Ons beplan 'n 3 weke trip o.a. na Angola en Namibie. Wat ek kan sien is die Doodsakker scary - ons het 'n gids so dis effe gerus-stellend. My vraag kan ek die Doodsakker doen met 'n Explorer of is ek heeltemal gek?
Re: Doodsakker - Maart 2017.
Posted: 09 Aug 2016 07:19
by Michael
Eddie, eerstens is ek al klaar jaloers...... dit is n trip wat ek nog bitter graag wil doen.
Die internet en Youtube maak die doodsakker n baie gevaarlike plek, maar dit is ondat hulle net al die insedente wys en nie die suksesvolle trips nie.
Ek dink nie mens moet die doodsakker ligtelik opvat nie, maar ek het al videos gesien waar mense met Rangers en Hiluxes die doodsakker gery het sonder drama.
Ek dink bestuursvernuf en hoe goed jy jou voertuig ken gaan die belangrikste wees op so trip
Re: Doodsakker - Maart 2017.
Posted: 09 Aug 2016 08:57
by Alex Roux
Ek sien daar is bitter min materiaal op die internet oor Doodsakker MET trailers.
As ek 'n trailer nodig het op so 'n trip, sal ek meer navorsing doen.
Re: Doodsakker - Maart 2017.
Posted: 09 Aug 2016 09:51
by SJC
Seker nie 'n goeie voorbeeld nie aangesien die water hulle gevang het, maar Voetspore het dit met 'n trailer gedoen.
Re: Doodsakker - Maart 2017.
Posted: 09 Aug 2016 10:08
by Jorrie
Jou voertuig moet in 'n goeie toestand en betroubaar wees. Jy wil nie daar tegniese probleme optel nie.
Re: Doodsakker - Maart 2017.
Posted: 09 Aug 2016 20:11
by Eddie Solomon
Baie dankie almal vir die input. Die enigste clip wat ek sover gesien het met 'n trailer is die Voetspore een. Miskien 'n teken dat ek maar liewers die ompad moet vat. Die Explorer op sy eie is 1.6 ton (gelaai) plus die Patrol. As dinge verkeerd gaan, kan die resultate nie baie goed wees nie. Uit die groep van 6 karre sover is daar 2 Explorers en 2 Comfort Vans. Geen quick resque opsie nie!
Eddie Solomon wrote:Baie dankie almal vir die input. Die enigste clip wat ek sover gesien het met 'n trailer is die Voetspore een. Miskien 'n teken dat ek maar liewers die ompad moet vat. Die Explorer op sy eie is 1.6 ton (gelaai) plus die Patrol. As dinge verkeerd gaan, kan die resultate nie baie goed wees nie. Uit die groep van 6 karre sover is daar 2 Explorers en 2 Comfort Vans. Geen quick resque opsie nie!
Wil nie bang praat nie maar, die was ook, sover ek weet, die laate keer wat Johan Badenhorst 'n sleepwa gehaak het op enige van sy toere.
Gaan na Dag 12 as jy net oor die Doodsakker roete wil lees, andersins vat so twee dae af vir lees en geniet ons storie.
Daar is baie wat ek jou kan se, te veel om te noem, mees belangrukste is om die weer dop te hou, maan fases en spring getui dop te hou, die roete te ry op spring laag, verkies lik n uur voor tot n uur na, as die see kalem is met amper geen winde sal jy nie probleme he nie.
Kontak ook vir Flamingo Lodge en vra hulle wanneer laas die Doodsakker gery was, dit sal n goeie aanduiding wees of klippe oop gespoel is en of die roete wel rybaar is.
As jy soos ons maak, vat maar n Sat Foon saam, ek en my vrou wou anvanklik alleen gaan, op die ou einde het vriende saam gekom, maar ons was reg vir die slegste, as jy vrede maak met die feit dat jy wel jou voertuig kan verloor dan is daar nie veel om oor te bekommer nie.