Diff Lock Vacuum Solenoid
Posted: 16 Nov 2009 14:14
Dit wil vir my voorkom of die ewenaargrendelvakuumskakelaar
op die Patrollies bietjie wispelturig is, en daarby is die Nissan werkswinkels nie vertroud met die probleem nie.
My difflock het opgehou werk rondom 22000km. Met die 30000km diens het Nissan my verseker dat die difflock werk. Met die 45000km diens het ek weer daaroor gekla, en weer is ek verseker dat die difflock werk.
Ek het toe maar elders gaan hulp soek by 'n toegewyde 4x4 werkswinkel. Hulle het gou vasgestel dat die vacume solenoid nie werk nie. Hulle het my met hierdie inligting teruggestuur na Nissan toe, wat toe uiteindelik daarmee saamgestem het, en die solenoid vervang het (onder waarborg).
Nadat ek die difflock lanklaas gebruik het, het ek hom toe noudiedag nodig. Weer wou hy niks weet nie. Die liggie bly net flikker, maar g'n difflock.
Nadat ek die difflock herhaaldelik aan-en afgeskakel het, het hy uiteindelik gevat.
Daarna het ek hom daagliks, sommer op die sypaadjie, ten minste 5 keer aangeskakel. Hoe meer ek dit gedoen het, hoe gouer het hy gevat.
Lyk vir my hy moet gereeld gebruik word, anders raak hy lui.
Is daar ander ouens hier wat ook hiermee sukkel? Ek gaan hom nou maar voortaan ten minste weekliks aanskakel om hom "los" te hou.