser
Vaatjie wrote:My bande is tans standaard grote.
If I am not mistaken, the standard tyre size on your 2006 4.8 GL is 275/70R16. This would translate to a nominal outside diameter of just more than 31". If you were to fit 285/75R16 tyres, your Troll would be running on 32.8" tyres, so the gearing would be a just over 5% taller, or to put it differently, you would be running at about 2850 rpm where you would have been at 3000 rpm at the same true vehicle speed. Bear in mind, though, that your speedometer reading is obtained from the transmission, so you will still see the same indicated speed at 3000 rpm with the bigger tyres as before. This also means that your speedometer will not overread as much with the larger tyres than before; typically the overreading percentage decreases from around 10% to around 5%.

The 32.8" tyres will provide just more than 20mm additional ground clearance. You can also see this as 20mm more sidewall height, allowing the tyre to be deflated to lower pressures for a longer footprint and better flotation in sand. The 5% higher gearing will obviously reduce your engine braking effect on hill descents slightly.

Re: bridgestone deulers A/T

Posted: 29 May 2009 17:32
by Vaatjie
Dankie manne vir al die input. Ek wil net weet by Abri hou erg die padgeraas is en of die bande wibreer op lae spoed. Ek het in 'n LC gery en op 30-50km/h voel dit of jy in 'n kruiptrekker met yster kettangs ry. Die ander probleem wat ek gevoel het was as ek 140km/h verby gaan dan kan ek die kar nie in die pad hou nie. Kan die bande afgeblaas raak na .7bar toe of klim hy ook af soos die BFG A/T.

Re: bridgestone deulers A/T

Posted: 29 May 2009 17:54
by tour de frans
Koos ,ek het met duelers ATs op my 4L ranger gery tot hulle glad was en nooit pap wiele gehad.Die meeste myle was op teer.Ek het ook nie die Ford baie laat rus nie ek het hom hard gery,swaar gelaai en ver gery.(dubbelas kar trailor met resies kar op en vol gekit vir n resies naweek.Kaap-joburg gereeld gedoen in 12,5 uur.Ek het altyd laat by die werk weggekom dan moet ons laatwiel vir Joburg)Toe die bande glad is en ek baie gelukig met die diens,vervang ek hulle met dieselfde bande en toe begin my pap wiele en die loopvlak het ook kraakies gewys.Weer nuwes gekry en toe die bakkie vekoop vir my Patrol.So ek weet nie hoe die duelers nou vaar nie.Ek is self onseker wat ek volgende sal koop.Tans ry ek met Maxxis Big Horn op die Patrol en dit lyk goed sover.
Vaatjie,Maxxis kan jy kyk na vir jou kar.Hulle het een wat die Buckshot genoem word. Miskien hou jy van daai loopvlak.
Groete Frans

Re: bridgestone deulers A/T

Posted: 29 May 2009 19:03
by Abri Hoffman
Vaatjie wrote:Dankie manne vir al die input. Ek wil net weet by Abri hou erg die padgeraas is en of die bande wibreer op lae spoed. Ek het in 'n LC gery en op 30-50km/h voel dit of jy in 'n kruiptrekker met yster kettangs ry. Die ander probleem wat ek gevoel het was as ek 140km/h verby gaan dan kan ek die kar nie in die pad hou nie. Kan die bande afgeblaas raak na .7bar toe of klim hy ook af soos die BFG A/T.
Kom kuier, daar is sneeu op die berge, dan reel ek dat jy Bredell se 4.8 GRX met 285/70/17 BFG MT KM2 ry. Op hierdie manier kan jy self oordeel. Dit is moeilik om te vergelyk indien jy nie dieselfde voertuig ry nie.

Wat ek wel vir jou kan se is dat die eerste 5000km voel die bande half rusperig totdat die hoeke mooi rondgeslyp is. Daarna loop hulle lekker glad. Die padgeraas is relatief, dit pla my glad nie maar dan is my Trol 15 jaar oud en het maar baie windgeraas ook. Teen 140 is hierdie bande so stabiel as die AT's wat ek voor dit opgehad het.

Die nuwe MT's het nie 'n rimprotector soos die AT's nie en behoort dus nie so maklik van die rim te klim nie. Bredell het die Luderitz - Walvisbaai trip gedoen begin Maart en sy Patrol was die enigste voertuig wat nie vasgesit het nie en hy het geen probleme met die bande gehad nie.

Bel my gerus 0 Sewe Ses 774 3agt5agt. Ek vlieg Sondag middag Pretoria toe en kom dan eers die 12de Junie weer terug. Bredell is egter elke dag op Tulbagh (hy besit die Tulbagh Bosbou Kwekery) en sal enige tyd met jou gesels oor sy kar / bande.

Groete

Abri

Re: bridgestone deulers A/T

Posted: 30 May 2009 11:16
by Vaatjie
Dankie Abri
Is tans vrot van die griep en kannie lekker dink nie. Sal later bel en bietie chat.

Re: bridgestone deulers A/T

Posted: 30 May 2009 12:37
by Saltman
Vaatjie

Ek sal ook vrot gewees het van die griep as ek:
1) vanmiddag na die Blou Balle moet kyk
2) tussen R 12 500 en R15 000 moet uithaal vir 5 bande ... :thumbdown:

Het vanoggend nuwe bande moes opsit op ma se taxi en het toe sommer uitgevind wat gaan nuwe Patrol bande (285/75R16) kos:
Bridgestone Dueler AT 694 - R2800 per band, opgesit , gebalanseer ens
BFG A/T - R2500
BFG MT KM2 - R2500

En ek is seker daar is nog so bietjie speling op daardie pryse, bv in Vredendal kan ek BFG A/T kry vir R2350 en BFG M/T KM2 vir R2400.

Wat kos die Maxxis?