Die avonture van Gerrie en Lobo

Showcase your baby
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

So is dit toe nou Saterdag D-dag vir Lobo se oorverhittingsporbleme (lekker mondvol daai).
Ek begin met 'n proses van eliminasie. Eerste ding wat ek check is of dit dalk die head gasket kon wees (mens kyk mos of die olie 'n melkerigheid het of nie) maar dit is nie die probleem nie, die olie is nog skoon.
Volgende is die foutiewe termostaat wat ek verlede week uitgehaal het. Terwyl ek so by Goeie Hoop onderdele staan, vra ek so terloops vir die ou hoeveel Lobo se waterpomp sal kos (want ek het Peter se raad gevat en met 'n lang skroewedraaier gaan luister na die waterpomp (het geklink soos 'n handvol 5 sente in 'n tuimeldroër).
Kyk, ek het myself voorberei op honderde rande. Toe my vrou se Golfie vroeër vanjaar moeilikheid gegee het het die termostaat en waterpomp R300 elk gekos. Ek was al klaar verlig oor die termostaat vir R47. So toe die knaap my meedeel dat die waterpomp R180 kos, se ek vir hom sommer opslag dat hy hom ook moet oplui. Vandag maak ek hom heeltemal reg!

So terug by die workshop waar ek aan Lobo gewerk het (my nuwe huis het nie 'n motorhuis nie, so ek werk by Gomad hier in Kaapstad aan Lobo - die ouens help graag met kennis) begin ek toe alles afhaal om die waterpomp te vervang.

Nou wil ek met julle 'n speletjie speel... kyk na die volgende foto... Dan moet julle raai watter een is die ou waterpomp....

Image

Jip, die een wat 'n propeller-thingy inhet is die nuwe pomp, die een wat nie meer 'n propeller thingy het nie is die ou pomp (geen punte as jy verkeerd geraai het nie!)
Wel, nadat ek die pomp teruggesit het en die hele ding weer aanmekaar gesit het, het ek my asem opgehou en vir Lobo gestart... En hy loop nou weer so doeksag soos die dag, baie jare gelede, daar iewers in Japan toe die mannetjie met die skrefies-oë die enjin die eerste keer gestart het...
Ek is SO bly hy raas nou nie meer so baie nie... nou moet ek nog net die squeak uitsorteer - maar ek reken dit is die bushes van die suspension... so dit behoort nie TE moeilik te wees nie...
en daarna is dit ek en die verfwerk!
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6138
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1124 times
Been thanked: 1038 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Peter Connan »

Blikemmer Gerrie

Dis geen wonder hy het oorverhit nie ne?

Ek hoef seker nie te vra of hy nou beter is nie ne?
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Jy sal nie glo nie... as ek hom start... veral nou dat die somer uiteindelik in die Kaap aangekom het, word hy binne 5 minute warm tot op die regte temperatuur - en dan bly hy daar...
die lekkerste is dat hy baie sagter loop... die enjin klink sommer mooi!
Ek wonder net wat van die propeller op die ou pomp geword het - het hy heeltemal weggevreet? (ek het sommer goed anti-freeze ingegooi ook nadat ek die nuwe pomp ingesit het - wil kyk of ek die vuiligheid in die water so kan oplos...
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6138
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1124 times
Been thanked: 1038 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Peter Connan »

Gerrie het jy die enjin met die tuinslang ge-flush toe alles uitmekaar was, en het jy die verkoeler ook geflush (verkieslik in die teenoorgestelde rigting as normaal)?

Daai goed gaan nie oplos as jy anti-freeze gebruik nie, maar hulle is dalk lankal uit die sisteem uit.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Nee, ek het niks geflush nie - was net so bly dat ek alles weer aanmekaar kon sit...
Ek dink ook dit is lankal uit die sisteem uit - maar die water loop nou lekker sterk by altwee pyp van die radiator, so dit lyk ook nie of hy iewers verstop is nie... en die temperatuur hou...
So ek dink alles is nou onder beheer...is nogal trots op myself dat ek dit so op my eie reggekry het. Stukkie vir stukkie leer ek hoe 'n enjin werk en aanmekaar pas!
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3461
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 160 times
Contact:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Kagiso II »

honnert en taggentag rand virre waterpomp???? ek gaan vir my ook 'n SAFARI koop [ek het 'n Tyotta wattik op een sal inrtuil ...] any takers WWW
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Ek weet oompie!! Dit het my ook amper laat stik aan my koffie...
Ek het gereken om 'n waterpomp en termostaat vir so R600 te kry - toe gee die man nog vir my afslag ook, so vir die waterpomp, termostaat en antifreeze het ek net so oor die R200 betaal... It's a deal! It's a steal, it's the sale of the freakin century!
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3461
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 160 times
Contact:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Kagiso II »

Noutoe - loop maak vir LOBO mooi
my agterkop wil ook se dat daai radiator 'n SILVERTON flush nodig het [of 'n NUWE radiator] .. BAIE goiedkoper as 'n nuwe oordoen enjin.

ek kyk ook nog uit vir 'n gearleverboot [Rathefboom sokkie] - Daai selle useless moer van Mnln brake & clutch het Lobo s'n verskeur toe hulle die koppelaar vervang het [dis 'n VALEO koppelaar daai :biggrin:
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Die rathefboomsokkie wat daar is werk nog huidiglik goed - hy laat net warm wind inwaai as jy deur die karoo en kalahari ry... dalk moet hy sommer vet ordentlik vas ge-rivet word! :idea:
User avatar
Tinus lotz
Moderator
Posts: 7590
Joined: 29 Aug 2010 13:07
Full Name: Tinus lotz
Nickname: Tinus lotz
Home Town: Centurion
Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005

Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 802 times
Been thanked: 562 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Tinus lotz »

Gerrie maak maar weer daai pype los en vang daai antifreez op blaas sterk water van die verkeerde kant af deur want erens gaan daai yster stukke dwars draai en n verstopping veroorsaak daai pomp het net gebreek en die stukke gemaal nou sit dit erens en wag om k@k te maak !!!! Het jy geen stukke gekry toe jy die pomp afgehaal het nie ???? :think:
Ook niks uit die pype nie ??????krisis ou baie sterk water van vekeerde kant af moet dit uitspoel
Gaan daai stukke nie jou deurskuur van binne af nie????daai pomp kon niks gewerk het nie want
Dit het geen imppeller oor nie ???? :mytwocents:
Post Reply

Return to “08a. Your Patrol”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests