Page 1 of 1

BOSBOKSTRAND OOS KAAP

Posted: 13 Jan 2010 10:17
by KOOS BEST
Ek het so pas teruggekeer van n wonderlikke 2 weke om die Suidelike Wildekus te toer.

As basis het ons gekamp by Bosbokstrand , so n 5 km Suid van Haga Haga op privaat eiendom wat grens aan die Cape Henderson Natuurreservaat . Die Strandloper voetstaproete loop hier verby.
Dit is werklik een van die beste versorgde kampplekke in die land, mooi gras kampplekke , GROOT EN SILWER SKOON ablussies en wat alles kroon daar is geen deurlopers ens nie.Die kampplek is agter die duinewoud aan die oewer van klein Lagune , die strand bied alles van oop sand strand tot die mooiste rotse oortrek van die die mooiste seelewe, vol mossels , oesters , rooiaas . O ja ek het daar geroei , baie baie dolfyne en ongelukkig kon ek net klein vissies vang. Maar groot Mosselkrakers , kabeljou,Leervis en Steenbras word van die rotse gevang. Die swart Tobie of Oyster catcher kom ook hier voor, ons land se bedreigste voelspesie. Baie Groototter,Strandwolf en Luiperd aktiwiteit op die strand in die nag.

Van hieraf kan mens die wereld verken op dag uitstappies na Oos Londen in die suide . Maw. Gonubie, Cintsa Oos en wes en dan die wonderlikke nedersetting van Haga Haga , een van die land se juwele nog nie so geraak deur ontwikkeling nie , GEEN GENUINE FAKE TUSCON VILLA'S, slegs die ou tipe see vakansie huisies ens.van jare toet.
Verder noord le Double Mouth, Morgan baai en Keimond. Darna kan jy oor die Ferry gaan na die ou Transkei, ry tot by die Seagul hotel , geniet iets te ete en gaan besoek die wrak van Jakaranda wat daar gestrand het in 1971 onder groot verdenking, die storie is die Griekse kaptein het van sy eienaars die instruksie gekry om die boot daar te laat strand, die vragskip het onder eie stoom tot op die strand gevaar en daarom was die versekering eis toe nooit uitbetaal nie.

Die ander mooi van die area veral in die veld is die wondelikke plante wat daar wild groei, soos jul weet kom byna die meeste inheemse sierplante wat ons in ons tuine plant van die deel van ons land, werklik n blomme prag.
En vir n Zoeloelander is die klimaat soos ons Herfs dae , warm maar geen erge bedompigheid nie, net lekker en perfek.
Image
Bosbokstrand se kamplekke met kragpunte.

Image
Swart Tobies besig om te aas aan insekte ens
Image
Die uitsig oor Kaap Henderson Natuur reservaat in die rigting van Cintsa
Image
Haga Haga se hoofstrand
Image
Die Ferry oor die Kei rivier
Image
Die wrak van die Jacaranda vragskip.

Re: BOSBOKSTRAND OOS KAAP

Posted: 13 Jan 2010 10:19
by KOOS BEST
Jammer n glipsie , hier is Haga Haga se hoofstrand.
Image

Re: BOSBOKSTRAND OOS KAAP

Posted: 13 Jan 2010 10:34
by tour de frans
Dit lyk baie lekker Koos :thumbup:

Re: BOSBOKSTRAND OOS KAAP

Posted: 13 Jan 2010 10:44
by Herrie
Kan jy daar snorkel?

Re: BOSBOKSTRAND OOS KAAP

Posted: 13 Jan 2010 11:12
by KOOS BEST
Herrie, ja mens kan snorkel. Pragtige gety poele ens op die kuslyn by Haga en dan in die Transkei veral.

Re: BOSBOKSTRAND OOS KAAP

Posted: 13 Jan 2010 11:43
by JG Shields
Baie dankie vir die info Koos! Dis 'n baie mooi area daai. Ons het al op Mtonga gebly, kreef geduik en vis geskiet. Ek sal hierdie plek ook onthou, veral vir 'n korter trip.

Re: BOSBOKSTRAND OOS KAAP

Posted: 13 Jan 2010 13:53
by Fanie1
Baie dankie vir die info en die foto's, ek wil nog daardie omgewing gaan verken en sal vereker daar 'n draai gaan maak!!

Fanie

Re: BOSBOKSTRAND OOS KAAP

Posted: 14 Jan 2010 09:40
by JohnBoyZA
Koos, dankie vir jou bydrae! Is daar n lekker swemstrand vir kinders?

Re: BOSBOKSTRAND OOS KAAP

Posted: 14 Jan 2010 10:17
by KOOS BEST
Ja , John, die wonderlikke ding van die plek is die veiligheid. Die kinders gaan op hul eie aan in die see of in die Lagune .
Ek het selfs my Kano op die strand gelos vir die 2 weke wat ek daar was , met al die toerusting in
Image
Kyk gerus na die plek op Google Earth onder Cape Henderson, Great Kei Rural, South Africa

Re: BOSBOKSTRAND OOS KAAP

Posted: 25 Jan 2010 09:33
by JohnBoyZA
Dankie Koos!