Page 1 of 1
LUS VIR RY!!!!!!
Posted: 17 Feb 2010 10:35
by Pieter du Toit
Ek het ernstige ontrekkings simptome omdat ek hel lanklaas op n 4x4 roete was.
Ek het lus vir ry - en sommer die naweek al - so hoe lyk dit??
Wat van Sondag 21 Maart - en waar?? Ons het nou al die Tierkloof trip gedoen verlede jaar en ek dink dis tyd vir ietsie anders.
Wat van Babylonstoren buite Malmesbury - nie ver van die Kaap af nie en ook n baie lekker trip om te doen met genoeg challenges. Dis waar ek verlede jaar die 4x4 kursus saam met Herman (Engel) gedoen het.
So kom ons kyk of ek n vinnige reaksie kan kry en gou n dagtrippie aan mekaar kan slaan - wie is definitief in om te ry??
Groete
Re: LUS VIR RY!!!!!!
Posted: 17 Feb 2010 12:40
by tour de frans
Dit klink lekker Pieter,maar ek is besig en ek dink my naweek is selfs te kort.Next time.

Re: LUS VIR RY!!!!!!
Posted: 17 Feb 2010 15:08
by JohnBoyZA
Jammer Pieter
Papa Dag = Saterdag = Nuweland
Mama Dag = Sondag = Wynplaas picnic
Raincheck...
Re: LUS VIR RY!!!!!!
Posted: 17 Feb 2010 16:17
by Abri Hoffman
Maak dit die volgende naweek (27/28) en ek is in.
Re: LUS VIR RY!!!!!!
Posted: 17 Feb 2010 16:25
by JG Shields
Pieter, Maak dit iewers tussen 1 en 4 Maart dan leen ek 'n sitplek by jou en ry ook saam!
Re: LUS VIR RY!!!!!!
Posted: 17 Feb 2010 21:13
by Pieter du Toit
Ai JG dis nou jammer maar 1 tot 4 Maart is weeksdae - ons is mos nou maar almal nog van die werkende klas (ongelukkig) ook - so ons moet dit oor naweke doen!!
Komaan ouens - ons het nie 3 weke nodig om n vinnige dagtrip aanmekaar te sit nie!!!
Re: LUS VIR RY!!!!!!
Posted: 17 Feb 2010 22:36
by G-MAN
Ons Patrol ouens staan mooi saam!
Re: LUS VIR RY!!!!!!
Posted: 23 Feb 2010 21:13
by Saltman
Sorry Pieter
19 tot 22 Maart is 'n lang naweek en dis ons 2de voorbereidingskamp vir Junie maand se Botswana trip.
Maar julle is welkom om ons te join op Jakkalskloof!!! Sien uit na daai ene!
Laat die wiele rol!
Herbie
Re: LUS VIR RY!!!!!!
Posted: 26 Feb 2010 10:10
by duckitt
ons is n groep wat vannaand Helderberg Farm gaan ry net buit s/west as jy lus is vir n biekie aksie ons trek weg 19:30 Scot is die man wat dit reel sy nommer is 0845496124
Re: LUS VIR RY!!!!!!
Posted: 26 Feb 2010 12:55
by Pieter du Toit
Charles,
Baie dankie vir die uitnodiging. Ek het vir Scott gebel maar julle is alreeds 23 voertuie

- dis bietjie baie en smaak my gaan n baie laat aand raak vir julle!!!
Ek sal maar n "raincheck" vat vir volgende keer - ek moet inelkgeval my koi dam gaan uitsorteer die naweek - ek gaan nou met n nuwe stokperdjie begin!!!
Sterkte - en laat weet ons hoe dit gegaan het!! Ek sal definitief ook graag nog so n aand trip wil doen - moet verseker iets anders wees.
Groete