Page 1 of 4

Gauteng in Desember

Posted: 05 Dec 2009 14:06
by Tjaart
Wie is almal in Gauteng die Desember?

Ek is terug van Pietersburg af!! :woo: . En ek is moer lus om te gaan ry in al die plekke in en om Gauteng. Wie stel belang? Volgende naweek Mahem of Chimes? Laat my weet. :pray:

Re: Gauteng in Desember

Posted: 07 Dec 2009 07:57
by Herrie
Laat weet maar as jy terug is dan kan ons plan maak.

Re: Gauteng in Desember

Posted: 07 Dec 2009 15:34
by Tjaart
Oom Herrie

Ek is terug en wil baie graag by Mahem of chloorkop gaan ry die Saterdag wat nou kom - 13de des. Dit sal baie lekker wees as ons 'n paar patrolmanne kan opsaal vir 'n dag in die modder. :clap:

Re: Gauteng in Desember

Posted: 08 Dec 2009 01:21
by Pieter du Toit
Agge nee manne - wat wil man nou daar in die dorre Gauteng gaan maak op n Des?? :think:

Ek le bietjie en sleg wees by die see (Uilenkraalsmond)- so met die ou visstokkie in die een hand en n lekker kouetjie in die ander!! Lekker verfrissend!! :thumbup:

Re: Gauteng in Desember

Posted: 08 Dec 2009 07:28
by Herrie
Tjaart, ek moet ongelukkig in Pretoria wees die naweek en Sondag kom al die kinders vir ons kers-ete want kersdag is hulle saam met die kerel en meisie by die see.

Re: Gauteng in Desember

Posted: 08 Dec 2009 21:56
by ChristoSlang
Tjaart, kom ons maak 'n plan om die omgewing bietjie te gaan verken :thumbup:

PS: Is jy in Pretoria?

Re: Gauteng in Desember

Posted: 09 Dec 2009 15:59
by Tjaart
Jip Christo

Ek is inderdaad. Maak more klaar en dan het ek verlof tot volgende jaar. :woo: .

Ons met iets reel vir dinsdag of woensdag volgende week. Mahem? Chloorkop? De wildt? Hennops? :think: . Laat my weet. ek is oop dan!!

Re: Gauteng in Desember

Posted: 09 Dec 2009 19:05
by Engel
ek train ongelukkig anders kon ons gaan speel!

Re: Gauteng in Desember

Posted: 10 Dec 2009 07:27
by Herrie
Die 16de is mos vakansie dag :woo:

Re: Gauteng in Desember

Posted: 11 Dec 2009 09:47
by Tjaart
dis reg ja!!

Waar gaan ons heen? Groenkloof? :pray: