My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011
Posted: 28 Jul 2021 08:47
Goeie more menere.
Ek het so 2 weke terug met die raad van een van my vriende 'n Patrol aangeskaf.
My idee was om iets te kry wat so na as moontlik aan oorspronnklik is. Ek wil self besluit watter opdateerings op die voertuig te doen en wou verkieslik iets he wat nie te rof hanteer was nie.
Ek het my oog op 'n silver 2011 auto 4.8 GRX met 230K kms gekry en het amper onmiddelik verlief geraak met die toetsbestuur.
Die enigste probleme was dat die ewenaarslot nie wou inskakel nie en die rat hefboom wat bietjie styf was om tussen 2H 4H en 4L.
Ek het vermoed dat dit was omdat die vorige eienaar net in die stad rondgery het.
Die handelaar sprei ook standaard die onderstel so dit was nie moontlik om aan die onderstel te sien of daar roesplekke is nie. Orals anders was die bakwerk nog 100% en die sytrappe was ook nog 100% sonder roes op die boute en raam.
Die uitlaat pyp was ook nog in 'n goeie kondisie (hulle sprei nie die uitlaat stelsel nie).
Ek het die Patrol op die Vrydag gaan haal en dit sommer die volgende dag saam met my bogenoemde vriend na Hennops toe gevat om te sien dat alles 100% werk.
Al wat ek kan se is WOW! Vir iemand met minimale 4x4 ondervinding laat hierdie voertuig mens voel asof jy die goed al vir jare doen.
Ek het nog baie om te leer en ek sien uit daarna om dit te doen. Ek sal definitief vir 'n paar 4x4 lesse gaan om seker te maak ek doen alles reg.
Ek gaan definitief moet werk daaraan om my voet stil te hou waneer ek deur die roetes te ry!
Die rathefboom gly ook nou baie meer egalig in posisie na die afêre.
Die voertuig was weer na die handelaar toe om die ewenaarslot uit te sorteer en dit was maar die gewonde solenoïde probleem waar dit net bietjie skoongemaak moet word. Ek kry hom vandag weer terug. My volgende uitgawes gaan wees vir die volgende:
1.Wiel pomp toerusting (dit sluit in die drukmeter en 'n pomp wat van die battery af werk).
2. Sitplek oortreksels - ek sien Adventure Gear het donker grys oortreksels met hoë weerbaarheid materiaal.
3. Rubber vloermatte.
4. 'n sleepstang (nogals verbaasend dat 'n voertuig met 230 000 kms nognie met een toegerus was nie).