Patrol Dieselenjins

Engines and Engine Systems
Post Reply
jmstrauss
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: 18 Jan 2010 09:41
Full Name: Johann Strauss
Nickname: Johann
Home Town: Wellington
Current 4x4: None

Patrol Dieselenjins

Post by jmstrauss »

Beste Almal

Ek is nuut tot die forum en wil graag leer by die manne wat weet (en dit lyk asof hier genoeg kennis is).

Ek is tans nog besig om te soek en gaan nie oorhaastig koop nie. Ek sou graag 'n diesel Patrol wil koop, maar ek is maar terdeë bewus van die probleme wat met ZD30 enjins ondervind word. Wat my nogal laat kopkrap het is hoekom daar nie Patrols met die TD42T3 enjins (117 kW) na Suid-Afrika toe gebring is nie. Dit lyk my die Patrols het vanaf 1997 tot 2002 met die enjins ook uitgekom en nie net met die ZD30 nie. Of lees ek heeltemal verkeerd?

Maar nou my vraag: My die Patrol Pickup wat nou met 'n 4.2 enjin beskikbaar is, is dit nie dan moontlik nie om ZD30 enjins te vervang wat opgepak het met 4.2 enjins wat seker darem nou weer in die omloop is? Enige gedagtes hieroor?

Ek sien Pieter du Toit skryf elders dat Nissan hom R 55 000 wou gee vir onderdele. Wat as Nissan hom dalk 'n 4.2 diesel enjin aangebied het? :biggrin: Natuurlik is die 4.2 enjin soos dit in die Pickup voorkom heelwat swakker (maar waarskynlik goed genoeg), maar as ou 4.2 enjins gehelp kan word, waarom nie ook nuwes nie?

Groete en dankie dat ek hier mag deelneem.

Johann Strauss

Terloops, ek weet 'n bietjie van elektrisiteit so vra maar as daar iets is wat iemand dalk nog nie kon beantwoord nie. Dalk het ek 'n antwoord.
User avatar
Tinus lotz
Moderator
Posts: 7590
Joined: 29 Aug 2010 13:07
Full Name: Tinus lotz
Nickname: Tinus lotz
Home Town: Centurion
Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005

Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 802 times
Been thanked: 562 times

Re: Patrol Dieselenjins

Post by Tinus lotz »

Hi daar
ek het ook al oor die dinge gedink en agter gekom dat nissan s a nie fokus nie gaan google bietjie parol diesel en lees op die ausie web wat daai manne se
ek het n 4.8 petrol en het vir n vriend n engine gesoek en om sy 4.2 petrol untag patrol wat nooit ingevoer is in ons land nie te vervang .
by jap outo kry jy die 3 td vir 15000 compleet en n 4.2 vir bietjie goedkoper as hulle stock het . Ons ry gemaklik 140km/h met n 4.2 diesel bakkie met vol vrag en gebruik so 7 km/l daar is genoeg krag .
my ander maat het n 3 liter td en hy kry 8-9km/l ek glo nie dis n sleg engin nie maar as ek kom kies en dit moet diesel wees vat ek die 4.2
groete
tinus
User avatar
Stefan
Moderator
Posts: 1692
Joined: 28 Apr 2009 08:43
Full Name: Stefan de Villiers
Nickname: Stefan
Home Town: Bothasig, Cape Town
Current 4x4: 2002 3.0 GL Patrol
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Has thanked: 175 times
Been thanked: 50 times
Contact:

Re: Patrol Dieselenjins

Post by Stefan »

Sover my kennis strek was die 2001 - 2003 ZD30 engins die met die hoogste risiko. Daar is niks wat jou verhoed om 'n 4.2 (NA of TD) in te bou sou jou 3.0 groet nie
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Patrol Dieselenjins

Post by JG Shields »

Daar is al baie oor die diesel enjins op hierdie forum gesels. Ek glo mens moet versigtig wees om die ZD30 enjins te kras te oordeel. Ja, hulle is temperamentele enjins wat hulle latente probleme het in vergelyking met baie ander vervaardigers. Dis egter ook so dat dit nie net Nissan se 3.0 Di 4 silinder enjin is wat hierdie spesifieke probleme gee nie. Dieselfde en soortgelyke probleme kom in verskeie ander fabrikate voor.

Ongelukkig wys die vingers gereeld terug na Nissan SA toe sodra die debatte bietjie momentum opbou. Nissan het nooit sy gebruikers reg ingelig ivm die ZD30 nie en het nooit hulle verantwoordelikhede reg nagekom nie. Die manne wat 'n nuwe ZD30 van dag een af reg hanteer kry baaaaaie kilos uit hulle uit. Die feit dat die 4.2 TD nie hier uitgekom het nie, het nie veel met die produk se kwaliteit te doen nie, maar wel met kritiese massa in 'n Nissan diesel negatiewe mark. Nissan kon 'n "killing" in SA met Patrol, en spesifiek die 4.2 TD, gemaak het as hy bereid was om geld en "dealership" integriteit agter die produk in te gooi.

Dus...indien Nissan SA vanadg vir 'n ZD30 eienaar 'n 4.2TD enjin sou aanbied, sal hulle by implikasie daarmee hul nalatigheid mbt die ZD30 erken. Hulle sal bitter baie eise teen hulle kry. In so 'n geval soek ek vandag weer 'n ZD30 Patrol, ry hom gou stukkend en gaan ruil die enjin om vir 'n 4.2TD. Wat 'n bargain! Hulle sal dit nooit doen nie.

So gepraat van die ZD30 vervang met die 4.2TD...As ons kyk met hoe min moeite (relatief) Pieter du Toit sy ZD30 met 'n 4.2TD vervang het, is dit gewis 'n opsie vir enige ZD30 Patrol eienaar. Die 4.2TD is 'n bielie van 'n enjin.
Patrol fan!
jmstrauss
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: 18 Jan 2010 09:41
Full Name: Johann Strauss
Nickname: Johann
Home Town: Wellington
Current 4x4: None

Re: Patrol Dieselenjins

Post by jmstrauss »

Dankie JG en die ander.

Wie weet. Dalk spring daar een van die dae 'n Patrol voor my in die pad.

Johann Strauss
User avatar
Stefan
Moderator
Posts: 1692
Joined: 28 Apr 2009 08:43
Full Name: Stefan de Villiers
Nickname: Stefan
Home Town: Bothasig, Cape Town
Current 4x4: 2002 3.0 GL Patrol
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Has thanked: 175 times
Been thanked: 50 times
Contact:

Re: Patrol Dieselenjins

Post by Stefan »

:thumbup: Solank jy net nie voor 'n Patrol in die pad spring nie. :lol:
User avatar
SRXy
Senior Member
Senior Member
Posts: 202
Joined: 09 Jun 2009 12:39
Full Name: Wes
Nickname: the Knob...
Home Town: Slaapstad
Current 4x4: TD42T Patrol "The Wee Beasty", 373,000km's

Umm....this is a Patrol forum isn't it?
Home Language: engles
Been thanked: 1 time

Re: Patrol Dieselenjins

Post by SRXy »

LOL!!

So true!
In regione caecorum rex est luscus.

Desiderius Erasmus: circa 1510
Post Reply

Return to “09. Engines”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests