Page 1 of 2
4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling
Posted: 06 Apr 2017 11:22
by Ihanedp
Ek is opsoek na 'n radiator cowling vir my Patrol. As iemand kan help laat weet my asseblief? Ek gebruik nie meer die oorspronklike viscous fan nie so al pas hy nie 100% nie behoort ek 'n plan te kan maak.
Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling
Posted: 06 Apr 2017 11:25
by iandvl
Ihanedp wrote:Ek is opsoek na 'n radiator cowling vir my Patrol. As iemand kan help laat weet my asseblief? Ek gebruik nie meer die oorspronklike viscous fan nie so al pas hy nie 100% nie behoort ek 'n plan te kan maak.
Dawid Volschenk. Sal sy nommer vir jou PM.
Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling
Posted: 06 Apr 2017 19:57
by Peter Connan
Ihane, ek neem aan dit beteken jy gebruik elektrise waaier/s?
Wees versigtig. Min van hulle skuif genoeg lug om die groot enjins koud te hou...
Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling
Posted: 07 Apr 2017 08:36
by Ihanedp
Hi Piet,
Ja ek het die Lexus engine in my Patrol. Het hom so by die vorige ou gekoop en nie rerig agter gekom waarvoor ek my inlaat nie. Ek het al die probleme uitsorteer, nog net die verkoeling wat ek onder beheer moet kry. Het baie gelees oor die elektriese fan en raad gekry, maar op hierdie stadium is dit my eerste opsie. Het nou 'n 16" Davies Craig elektriese fan gekry wat goed lyk so sal hom maar toets en kyk wat maak hy. Sy lug vloei is 2120 CFM wat dalk nie heeltemal genoeg is nie, maar sal hom toets en kyk wat gebeur. Wil net 'n oordentelike cowling ook opsit anders gaan die elektriese fan virseker nie werk nie. As ek nie 'n oorspronklike cowling kry nie sal ek een bou want die agente se prys is te duur.
Maar ja, ek het nog nie van iemand gehoor wat positief is oor 'n elektriese fan nie. Sal julle op hoogte hou van my poging...
Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling
Posted: 07 Apr 2017 08:58
by Wilkie
Ek wil net eers vir jou sê dat as jy met verkoeling sukkel...maak seker dat jou radiator 100% skoon is
Ek het nou n duur les geleër met verkoeling....!!!
Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling
Posted: 07 Apr 2017 09:03
by iandvl
Ihane,
As jy met spesialis Lexus ombouer wil gesels, is een van die meesters in daai gebied hierso in Brits. Ja - hy spesialiseer meer met Lexus ombouings in ou Hilux SFA's, maar hy is regtig n kenner in die gebied. En hy sal beslis kan help met verkoeling - veral omdat die Patrol se bonnet 'n baie groter potensiele verkoelings oppervlak het as 'n ou Hilux SFA. As ek reg onthou, gebruik hy gewoonlik een of ander BMW radiator en fan assembly vir die goed, maar hyl sal wel van die beste raad kan gee.
Laat weet indie jy sy nommer wil kry.
Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling
Posted: 07 Apr 2017 10:27
by offroadbiker
Wilkie wrote:Ek wil net eers vir jou sê dat as jy met verkoeling sukkel...maak seker dat jou radiator 100% skoon is
Ek het nou n duur les geleër met verkoeling....!!!
En????????????? gaan jy ons vertel

Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling
Posted: 07 Apr 2017 11:06
by Ihanedp
Hi Ian,
Wie is die ou? Ek het hom daar in Brits gehad by Janna van der Merwe, ek is baie tevrede met sy werk. Die ding is ek het nog nie 'n oordentelike fan op die radiator gehad nie. Volgende stap sal 'n ander radiator wees, want baie van sy vinne is gebuig en is nie so effektief soos hy moet wees nie. Maar ek begin met die fan en dan sal ek na dit na 'n ander radiator kyk as dit nie voldoende is nie.
Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling
Posted: 07 Apr 2017 11:42
by iandvl
Ihanedp wrote:Hi Ian,
Wie is die ou? Ek het hom daar in Brits gehad by Janna van der Merwe, ek is baie tevrede met sy werk. Die ding is ek het nog nie 'n oordentelike fan op die radiator gehad nie. Volgende stap sal 'n ander radiator wees, want baie van sy vinne is gebuig en is nie so effektief soos hy moet wees nie. Maar ek begin met die fan en dan sal ek na dit na 'n ander radiator kyk as dit nie voldoende is nie.
Dis man se naam is Riaan. Ek ken hom basies net van reputasie af, el het ons 'n paar keer ontmoet toe een van my vriende se Hilux ge-lexus is.
Maar hy het blykbaar die boek geskryf op die goed, en ek het al sy handewerk gesien in my connection se Hilux. Daarso nog nie dag se nonsens nie.
Ek sal sy nommer vir jou PM. Gesels gerus met hom.
Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling
Posted: 07 Apr 2017 19:42
by Peter Connan
Praat met Frans Fourie (Tour de Frans hier) oor sy hidraulise fan ombouing.