Page 1 of 3

Boots / Vellies / tekkies

Posted: 29 May 2020 08:54
by Oetie
My gat jeuk vir n netjiese paar boots wat ek kan dra in die veld, stap, en sommer vir elke ander dag... begin rondkyk toe kom die vraag op, wat verkies jy om mee te loop/ry as jy veld toe gaan of gaan toer....

Ek sien baie Ozzies op videos dra net plakkies, of thongs soos hulle dit noem... vir my is n thong n ander ding wat n gesprek op sy eie is :wink:

Iemand soos Ray Janse Van Rensburg wat op verskeie Voetspore toere was, dra wat lyk soos ou army boots, met twee verskillende kouse, een rooi en een blou, dit het volgens my nogal gehelp om die man se "identiteit" op die span en kassie te vestig, addisioneel tot sy kennis, ry en fotografie vermoe wat ons nie eers oor hoef te praat nie.

Re: Boots / Vellies / tekkies

Posted: 29 May 2020 09:00
by JohnBoyZA
Plakkies, maar meestal kaalvoet :doh:

Re: Boots / Vellies / tekkies

Posted: 29 May 2020 10:24
by Dungbeetle
Tekkies of Boots, afhangende van terrein

In Auzzieland is daar nie dorings en (giftige) skerpioene nie......hulle kan maar plakkies dra

Re: Boots / Vellies / tekkies

Posted: 29 May 2020 10:41
by offroadbiker
Oetie wrote: 29 May 2020 08:54 My gat jeuk vir n netjiese paar boots wat ek kan dra in die veld, stap, en sommer vir elke ander dag... begin rondkyk toe kom die vraag op, wat verkies jy om mee te loop/ry as jy veld toe gaan of gaan toer....

Ek sien baie Ozzies op videos dra net plakkies, of thongs soos hulle dit noem... vir my is n thong n ander ding wat n gesprek op sy eie is :wink:

Iemand soos Ray Janse Van Rensburg wat op verskeie Voetspore toere was, dra wat lyk soos ou army boots, met twee verskillende kouse, een rooi en een blou, dit het volgens my nogal gehelp om die man se "identiteit" op die span en kassie te vestig, addisioneel tot sy kennis, ry en fotografie vermoe wat ons nie eers oor hoef te praat nie.
Ek wil nie weer in die gesprek betrokke raak nie :doh: met die 2018 Forum Bots trip het ek die saak ook aangehaal en moes ek by Tinus en Kie hoor hoe gay is ek oor ek die onderwerp van "skoene" ingebring het by 4x4............ :naughty:

Re: Boots / Vellies / tekkies

Posted: 29 May 2020 11:27
by Oetie
offroadbiker wrote: 29 May 2020 10:41

4x4 ...... skoene ...... gay ....... :surprised:

Ek kan aan veel ander gesprekke dink wat onder daai kategorie val as skoene en 4x4.... :naughty:

Re: Boots / Vellies / tekkies

Posted: 29 May 2020 11:32
by Peter Connan
:rolling: :rolling: :rolling:

Dirk, ek dink nie daai was omdat jy skoene per se genoem het nie, maar die spesefike skoene. Soos 'n sekere ander lid se witraam-sonbril.

Ek rol met stapstewels, maar ek het medise redes. Ek het 'n kort been (AGV 'n ongeluk lank lank gelede) wat maak dat ek 'n binnesool moet dra. Dit werk eenvoudig nie in iets wat nie oor mens se hak kom nie. As ek staan vir enige lengte va tyd sonder dit, kla my rug. Gewoonlik is my stapstewels sommer steelcaps ook, maar dis as gevolg van suinigheid. Die werk betaal vir daai.

Daar is 'n paar ouens op die forum wat jy kan erken net aan hulle voete. Jorrie dra ook sokkies van verskillende kleure, en Alex dra gereeld van daai tekkies met aparte tone. Dalk kom daai kennis eendag handig te pas, maar ek wil nie dink aan waste omstandighede dit sou veroorsaak nie...

Re: Boots / Vellies / tekkies

Posted: 29 May 2020 11:36
by Oetie
Peter Connan wrote: 29 May 2020 11:32 :rolling: :rolling: :rolling:

Daar is 'n paar ouens op die forum wat jy kan erken net aan hulle voete. Jorrie dra ook sokkies van verskillende kleure, en Alex dra gereeld van daai tekkies met aparte tone. Dalk kom daai kennis eendag handig te pas, maar ek wil nie dink aan waste omstandighede dit sou veroorsaak nie...
:rolling: :rolling: :rolling:

Re: Boots / Vellies / tekkies

Posted: 29 May 2020 11:40
by Oetie
Ek het n paar swart safety boots wat ek gekry het in Mali toe ek daar werk gedoen het by n Ozzie goudmyn, gemaklikste paar skoene denkbaar ten spyte van die steelcap. Almal op die myn is met dieselfde klere toegerus, van die ou wat ondergrond werk tot die klerk in die betaal kantoor. En al die klere kom van Australia af, werklike goeie kwaliteit.

Kyk nou na n leer boot, iets soos Hitec, Wolverine of as ek myself sover kan kry om die geld uit te haal, Jim Green.

Re: Boots / Vellies / tekkies

Posted: 29 May 2020 11:47
by SCUBA Patrol
EK koop net Jim Green, hulle is plaaslik en maak ook toecap boots, en baie baie goed prys en kwaliteit gewys! Patrol van boots!

Re: Boots / Vellies / tekkies

Posted: 29 May 2020 11:51
by offroadbiker
Ek dra n boot, maar die sonder skoenrieme wewrk net makliker en is gemaklik. ek het n stel by outdoor winkels gekoop en dit was ver oor die duisend bokke, toe soek ek nuwe stel om mee bike te ry elke dag en kry stel met staal punt vir minder as helfte van die prys en hy dra lekker.

Die kan ook werk

https://jonssonworkwear.com/chelsea-boot
https://jonssonworkwear.com/steel-toe-cap-chelsea-boot