Page 1 of 2
Patrol 4.5 misfiring
Posted: 30 Mar 2019 10:39
by BaasWiets
Môre ek wil net weet my 4.5 sal so nou en dan vanaf 1200 rpm tot so 2000 mis en dit sal so 100km aangaan en dan eweskielik weggaan dan is die ding weer reg vir n week eks besig om nogals omgekrap te raak wil die ding al wegblik$em het hom gediens met nissan parte wil ook die plug drade vervang maar nissan heti stock nie hulle moes die service parte bestel vir my kry ook nie by die parte plekke plug drade nie.
Re: Patrol 4.5 misfiring
Posted: 30 Mar 2019 11:55
by Peter Connan
Dit klink soos 'n slegte konneksie iewers, heel monntlik op iets soos die distributor of die MAF sensor, maar kan dalk ook die brandstofpomp wees.
Aangesien die brandstofpomp een van die bekende swak punte op die karre is, sou ek dalk daar begin?
Re: Patrol 4.5 misfiring
Posted: 31 Mar 2019 12:29
by BaasWiets
Middag Oom het iemand dalk n part no van die petrol pomp.
Re: Patrol 4.5 misfiring
Posted: 31 Mar 2019 14:20
by Tinus lotz

- IMG-20190331-WA0019.jpg (68.74 KiB) Viewed 4747 times
Re: Patrol 4.5 misfiring
Posted: 31 Mar 2019 14:21
by Tinus lotz
Kos so 400 by spareshop
Re: Patrol 4.5 misfiring
Posted: 26 Apr 2019 08:37
by BaasWiets
Môre ek hoop iemand het dalk raad op die 4.5 ek het nou al fuel pomp weer geruil als uitmekaar gehaal en skoongeblaas maar die patrol van my sodra hy moet begin trek hier van 3500 rpm af tot 4500 backfire die ding in die exhaust in.Dan is daar fo$$ol krag nie ek raak nou hardop wil nie meer die ding hê as dit die toekoms gaan wees van die heletyd moet regmaak nie het al die plugs gekyk op engin het die injector harnas afgehaal ek gekyk of daar nie dalk iets fout is nie. Het hom in die aand gestart gooi ook nie spark weg nie fuel pressure is so 3.2 bar het n gauge opgesit weeti wat met die ding aangaan nie enige raad sal wardeer word asb.
Re: Patrol 4.5 misfiring
Posted: 26 Apr 2019 09:32
by Alex Roux
Wiets
Daai kar wat jy ry is die een wat al die minste moeilikheid gegee het.
Hulle is relatief eenvoudig en daar is nie veel wat kan fout gaan nie. So moet nie moed opgee nie.
Gegewe wat jy al als gedoen het, moet jy hom by 'n ekspert kry.
Ermelo is net ongelukkig nie naby Michaal of Graham nie.
Re: Patrol 4.5 misfiring
Posted: 26 Apr 2019 09:53
by BaasWiets
Al probleem is ek sit nou in die kruger en moet my karrevaan nog sleep met die ding die probleem kom en gaan het nou net hoedspruit toe gery toe is die ding nou weer reg partykeer is hy vir 300km reg dan begin hy weer net uit die bloute uit. En dan is hy moer swaar op petrol al wat ek nog nie vervang het nie is die distributer self verder het ek al als gedoen het al gedink om n 8 bar fuel pomp op te sit volgens almal moet hy 3.8bar pressure he jy sal dit nooit kry nie daar is n fuel filter ini pad ek kry n maksimum van 3.2 tot so 2.6bar het al met n g-clamp op die return gery dat die drukking Kan klim dan hou hy op 4bar maar hy backfire dan nogsteeds dit kani timing wees nie want nou is hy weer reg.
Re: Patrol 4.5 misfiring
Posted: 26 Apr 2019 10:06
by Nissan KingCab
Nog 'n plek waar jy dalk kan kyk indien jy nie al het nie is die MAF sensor net na die air cleaner. Daar is baie dun draadtjies daar wat lugvloei meet en selfs 'n stukkie stof kan sy kop deurmekaar maak.
Re: Patrol 4.5 misfiring
Posted: 26 Apr 2019 10:11
by iandvl
Nissan KingCab wrote: ↑26 Apr 2019 10:06
Nog 'n plek waar jy dalk kan kyk indien jy nie al het nie is die MAF sensor net na die air cleaner. Daar is baie dun draadtjies daar wat lugvloei meet en selfs 'n stukkie stof kan sy kop deurmekaar maak.
Sterk moontlikheid... Maar waarskuwing: Daai draadjies binne is verskriklik dun en raak maklik seer. Moet
niks in die MAF sensor indruk nie. Spyt hom net skoon met MAF cleaner / Electroclean of so ietsie.