Page 1 of 2

Splinternuwe Patrol eienaar

Posted: 25 May 2017 18:30
by nisjeep
Middag

Vandag voel ek soos 'n groot hond wat moet buite slaap terwyl die keffertjies binne op die baas se skoot sit.

Ek sit by die werk in Angola en my Patrol staan en wag vir my. Het nog net my wa op 'n foto gesien, nog nooit in lewende lywe...

Nou die Patrol is nie splintenuut nie, 2002 4.5 GRX, en ek is ook nie so nuut in die Datsuns nie, maar dis lekker om terug te wees!

My naam is Peter Church en ek my SWAMBO Chrisna en 2 klonge bly op Trekoskraal net so halfpad tussen Vredenburg en Paternoster,

ja daar waar mens kan skelm duine ry vir die wat weet :naughty:

Ons is maplotters wat net die spasie geniet en boer met niks. Net bikes,pypkarre , 4x4 en alles wat basies brandstof gebruik!

Daar is ook wel 'n anderkant aan ons mense en dit is ons duld geen negatiewe impak op die natuur rondom ons, dis al wat ons het.

Ek sien uit daarna om deel te wees van die Patrol4x4 forum.

For those that do not understand the "taal" : Sorry bud, when in Rome

Re: Splinternuwe Patrol eienaar

Posted: 25 May 2017 18:45
by SJC
Welkom en baie geluk, ek is seker jy gaan die patrol baie geniet. :salute:

Re: Splinternuwe Patrol eienaar

Posted: 25 May 2017 18:48
by Peter Connan
Welkom naamgenoot.

Is jy onder die selfde naam op SA4x4Community ook?

Re: Splinternuwe Patrol eienaar

Posted: 25 May 2017 18:52
by TijmenvdS
Baie welkom.
Wanneer gaan ons daai duine kom try :wink:
nisjeep wrote:For those that do not understand the "taal" : Sorry bud, when in Rome
My oupa het ook gesĂȘ hy praat net ingels uit selfverdediging.

Re: Splinternuwe Patrol eienaar

Posted: 25 May 2017 19:04
by Tinus lotz
Welkom hoop jy geniet hom yster patrols daai

Re: Splinternuwe Patrol eienaar

Posted: 25 May 2017 19:19
by hugejp
Baie welkom boet!

Re: Splinternuwe Patrol eienaar

Posted: 25 May 2017 19:31
by Michael
Welkom Peter, jy gaan dit verseker hier geniet.

Re: Splinternuwe Patrol eienaar

Posted: 25 May 2017 20:33
by Bre
Welkom Peter. Ek sien jy's net om die draai :thumbup:

Re: Splinternuwe Patrol eienaar

Posted: 25 May 2017 22:01
by Alex Roux
Welkom Peter

Dit klink asof jy op 'n plek kry waar mens kan lekker kuier.

Skimp, skimp...

Re: Splinternuwe Patrol eienaar

Posted: 26 May 2017 07:12
by offroadbiker
Welkom :thumbup:

Kan ons die naam verander na nispatrol :oldtimer: :rolling: :rolling: :rolling: QQQ