Nou ja - ons is terug van vakansie af en het heerlik uitgerus - net nie regtig nou al weer lus vir die "rat race" nie maar daar is darem nog so n paar dae oor van saligheid en vrede voor dit weer in alle erns begin.
Hier is so foto of 2 van my Patrollie langs die see - een aand wat ek en Swambo so bietjie gaan visvang het. Dit was so n lekker aand ons het tot 23h00 die aand langs die water gesit - dit was werklik fantasties!!! Die fotos is in die Walkerbay Natuur reservaat geneem - net langs Uilenkraalsmond - en jy ry letterlik tot teen die water!!! Man dis darem lekker om sommer so uit jou Patrol uit te kan sit en visvang!! Hierdie fotos is sommer met my selfoon kamera geneem - ek was bitterlik de duiwel in vir my self want ek het my ordentlike kamera by die kamp vergeet en eers agtergekom toe ons reeds lyne in die water het!!! So darem damn mooi fotos gewees het as mens bietjie shutter speed ens kon manupileer!! Maar dis nog steeds nie te bad vir n selfoon kamera nie...kyk bietjie...
Hierdie enetjie is so net voor sononder...
Daar sak die ou nou weg op die horison...
...en weg is hy ....maar wat n fantastiese aand by die see!!!
Ons het darem geeet ook uit die see - so n paar kabeljoue en elfies gevang en so n slag of 2 gaan kreef trek ook!!
Groetnis