Die avonture van Gerrie en Lobo

Showcase your baby
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

So as hy te ryk gestel is met die EFI, sal die petrol teruggaan tenk toe?
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6138
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1124 times
Been thanked: 1038 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Peter Connan »

Gerrie nee, die brandstof wat die EFI uitmeet, gaan alles enjin toe.

Die oorspronklike vergasser-sisteem gebruik 'n meganiese brandstofpomp wat deur die enjin aangedryf word, en wat dus 'n sekere hoeveelheid brandstof per enjinomwenteling pomp. Omdat die vraag na brandstof egter nie konstant gekoppel is aan enjinspoed nie, pomp die pomp meeste van die tyd meer brandstof as wat benodig word.

Waar die brandstof in die vergasser inkom, is daar 'n float valve met 'n "needle & Seat", in operasie soortgelyk aan die klep in jou toiletbak, waar die water inkom. Hierdie kleppie streef om te sorg dat daar altyd dieselfde hoeveelheid brandstof in die vergasser se klein tenkie (die float chamber) is, want in 'n vergasser is dit die brandstofflak hier, gekoppel met die verskil tussen atmosferiese lugdruk en die lugdruk in die vergasser se keel wat bepaal hoeveel brandstof enjin toe gaan.

Daardie petrol wat deur die pomp gepomp word, maar nie in die vergasser toegelaat word deur die needle & seat nie, word terruggevoer tenk toe duer die return pypie. Daar is 'n bypass met 'n klein druk-kleppie op die pomp wat dit behartig.

Baie EFI stelsels het 'n soortgelyke terugvoer AGV dieselfde basiese redes, maar party gebruik 'n elektriese pompie by of selfs binne in die tenk wat net verskaf wat benodig word. Ek weet egter nie hoe jou stelsel werk nie, en of daardie return pypie in gebruik is nie.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Oukei, ek verstaan die vergasser ding (een van die dae weet ek sommer alles van enjins af! Peter, jy is 'n yster!) maar wat sal daai goed wees wat by die exhaust uitsproei as ek hom start in die oggende?
User avatar
Tinus lotz
Moderator
Posts: 7590
Joined: 29 Aug 2010 13:07
Full Name: Tinus lotz
Nickname: Tinus lotz
Home Town: Centurion
Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005

Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 802 times
Been thanked: 562 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Tinus lotz »

Gerrie kyk mooi
alle karre het konensaat in die uitlaat en gemeng met uitlaatgasse kan dit soos brandstof ruik????die kondensaat is maar gewoonlik water wat form wanneer jou uitlaat afkoel maar ek dink jy moet maar eerder by frans in die kaap gaan kuier en dan kan hulle mos meet en sien???????
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6138
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1124 times
Been thanked: 1038 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Peter Connan »

Gerrie moenie te veel bekommer oor wat vroegoggend daar uitkom nie. As die kar eers warm is, dan moet jy kyk (en ruik), of beter nog kry iemand met 'n gas analiser om te meet.

Meeste van wat vroegoggend daar uitkom is water. Wanneer jy ry, word jou uitlaatstelsel baie warm (ek het gister bietjie gemeet onder my kar omdat ek 'n "exhaust geyser" wil bou, en die stuk agter die manifold word maklik 160 Grade. Wanneer jy stop en afsit, word die uitlaatgasse stadig deur normale lug vervang. Maar normale lug het 'n aansienlike hoeveelheid water in. Kyk bietjie op WeatherSA wat is die humiditeit. Maar in die nag word die lug kouer, en koue lug kan nie soveel water "dra" as warm lug nie, met die gevolg dat hierdie "ekstra" water in die uitlaat neersak. Wanneer jy in die oggend start, word al hierdie water geleidelik weer uitgeblaas of dit verander in stoom.

Verder het 'n koue enjin vir 'n verskeidenheid redes meer petrol nodig om te loop, dit dan die rede hoekom vergasser-enjins "chokes" het. Meeste EFI stelsels het ook soortgelyke funksies, sodat jy as die enjin koud is gewoonlik te veel brandstof gebruik.

Dis dan ook gedeeltelik hoekom jy nooit 'n tweedehandse kar moet koop by iemand wat baie naby aan sy/haar werk gebly het nie, en hoekom ouens wat net baie kort afstande ry gewoonlik baie swaar brandstofverbruik kry.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Ek het ook gedink dis maar net gewone kondensaat, so was darem nie te bekommerd daaroor nie - het maar ent gewonder oor die wat Peter gesê het ek sla by my exhaust ruik as daar te veel petrol in die sisteem is...
User avatar
David
Patrolman
Patrolman
Posts: 723
Joined: 17 Dec 2009 12:42
Full Name: David Prinsloo
Nickname: David
Home Town: Stellenbosch
Current 4x4: 2006 Patrol 4.8 GRX
Home Language: Afrikaans
Location: Stellenbosch
Has thanked: 2 times
Been thanked: 49 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by David »

Gerrie,

Die Safari het 'n dubbel elektriese pomp net voor die agterwiel aan die bestuurder kant teen die chassis. Daar is 'n plaatjie oor om hom te beskerm. Altwee pompe het 'n doppie op wat kan afskroef sodat jy by die petrol filters kan kom. Kyk of daar nie 'n ligte lek is nie want dit kan die petrol reuk verklaar as jy uitklim.
2006 Patrol 4.8 GRX Tiptronic Y61/GU(4)
ARB Bullbar, BZT rear bar, TJM 2" Suspension, Snorkel, LT 285/70/17 BFG KO2's, 40L Engel

Stop Rhino Poaching Supporter!
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Thanks David, sal bietjie kyk...
User avatar
Herrie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2999
Joined: 08 Apr 2009 07:17
Full Name: Kobus Pienaar
Nickname: Herrie
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 55 times
Been thanked: 94 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Herrie »

David is defnitief reg!! Daar is twee elektriese pompe en geen meganiese pompe nie :oldtimer:
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Ek weet van een petrol pomp op Lobo (onder die agterste passasier se voete onder die chassis) maar die filter sit sommer buite - 'n gewone petrol-filter. Ek het hom vervang toe ek oppad terug was Kaap toe met Lobo - hy het beitjei gehik en ek nadat ek die filter wat vieslik vuil was vervang het was alles weer reg - so waar is die doppie wat ek moet afhaal om te kyk vir lekke of is daar 'n filter binne in die pomp ook? Of verstaan ek nou heeltemal verkeerd?
Post Reply

Return to “08a. Your Patrol”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests