Die avonture van Gerrie en Lobo
- Gerrie
- Senior Member
- Posts: 261
- Joined: 24 Jan 2011 08:52
- Full Name: Gerrie van Eeden
- Nickname: Gerrie
- Home Town: Cape Town
- Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
- Home Language: Afrikaans
- Been thanked: 1 time
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Raait - Loctite en dik washers? Klink asof dit die oplossing is (en die regte boute natuurlik - gelukkig is more Saterdag so ek kan alles doen wat moet gedoen word!)
- Kagiso II
- Patrolman 1000+
- Posts: 3461
- Joined: 10 Jun 2009 16:58
- Full Name: Mac Mc Menamin
- Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
- Home Town: BrentwoodPark, Benoni
- Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe] - Home Language: AFRIKAANS
- Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
- Has thanked: 299 times
- Been thanked: 160 times
- Contact:
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Noutou. Di blerriberri kan oppi Patrollieplaas inkom. Sjerkjie, annerding het nou my kop koeelront..... Dai hub word verskaf MET hulle se boute. Assa nie by was ie mutt ik vi daai winkel skroewe mar ik is nog inni Richters. Foun hull en vind uit waa is (daardie) boute?????? Commercial Radiators, Jeppe,,,,, Jaaansberg
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
- Gerrie
- Senior Member
- Posts: 261
- Joined: 24 Jan 2011 08:52
- Full Name: Gerrie van Eeden
- Nickname: Gerrie
- Home Town: Cape Town
- Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
- Home Language: Afrikaans
- Been thanked: 1 time
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Moenie worry nie oom, ek het hier in die Kaap by 'n plek boute gekry vir R1,50 een. BARGAIN! Dis ook 12.9 soos PEter gese het ek moet en die nuwe boute sit nou vas en die hubs is nou ge-loctite en alles. Ek het wel nie washers ingesit nie, want die washers wat hulle vir my kon gee sou te wyd wees en sou dan oor die rand van die hubs gesteek het...
Nou volgende aan die beurt is die rims... ek soek wit staal rims... hou nie van die mags nie (persoonlike voorkeur)
So wat sou julle voorstel is die beste? Gooi dit heir op die forum? Sit dit op Gumtree of gaan na 'n wiel plek toe en ruil dit in?
Nou volgende aan die beurt is die rims... ek soek wit staal rims... hou nie van die mags nie (persoonlike voorkeur)
So wat sou julle voorstel is die beste? Gooi dit heir op die forum? Sit dit op Gumtree of gaan na 'n wiel plek toe en ruil dit in?
- Gerrie
- Senior Member
- Posts: 261
- Joined: 24 Jan 2011 08:52
- Full Name: Gerrie van Eeden
- Nickname: Gerrie
- Home Town: Cape Town
- Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
- Home Language: Afrikaans
- Been thanked: 1 time
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Lobo ontmoet Atlantis
Vandat ek oom Mac ontmoet het wil hy al Atlantis toe gaan. En hy het toe ek vir Lobo gekry het vir my so paar pointers gegee oor hoe ek nou as ek daar uitkom vir Lobo teen die duine moet opstuur.
So gebeur dit nou die naweek dat ons die FWDC se jaarlikse Atlantis Funday bywoon. Ek en my vrou in Lobo. Reg vir die ding.
Maar o wee! Toe ek daar aankom, opsoek na die party waar ek moes uitkom, het ek 'n paar benoude oomblikke gehad.
Ek laat gaan die bande tot 1,0 bar. As jy by Atlantis inkom is daar so simpel duintjie en hier wou Lobo nie uitkom nie.
Ek sweer ek het al daar gery en weet hoe (het dit al selfs met 'n Isuzu gemaak!
Isuzu manne moet nou nie kwaad raak nie!)
Gelukkig kom daar toe 'n paar ouens van voor af en toe ek bo op die bultjei kom, se die ou vir my die bande is te hard.
Hy noem ook so tussendeur dat dit lyk asof die voorste wiele nie trek nie... Nou, soos julle weet het ek mos so rukkie terug die hubs vervang en my hart gaan staan toe amper. Het ek nou iets verkeerd gestaan en doen? Het ek Lobo se voorste diff vernietig? Het ek die enjin gebreek? Is die gebrek aan wêreldvrede my skuld?!!
Ek klim toe maar uit en laat die bande verder af, tot by 0.8.
Soos ek terugstoot om weer 'n bietjie momentum te kry om verder te gaan (was so teen 'n opdraande geparkeer) hoor ek so sagte "click" van die voorste hubs af en voila, Lobo se hubs lock en hy seil oor die duine soos 'n wafferse seemeeu - het darem nie gevlieg nie!!
Ek kom toe by my party uit (het eers bietjie verdwaal) en voel baie trots op myself. Later wil die manne 'n bietjie gaan duine ry en ek is heel in vir die ding. Maar weer wil Lobo se hubs nie engage nie (ek het hulle nie losgemaak nie).
So laat vaar ek maar die idee, en met reën wat rondom my uitsak sit ek en haal die Hub se coverplate af (dis toe net die regterkantste een wat nie engage nie, en wil ook nie disengage nie). Draai hom so paar keer maak seker die ratte en goed aan die binnekant kan draai, sit hom weer vas en vlieg toe weer mooi teen die duine uit!)
Die volgende dag is toe uiteindelik die groot pretdag. Ek het toe ook die bande afgevat na 0.6 bar toe - dit het baie gehelp!
Die eerste uitdaging was 'n dune charge. JY kon kies vir hoeveel punte jy gaan - afhangende van hoe ver jy van die duin af begin (hoe ander hoe meer punte). Voor my was daar 'n Cruiser en 'n Colt wat altwee nie die merk kon maak nie. Die group leader kom staan by my en sê so half vermakerig dat hy hoop die ou lady maak dit to bo.
Ek kies toe maar om vir 60 punte te gaan. (Jy kon, 100, of 80 ook kies, elkeen 'n meter nader) Sit hom in tweede rat Low Range en sit voet in die hoek. Lag-Lag maak ek dit tot bo!
Lobo het letterlik stof in hulle oë geskop en uit 11 rygoed in ons groep (nie almal het die moeilike duin gekies nie) was Lobo een van slegs twee wat tot bo gekom het!
Die res van die dag het baie goed gegaan en behalwe vir 'n paar vlaggies wat om skerp draaie voor Lobo ingespring het (weet nie hoekom hulle die draaitjies so skerp maak nie!) Lobo het homself goed gedra en Oom Mac sal baie trots wees oor hoe hy die duine aanvat. Nou moet die oompie net kom kuier dat ek hom ook kan wys!!
Ek moet net sê, ek was nogal jammer oor hoe min Patrols ek daar gesien het. Waar is die Kaapse ouens? Drie weke terug was daar 60 van ons, ek dink ek het 4 ander Patrols op die dag gesien. (een was ons group leader wat nog nooit eers van die forum gehoor het nie.)
Hier is so paar kiekies

My vrou het mooi gevra of sy ook kan bestuur op pad terug. 'n Paar kussings onder haar het die probleem om oor die stuurwiel te sien opgelos!!

Vandat ek oom Mac ontmoet het wil hy al Atlantis toe gaan. En hy het toe ek vir Lobo gekry het vir my so paar pointers gegee oor hoe ek nou as ek daar uitkom vir Lobo teen die duine moet opstuur.
So gebeur dit nou die naweek dat ons die FWDC se jaarlikse Atlantis Funday bywoon. Ek en my vrou in Lobo. Reg vir die ding.
Maar o wee! Toe ek daar aankom, opsoek na die party waar ek moes uitkom, het ek 'n paar benoude oomblikke gehad.
Ek laat gaan die bande tot 1,0 bar. As jy by Atlantis inkom is daar so simpel duintjie en hier wou Lobo nie uitkom nie.

Ek sweer ek het al daar gery en weet hoe (het dit al selfs met 'n Isuzu gemaak!

Gelukkig kom daar toe 'n paar ouens van voor af en toe ek bo op die bultjei kom, se die ou vir my die bande is te hard.

Hy noem ook so tussendeur dat dit lyk asof die voorste wiele nie trek nie... Nou, soos julle weet het ek mos so rukkie terug die hubs vervang en my hart gaan staan toe amper. Het ek nou iets verkeerd gestaan en doen? Het ek Lobo se voorste diff vernietig? Het ek die enjin gebreek? Is die gebrek aan wêreldvrede my skuld?!!
Ek klim toe maar uit en laat die bande verder af, tot by 0.8.
Soos ek terugstoot om weer 'n bietjie momentum te kry om verder te gaan (was so teen 'n opdraande geparkeer) hoor ek so sagte "click" van die voorste hubs af en voila, Lobo se hubs lock en hy seil oor die duine soos 'n wafferse seemeeu - het darem nie gevlieg nie!!
Ek kom toe by my party uit (het eers bietjie verdwaal) en voel baie trots op myself. Later wil die manne 'n bietjie gaan duine ry en ek is heel in vir die ding. Maar weer wil Lobo se hubs nie engage nie (ek het hulle nie losgemaak nie).
So laat vaar ek maar die idee, en met reën wat rondom my uitsak sit ek en haal die Hub se coverplate af (dis toe net die regterkantste een wat nie engage nie, en wil ook nie disengage nie). Draai hom so paar keer maak seker die ratte en goed aan die binnekant kan draai, sit hom weer vas en vlieg toe weer mooi teen die duine uit!)
Die volgende dag is toe uiteindelik die groot pretdag. Ek het toe ook die bande afgevat na 0.6 bar toe - dit het baie gehelp!
Die eerste uitdaging was 'n dune charge. JY kon kies vir hoeveel punte jy gaan - afhangende van hoe ver jy van die duin af begin (hoe ander hoe meer punte). Voor my was daar 'n Cruiser en 'n Colt wat altwee nie die merk kon maak nie. Die group leader kom staan by my en sê so half vermakerig dat hy hoop die ou lady maak dit to bo.
Ek kies toe maar om vir 60 punte te gaan. (Jy kon, 100, of 80 ook kies, elkeen 'n meter nader) Sit hom in tweede rat Low Range en sit voet in die hoek. Lag-Lag maak ek dit tot bo!
Lobo het letterlik stof in hulle oë geskop en uit 11 rygoed in ons groep (nie almal het die moeilike duin gekies nie) was Lobo een van slegs twee wat tot bo gekom het!
Die res van die dag het baie goed gegaan en behalwe vir 'n paar vlaggies wat om skerp draaie voor Lobo ingespring het (weet nie hoekom hulle die draaitjies so skerp maak nie!) Lobo het homself goed gedra en Oom Mac sal baie trots wees oor hoe hy die duine aanvat. Nou moet die oompie net kom kuier dat ek hom ook kan wys!!

Ek moet net sê, ek was nogal jammer oor hoe min Patrols ek daar gesien het. Waar is die Kaapse ouens? Drie weke terug was daar 60 van ons, ek dink ek het 4 ander Patrols op die dag gesien. (een was ons group leader wat nog nooit eers van die forum gehoor het nie.)
Hier is so paar kiekies

My vrou het mooi gevra of sy ook kan bestuur op pad terug. 'n Paar kussings onder haar het die probleem om oor die stuurwiel te sien opgelos!!

- Kagiso II
- Patrolman 1000+
- Posts: 3461
- Joined: 10 Jun 2009 16:58
- Full Name: Mac Mc Menamin
- Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
- Home Town: BrentwoodPark, Benoni
- Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe] - Home Language: AFRIKAANS
- Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
- Has thanked: 299 times
- Been thanked: 160 times
- Contact:
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
sit vi LOBO BMW 5-series seats in wat kan op-en-af stel [dis nou vir oompie se anner dogtertjie daa by jou inni huis]
Sien jy nou van daai "Tyotta Bande"??? hoe egaliger die loopvlak sonder reuse blokke, hoe makliker op sand
Daai wat Lobo se hub self afsluit ... klink nie kosher nie -- gaan soek hulp by FRANS [onse frand van hirri plaas] "Tour de Frans'
OOmpie dankbaarbly julle het geniet - en onthoo, jy moet vi Maggi net so vaardig as jy kry - as julle doerrrrr inn ver bundu is en jy breek sou hkaskeen en kanne self ry nie - dan moet Maggi kan [dit kan dalk net middel BaboonsPass wees ...]
Wil jy rerrig daai rims afgooi? Bring hulle, ek sal jou "wit rimns" gee vir hulle - dan kan hulle terugkom op Boesman [hy sulk heeltyd oor "sy" wiele.
Sien jy nou van daai "Tyotta Bande"??? hoe egaliger die loopvlak sonder reuse blokke, hoe makliker op sand
Daai wat Lobo se hub self afsluit ... klink nie kosher nie -- gaan soek hulp by FRANS [onse frand van hirri plaas] "Tour de Frans'
OOmpie dankbaarbly julle het geniet - en onthoo, jy moet vi Maggi net so vaardig as jy kry - as julle doerrrrr inn ver bundu is en jy breek sou hkaskeen en kanne self ry nie - dan moet Maggi kan [dit kan dalk net middel BaboonsPass wees ...]
Wil jy rerrig daai rims afgooi? Bring hulle, ek sal jou "wit rimns" gee vir hulle - dan kan hulle terugkom op Boesman [hy sulk heeltyd oor "sy" wiele.
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
- Gerrie
- Senior Member
- Posts: 261
- Joined: 24 Jan 2011 08:52
- Full Name: Gerrie van Eeden
- Nickname: Gerrie
- Home Town: Cape Town
- Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
- Home Language: Afrikaans
- Been thanked: 1 time
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Sy het klaar ge-deps dat sy volgende jaar die Atlantis Funday ry. So ek is baie sterk oppad om vir haar ook te stuur vir opleiding en so nou en dan 'n kans te gee om agter die stuur in te skuiwe...
Soos dinge nou lyk het ek by 'n ander ou op die forum (Sias) 'n stel bande en rims gekry. So as oompie die mags wil terughê kan ons so iets beplan?
Nee, ek sal sommer ent vir haar 'n kussingkie onder die seat saamry, dan kan sy hom gebruik soos nodig... ek is net bang sy stoei my van Lobo af dan moet ek een van die dae met die Golfie begin ry...
Soos dinge nou lyk het ek by 'n ander ou op die forum (Sias) 'n stel bande en rims gekry. So as oompie die mags wil terughê kan ons so iets beplan?
Nee, ek sal sommer ent vir haar 'n kussingkie onder die seat saamry, dan kan sy hom gebruik soos nodig... ek is net bang sy stoei my van Lobo af dan moet ek een van die dae met die Golfie begin ry...

- Kagiso II
- Patrolman 1000+
- Posts: 3461
- Joined: 10 Jun 2009 16:58
- Full Name: Mac Mc Menamin
- Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
- Home Town: BrentwoodPark, Benoni
- Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe] - Home Language: AFRIKAANS
- Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
- Has thanked: 299 times
- Been thanked: 160 times
- Contact:
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
mooi so - Maggi - Staan jou man my kjent - moeni laat hy vir jou ore aansit nie...
Re daai rims: Sa hulle graag weer op BOESMAN WIL SIT.
Re daai rims: Sa hulle graag weer op BOESMAN WIL SIT.
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
- Gerrie
- Senior Member
- Posts: 261
- Joined: 24 Jan 2011 08:52
- Full Name: Gerrie van Eeden
- Nickname: Gerrie
- Home Town: Cape Town
- Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
- Home Language: Afrikaans
- Been thanked: 1 time
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Die hubs het heeldag saterdag gehou. Ek dink die cover plate was dalk net 'n bietjie van lyn af opgesit en ek het dit self weer reggeskuif. Voor ek weer gaan 4x4 sal ek hom by die huis toets om seker te maak hy werk 100%... is nie weer lus vir sukkel met die hubs nie...
Een voordeel van hierdie hele experience met Lobo so ver is dat ek baie vinnig gedwing word om te leer hoe dinge in mekaar pas en hoe dit reggemaak word...
Hierdie naweek gaan ek solank begin om die roes te behandel... dis my eerste doelwit...
Dan het Ciske van Gomad voorgestel om die agterruit en die kantvensters agter met aluminium deure te vervang... so as die man wat daai agterruit kort vir sy Safari (kan nou nie onthou wie dit was nie) hom soek as ons hom uithaal, moet hy met my praat, dan reël ons...

- Herrie
- Patrolman 1000+
- Posts: 2999
- Joined: 08 Apr 2009 07:17
- Full Name: Kobus Pienaar
- Nickname: Herrie
- Home Town: Kempton Park
- Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari - Home Language: Afrikaans
- Location: Kempton Park
- Has thanked: 55 times
- Been thanked: 94 times
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Mooi so Gerrie!!! Nou weet jy hoe goed werk 'n LSD diff op sand 

Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
Who is online
Users browsing this forum: No registered users and 1 guest