My probleme met my 2004 3.0Di

Showcase your baby
Dewald
Senior Member
Senior Member
Posts: 89
Joined: 05 May 2015 19:00
Full Name: Dewald Johannes Maree
Nickname: Dewald
Home Town: Rustenburg
Current 4x4: 2004 Nissan Patrol 3.0 DI GRX
2010 Nissan Navara 2.5 dci Kingcab
2013 Nissan Patrol 4.8 Grx
2005 Nissan Patrol 4.8 Grx
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 12 times
Been thanked: 23 times

My probleme met my 2004 3.0Di

Post by Dewald »

More manne.

Ek dreig al lank om bietjie met julle my nagmerie te deel.

Soos meeste van ons seker maar wou ek vir n baie lang tyd al n Patrol hê. Ek het Maart 2015 een gekoop.
Ek is baie gesteld op dinge en het hom mooi deur gekyk, maar mens kan ook maar net so ver sien. Ek het aanvaar dit sal nie n fout lose voertuig wees nie want hy is tog nie nuut nie.

Ekt gesien hulle het al aan die enjin gewerk en daar was kwotansies van die head wat oor gedoek is ens.
Wat my bietjie gerus gestel het is dat daar n Madman op die Patrol was so ekt gedink die mense het die masjiene se storie geken.

Die eerste keer wat ek ver gery het met hom, van Rustenburg na Volksrust toe met n sleepwa, het daar n vreeslike geklap en vibrasie begin, ek kon voel dit was iets met die koppelaar tedoen. Hy het seker vir 400km so gemaak en toe skielik was als normaal. Ekt bietjie op gelees en besef dis die duel mass flywheel wat pla so het geweet dat ek sal moet loer.

Voor ek nog aan die flywheel kan aandag begin die ding bitter snaaks maak. As mens stop en hy moet luier dan wil hy vrek maar net voor hy heeltemal vrek dan vat hy weer. Hy rook toe sulke with rook en ek stel toe ook vas dit gebeur net as jy die koppelaar in trap. Dit was veroorsaak deur een van die vacume solenoids wat oop maak dan trek hy butterflies in die intake toe dan wil hy vrek maar die vacume raak te min as hy so te se dood is dan vat hy weer en so karing dit aan. Die ratkas het n neutral switch wat gekoppel is aan die enjin rekenaar so as die ratkas in neutal is dan maak die solenoid nie oop nie maar wel as hy in enige rat is,die gevolg was ek moet voor ek te stadig ry hom gou in nuetral sit want sodra die revs onder 1500 kom begin die moeilikheid. Ekt die solenoid se vacume pyp net af geblok tydelik todat ek die oorsaak kry van die streke, vermoed daar is n lek van die vacume pomp af.

Ek gaan maar die post so op deel en stuk stuk skryf, ek tik maar soos ek kaans kry.
User avatar
ricster
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 5850
Joined: 13 Jan 2010 11:16
Full Name: Cedric Warner
Nickname: Cedric
Home Town: Alberton Gauteng
Current 4x4: '99 Nissan Patrol 4.2 Turbo Diesel
Home Language: English
Location: LA..... No not Los Angles ..... Lower Alberton, Gauteng
Has thanked: 591 times
Been thanked: 468 times

Re: My probleme met my 2004 3.0Di

Post by ricster »

Keep us posted on this !!
Regards
Cedric
Nissan Patrol GL 4.2 Diesel Turbo (Iron Maiden)
Nissan SANI 3.0 V6 4x4 (SOLD)
Isuzu KB 280 DT 2x4 ('ol Smokey) - SOLD
Suzuki TL 1000R "V twin" (Growler) - SOLD
User avatar
hugejp
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2052
Joined: 21 Oct 2014 21:01
Full Name: JP Viviers
Nickname: Oupoot
Home Town: JHB
Current 4x4: THE PATROL COLLECTION
2004 4.8 GRX TURBO "Tinkerbell"
2003 TD42T GRX "The Coal Roller"
Home Language: Half & Half
Has thanked: 211 times
Been thanked: 217 times

Re: My probleme met my 2004 3.0Di

Post by hugejp »

Shjoe!

Jammer om van jou pyne te hoor, laat ons weet hoe dinge uit werk.
----------------------------------------------------------------------

You CAN with a NISSAN!

Jy KAN met 'n DATSUN!
Dewald
Senior Member
Senior Member
Posts: 89
Joined: 05 May 2015 19:00
Full Name: Dewald Johannes Maree
Nickname: Dewald
Home Town: Rustenburg
Current 4x4: 2004 Nissan Patrol 3.0 DI GRX
2010 Nissan Navara 2.5 dci Kingcab
2013 Nissan Patrol 4.8 Grx
2005 Nissan Patrol 4.8 Grx
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 12 times
Been thanked: 23 times

Re: My probleme met my 2004 3.0Di

Post by Dewald »

Dankie julle.

Nadat ek die solenoid se pyp afgeblok het was als ok vir n maand of twee, ekt solank begin kyk om die flywheel te vervang maar het nog met die Patrol gery. Ekt opgemerk daar is n olie lek by knuckle links en dan iewers op die timing chain cover, nie erg nie maar dit het my gepla.

