Page 1 of 1
Radiator & Fancowl
Posted: 24 Mar 2010 07:03
by JG Shields
I am looking for a good condition 4.5 GU model radiator & cowling. Any leads?
Re: Radiator & Fancowl
Posted: 24 Mar 2010 08:02
by AndriesS
Sjoe, daar is daai Patrol in scrapyard op die Brits pad(Lavender) net buite Wonderboom, Ek kan netnie onthou of hy nog sy cowling gehad het nie. Advertensie is in die junkmail gewees vir Patrols tripping vir spares, Ek dink iemand het dit hier gepost.
Re: Radiator & Fancowl
Posted: 24 Mar 2010 09:00
by JG Shields
Dankie Andries. Ek het hulle gebel maar beide die radiator & cowl is reeds weg. Dis tans die enigste twyfelagtige deel aan my voertuig wat ek ssm wil opgradeer. Die 4.5 petrol en ZD30 het dieselfde radiators. Die 4.5 se fan posisie is dieselfde as die 4.8 s'n en behoort dus op die kombinasie van my ZD30 radiator en die 4.8 enjin te werk.
Re: Radiator & Fancowl
Posted: 24 Mar 2010 09:09
by AndriesS
Het jy dalk na die een by Toysan gaan kyk. Ek weet die engine is uit maar dalk is die radiator of cowling nog daar erens.
Re: Radiator & Fancowl
Posted: 24 Mar 2010 09:30
by JG Shields
Ek weet van die 4.8 by Toysan. Is daar 'n 4.5 ook?
Re: Radiator & Fancowl
Posted: 24 Mar 2010 10:19
by AndriesS
Daar is net n 4.8, ek lees nou eers die details. Jy kan dalk kyk of daar nie n ander voertuig s'n is wat kan pas nie. al kry jy net die ronde gedeelte, om dit dan te fibreglass op jou oorspronklikke sal ook werk en minder gewig wees as , staal ene.
Re: Radiator & Fancowl
Posted: 24 Mar 2010 15:06
by JG Shields
Andries, ek het 'n splinter nuwe ZD30 "radiator" by Toysan gekry vir R2500. Dis wel "aftermarket" maar gelukkig dieselfde as wat ek in het. Hulle het 'n 4.5 en 'n 4.8 in voorraad. Die 4.5 se radiator en cowl is ongelukkig nie meer met hom nie. Die 4.5 se cowl sou die ZD30 radiator en die 4.8 se enjin posisie reg met mekaar laat trou het. (Wat 'n MIX van onderdele...???)
Aangesien ek 'n radiator en cowl in het wat reg werk, wil ek 'n ligte cowl laat bou wat op die nuwe radiator moet pas. Ek het glasvesel of aluminium plaat in gedagte. Weet jy van iemand wat so 'n werkie baie netjies sal kan doen?
Re: Radiator & Fancowl
Posted: 25 Mar 2010 10:55
by AndriesS
Veselglas werk is eintlik baie maklik. As jy die ou cowl het en n shroud het wat oor jou nuwe fan pas dan kan jy n mock-up maak, gaps kan met polistirien toegmaak word en van daar kan jy vir jouself n mould maak of selfs dan die mould gebruik en vesterk. Gelukkig is dit nie a bakwerk paneel nie so die gedeelte wat lank vat- surface prep is nie so krities nie. As jy nie die ou cowl het nie kan jy redelik maklik een shape uit polistirien en met karton of plaat kan jy die ronde gedeelte vir die fan doen . Naday jy die affere reg het kan jy dit either cover met plastiek soos gladwrap en dan gewone hardware veselgals bo-oor dit sit of jy kan veselglas kry wat nie polisitirien attack nie en dit gebruik.
Ek het n vriend wat sal kan raad gee oor temp ook aangesien seker epoxies nie baie van hoe temps hou nie
Gee me n luitjie dan kan ons chat - sal nou nie n concours wen nie maar sal die job doen
Re: Radiator & Fancowl
Posted: 25 Mar 2010 12:28
by JG Shields
Dankie Andries. Ons sal gesels.