Page 1 of 1

foto's

Posted: 09 Nov 2009 13:21
by Ratel
Goeie dag almal. Kan iemand my asb verduidelik hoe om foto's op die site te laai. Dankie. :doh:

Re: foto's

Posted: 09 Nov 2009 15:53
by Tjaart
Ratel

As jy 'n topic begin, scroll bietjie af en dan sal jy die "upload attachment" blokkie sien. Kies hom, en dan "browse" jy jou fotos, waar jy hulle ook al gesave het. Jou fotos moet kleiner as 200kb wees. Ek het gehoor die site het nou auto resizing vir fotos, maar nog nie probeer nie. Jy kan jou fotos wat jy geneem het, verklein met Microsoft Office Picture Manager oopmaak en resize.

Regs click op die foto, kies "open with", en kies Microsoft Office Picture Manager. Dan in die TOOLS blokkie op die toolbar, kies jy resize. Dan kyk jy wat is die grootte van die foto, bv, 2.31MB. nou moet hy kleiner, as 200kb wees, so dan kies jy die % opsie aan die regterkant. kies so 20% van die oorspronlike grootte, dan sal hy "klein" genoeg wees om te post. As jou fotos wat jy wil post reg is, dan kies jy weer op die website die "upload attachment" blokkie, browse jou fotos, en kies die wat jy ge-resize het!!

Sterkte. Ek hoop jy kom reg. Werk maar net stap vir stap....

Re: foto's

Posted: 09 Nov 2009 20:29
by Ratel
:clap: Dankie Tjaart. Sal kyk of ek reg kom. Het jy toe reg gekom met jou Patrol se disc's?