Die Patrol het 232000km op gehad toe ek hom gekoop het en op die stadium het ek maar nog net so 5000 km gery.

Ek het weer lang pad gevat Bloemfontein toe en daar breek die egr de flex pyp af agter die head, hy was afgeblok na die valve met n plaaitjie maar omdat die uitlaat gas nou so maklik uitkom kon die turbo nie boost nie. Ek het maar huistoe gekruip en net die egt's laag gehou. Tuis het ek twee plaatjies gesny, die pyp verwyder en gate op die manifolds toe gemaak, toe loop hy weer vir n paar km.

Ek hoor op n dag die multi v belt raas en ek kyk toe orals rond en sien die aircon radiator se een bout het los gekom en uit geskyf tot teen die radiator. Hy is te lank om heeltemal uit teval so hy het bly skaaf teen die radiator en wragties n klein gaaitjie in een core gemaak. Die een aircon pyp het toe ook geknak en ek sien toe ek die goed uithaal hy was al gesweis. Die waterpomp lyk toe ook of hy lek by een van sy boute en ek sien toe eers toe ek nou mooi daar orals kan sien daar is al goed rondgekrap op die enjin, orals is die boute sommer verskillende soorte en party is korter gesny om te werk. Die belt tensioner is ook toe gedaan. Ekt maar die radiator laat reg maak, aircon pyp laat sweis en die waterpomp lek, tensioner en boute ook reg gemaak. Ekt ook gesien die Patrol was op n stadium in n ongeluk, die radiator cradle aan die linkerkant was lekker gebuig agter die buffer. Ekt toe nogal heel teleurgesteld geraak met my koop, maar ek kon niks daaraan doen nie.

Word vervolg.
User avatar
TijmenvdS
Senior Member
Senior Member
Posts: 303
Joined: 23 Nov 2016 06:25
Full Name: Tijmen van der Steenhoven
Nickname: Tijmen
Home Town: Pretoria
Current 4x4: 1997 Patrol TD42 GQ ST
Chevrolet 1974 K10 402 V8
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 32 times
Been thanked: 102 times

Re: My probleme met my 2004 3.0Di

Post by TijmenvdS »

Ag dis baie hartseer. Dit is jammer maar daar is altyd n paar "lemons" wat rondsweef. Daar is so baie Patrol eienaars wat heeltemal gelukkig met hulle voertuie is en n paar wat vir jou ook hardseer stories kan vertel van backyard mechanics waarvan ek ook al my skoolgeld van moes betaal. Ek hoop jy kry al die kwale uit gesorteer sodat jy jou Patrol kan geniet.
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6011
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1067 times
Been thanked: 985 times

Re: My probleme met my 2004 3.0Di

Post by Peter Connan »

Dis net ongelooflik hoe 'n backjard slapg@t iets kan opvoeter.

Hoop maar die duur goed hou!
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
Dewald
Senior Member
Senior Member
Posts: 89
Joined: 05 May 2015 19:00
Full Name: Dewald Johannes Maree
Nickname: Dewald
Home Town: Rustenburg
Current 4x4: 2004 Nissan Patrol 3.0 DI GRX
2010 Nissan Navara 2.5 dci Kingcab
2013 Nissan Patrol 4.8 Grx
2005 Nissan Patrol 4.8 Grx
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 12 times
Been thanked: 23 times

Re: My probleme met my 2004 3.0Di

Post by Dewald »

Dankie Tijmen,

Ja dis waar, die slegte ding is dat die meeste mense wat die goed so op bogger more weer n ander persoon se voertuig op bogger.

Reg daar gaan ons weer...
Met als weer aan mekaar kon die wiele weer draai. O ja in die selfde tyd het hy in limp mode in gegaan. Ekt sommer geweet dis die airflow meter, Nissan toe vir een en hulle sê hy word nie los verkoop nie ek moet die hele pyp koop amper R10000. Ek gaan soek toe bietjie by part plekke en kry toe een vir R1500. Wat interesssant is, is dat daar Subaru's is wat die selfde airflow meter gebruik.
Ek vat hom vir aircon gas en daar lek hy by die pomp, ek haal die pyp af om te kyk na die o ring en sien die pyp is daar ook gesweis en n ander fitting op gesit maar dis nie die regte een nie, dis n ander soort pomp sin en hy trek nie mooi vas nie, ekt maar n nuwe o ring op gesit en spacer in gesit om hom haaks as te kan trek.

Vir so 4000km gaan als goed todat dit een oggend voel of hy skielik so ruk gee, ek dink toe dit voel amper of hy ophou trek het. Ek trap die diesel pedaal plat en hy maak weer so. Ek dink toe dadelik dis die kopelaar plaat, sit hom oor 4de toe en trap die pedaal, hy begin gly so ek ry maar rustig verder werk toe, ekt nog so 3km oop pad gehad om te gaan. Ek voel hy begin sommer erg gly. Die middag toe ek wegtrek om die 25km huistoe te vat kry ek hom skaars weg getrek maar ek kry momentum en ek kom toe nogal reg tot by my hek en daar moes ek hom letterlik net laat luier, as ek die pedaal raak dan staan hy. Ek kry hom toe maar onder die afdak in en weet die gaan nou n lastige gedoente wees om die kopelaar plaat te ruil omdat die ratkas so groot en swaar is.

Na n week of wat skraa ek moed bymekaar en begin maar uitmekaar maak. Ekt sommer van die begin af besluit ek haal die enjin uit want daar is nie n manier wat ek die ratkas daar onder sal uitkry nie.

Met die enjin uit sien ek die hele bellhousing is vol dik olie en gemors so ek dink toe die crank seel het ook op n stadium gelek maar ek het later gesien dis die duel mass flywheel se grease. Die o ring wat die grease in die flywheel moet hou om die springs te smeer het gegroet.

Toe ek die pressure plate wil afhaal sien ek die deel van die flywheel waar hy vas is draai in die rondte en hak net so met tye. My probleem was toe nie die Clutch plaat nie maar die flywheel. Ek sien toe die flywheel boute se koppe is ook lelik beskadig toe iemand van tevore daar gekaring het. Dis hier waar ek nou eers als mooi kon bekyk met die enjin buite, ek het gesien daar is klomp plekke sommer ander soort boute gebruik en silicon orals.

Ekt by David n flywheel gekry en gedink terwyl als uit is gaan ek die olie lek op die timing chain cover reg maak.

Mens moet redelik strip om hom af te kry en hier is waar ek eintlik geskok was. Ek daar is n tappet cover bout af gedraai en hy is net so los in die gat gesit, intake manifold boute gestrip in die head, ens ens.

Dit het nie daar gestop nie, toe die timing cover af is sien ek die binnekant lyk net so erg. Bv die cam sprocket sebout lyk of hy met n vice grip in gedraai is en is ook n afgesnyde bout. Die power steering pomp het omtrent nie tande op sy rat nie soos hulle gebreek is, maar hier is toe nou iets snaaks. Nie een ander rat is beskadig of selfs n merkie nie en geen stukke in die olie nie. Daar was ook geen tekens van staal in die olie toe ek hom die eerste keer gediens het nie. Ek vermoed die mense wat als so ogevoeter het het seker die pomp geruil uit n ander voertuig uit.

Ekt ook agter gekom die regter auto hub is ook gebreek so daar is ook bietjie werk.

Dis waar ek nou staan, ek het vir David gevra en hy het parte, boute ens so sal by hom gaan draai, dit wat ek nie kry sal mek maar by Nissan kry. Die gestripte gate sal ek maar tap en inserts insit ens. Ek het nie die head en sump af gehaal nie, dit bekommer my nog want hoe kan dit reg wees as al die ander goed so sleg lyk.

Ek sal paar fotos van die goed opsit, en dan weer met julle deel soos ek vorder met die regmaak.
User avatar
Bre
Senior Member
Senior Member
Posts: 214
Joined: 08 Mar 2017 11:27
Full Name: Brent Harris
Nickname: Bre
Home Town: Bellville
Current 4x4: 1999 Nissan Patrol 4.5 GRX
2000 Nissan Terrano II 2.7 TDi Sport
2003 Nissan Hardbody 3.3 SEL DC 4x4
Home Language: English
Has thanked: 52 times
Been thanked: 36 times

Re: My probleme met my 2004 3.0Di

Post by Bre »

Jislyk, dis 'n nare verhaal! Ek hoop jy kom reg met hom. Sterkte man.
gupster
Senior Member
Senior Member
Posts: 174
Joined: 12 Jan 2014 07:25
Full Name: Barry Guppy
Nickname: Baz
Home Town: Hibberdene
Current 4x4: 2001 Nissan Patrol 3.0 GRX
2005 Nissan Patrol 3.0 GR
Home Language: English
Has thanked: 136 times
Been thanked: 31 times

Re: My probleme met my 2004 3.0Di

Post by gupster »

Hi Dewalt. I tried google translate but not too sure if I quite understand if your idling problem is the same as mine, so I will briefly tell you mine. I bought a '05 3.0 in Johannesburg and as soon as I dropped down the Drakensburg the car would not idle when it was in gear. Smoke etc. My mechanic here in Durban diagnosed the altitude compensator and adjusted it. No more problems here or at the highvelt.
Have Troll, will travel.
gupster
Senior Member
Senior Member
Posts: 174
Joined: 12 Jan 2014 07:25
Full Name: Barry Guppy
Nickname: Baz
Home Town: Hibberdene
Current 4x4: 2001 Nissan Patrol 3.0 GRX
2005 Nissan Patrol 3.0 GR
Home Language: English
Has thanked: 136 times
Been thanked: 31 times

Re: My probleme met my 2004 3.0Di

Post by gupster »

Forgot to add, I have a brand new radiator cradle I bought for my rusty 2001 3.0 but never used it, so if you are looking for one let me know.
Have Troll, will travel.
Post Reply

Return to “08a. Your Patrol”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 9 guests