Ek het 'n TJM op en is baie gelukkig!!
Dis van T15 staal gemaak, lyk goed, gee goeie grondvry-hoogte en my 12000pd winch het daar ingepas, geen probleem nie. Ek sal rerig aanbeveel dat mens bietjie meer uithaal vir so 'n belangrike item, WANT:
1: Die TJM en ARB bumpers is "airbag-compatable"
2: Hulle roes nie.
3: Is rerig sterk en buig nie soos Ironman / Redback nie. Die twee kom uit dieselfde fabriek.
4: As jy R9000 spandeer en die ding buig en brand jou winch van R9000 uit as jy probeer ecover, sit jy dubbel die skade. Ek het dit ondervind toe my vriend sy Ironman gebuig het op sy Hilux. Dis nie lekker as jy in die veld sulke probleme optel nie.
5: In 'n ongeluk bied die TJM en ARB meer beskerming vir jou en jou voertuig. Dink DONKIE teen 100km/h...
Ek sou nie 'n pay-as-you-go winch koop nie....