Page 1 of 2

Wie in die Kalahari het n Patrol stasiewa?

Posted: 16 Dec 2016 21:21
by Ds J
Ek het die Patrolskoot hoog deur en is al besig om finansiering te reël maar my liewe wederhelf het bietjie meer oortuiging nodig. Is daar dalk iemand binne trefafstand van Stella met 'n Patrol stasiewa wat ons (groot asb!) vir 'n draai oor 'n stuk grondpad kan vat?

(As julle die nie doen nie moet ek n Fortuner koop :helpsign: :helpsign: :helpsign: )

Re: Wie in die Kalahari het n Patrol stasiewa?

Posted: 16 Dec 2016 22:42
by SJC
Ds J wrote: (As julle die nie doen nie moet ek n Fortuner koop :helpsign: :helpsign: :helpsign: )
:surprised: :surprised: :surprised: :naughty: :naughty: :naughty:

Wys haar hierdie:

Fortuner gaan nog makliker omval.. :lol:

Re: Wie in die Kalahari het n Patrol stasiewa?

Posted: 17 Dec 2016 06:11
by Peter Connan
Ek dink Dolf Els woon in Kathu. Hy was lanklaas op die forum, maar miskien sal hy tog 'n PM antwoord? Sy forum-naam is net Dolf.

Re: Wie in die Kalahari het n Patrol stasiewa?

Posted: 17 Dec 2016 06:46
by Ds J
Dankie.

Re: Wie in die Kalahari het n Patrol stasiewa?

Posted: 20 Dec 2016 16:12
by Dolf
Jip, ek het 'n 1996 Patrol Stasiewa en is nog in Kathu.

@ Pieter, ja lanklaas gepraat/gevra maar bestaan nog en lees al die stories hier. Die Patrol nog mooi aan die gang en wag vir Junie 2017 om die Kalagadi weer te gaan besoek.

Groete.

Re: Wie in die Kalahari het n Patrol stasiewa?

Posted: 20 Dec 2016 19:22
by Peter Connan
Lekker om weer van jou te hoor Dolf.

Ek gaan jou wen Kgalagadi toe: kom daar deur terug van Nam in April!

:biggrin:

Re: Wie in die Kalahari het n Patrol stasiewa?

Posted: 20 Dec 2016 21:54
by Dolf
Goeie werk, onthou hier is slaapplek op Kathu!!

Re: Wie in die Kalahari het n Patrol stasiewa?

Posted: 21 Dec 2016 05:09
by Ds J
Goeiemôre Dolf, mag ek jou pla vir 'n rit in die Patrol as ons dalk in daardie deel van die wêreld kom, asb?

Re: Wie in die Kalahari het n Patrol stasiewa?

Posted: 21 Dec 2016 05:55
by Peter Connan
Baie dankie vir die aanbod Dolf.

Re: Wie in die Kalahari het n Patrol stasiewa?

Posted: 21 Dec 2016 07:52
by Alex Roux
OT, maar...

Ons ry deur Kaa, Mabue en Oorgrens in Julie