Page 1 of 2

vh45de

Posted: 28 Oct 2009 09:12
by Theuhan
Ek wil nou sommer stout wees, en is baie lus vir n nuwe generasie v8, maar ek kan darem nie sien hoe kan ek n Lexus in n Datsun in bou nie.
Daar is nou n Nissan vh41,vh45 en vk45de http://en.wikipedia.org/wiki/Nissan_VK_ engine waarvan ek kan kies, en terwyl jy nou die geld uitgee kan jy net sowel die vk45 doen met 240kw ,maar ek het n paar vrae.Is daar enige iemand wat so motor in het.

Re: vh45de

Posted: 28 Oct 2009 09:16
by Engel
ek kyk met groot oe, wil ook so paar perre meer he!

Re: vh45de

Posted: 28 Oct 2009 09:21
by Abri Hoffman
Pierre Becker (Freakazoid) het 'n vh45 wat hy in sy GQ wou sit. Laas keer wat ek met hom gepraat het, het hy gese hy gaan eerder vir 'n LS1 weens die kompleksiteit van die ECU en harnas. Blykbaar is die LS1 baie makliker en gee meer krag.

Re: vh45de

Posted: 28 Oct 2009 13:47
by Theuhan
Ja maar waar kry ek n LS1 en wat gaan hy my kos, ek wou juis die Patrol Nissan hou, maar daai LS1 klink great.

Re: vh45de

Posted: 28 Oct 2009 14:38
by Abri Hoffman
Jong nou vra jy moeilike vrae. Ek luister maar so wat die ander ouens se. My stert jeuk so af en toe om die GQ 'n 4.8 vreter te maak maar dan drink ek 'n glas water en wag dat die gevoel oorgaan.
Kontak vir Pierre, Freakazoid hier op die site. Hy sal jou baie inligting kan gee.

Re: vh45de

Posted: 29 Oct 2009 08:19
by Theuhan
Ek het hom al gePM maar hy het nog nie terug gekom nie, jy het nie dalk ander kontak detail vir hom nie?

Re: vh45de

Posted: 05 Nov 2009 19:13
by Alanvs
I'll tell you how a GU with a 6.0l LS2 goes next year once my installation is complete.

Re: vh45de

Posted: 28 Apr 2010 18:05
by Freakazoid
Hi Theuhan

Jammer ek het nie terug gekom na jou toe nie. laasjaar was "interressant" om die minste te se. Ek het 'n VH45 hier by my maar gaan hom nie inbou nie. My plan was om die Vh aan 'n Navara diesel ratkas vas te bout en dan dit aan 'n dual Patrol transfer case. Die dink agter dit was dat die Vh is Nissan en 'n ongelooflike enjin. Hy is ook baie lig, hy weeg 30kg minder as die VG30 wat in die Sani's kom. Hy bout baie maklik aan die Navara ratkas vas en die is 6 spoed met 1ste rat net so laag ssos die Patrol ratkas. Aangesien jy die hele storie 'n bietjie vorentoe moet skuif was dit die ideale geleentheid om 'n 2de transfer case in te bou wat weer 'n hele klomp ander voordele het.

Ek het baie gesukkle om 'n ECU in die hande te kry vir die VH. Dit is al wat jy kan gebruik. moet nie enige ander ECU gebruik nie. Die Nissan ECU is baie verder gevorder as selfs brands sso Motec, wat jou ten minste R28k gaan kos. Daar is ook baie tunes beskikbaar vir die enjin. ek glo nog dit is 'n baie lekker mod en dit pas lekker in die Patrollie.

Die LS2 mod is aansienlik makliker met adaptor plates en alles maklik beskikbaar. Die enjin is redelik vrylik beskikbaar en parte om die enjin te upgrade is baie maklik beskikbaar. Dit is 'n relatiewe duur enjn, ek dink nie jy gaan maklik onder R50k wegkom nie. Maar dit is nog steeds maklike goedkoop krag met potensiaal om baie krag te lewer as jy geld wil spandeer.

My opsie van keuse op die oomblik is om 'n Duramax met Allsion ratkas in te bou. Die enjin en ratkas is ook relatief duur. Pryse wissel van US$6000 tot en met $14000 vir 'n basies splinternuwe setup. Die Patrollie transfer case is al deur 'n paar ouens in Oz aan die Allison vasgebout met sukses. Om jou 'n idee te gee van performance. 'n Stock standard Duramax sleep 'n GU patrol teen 12 sekondes by die kwartmyl af. As jy beign toor met die enjin, wat basies exhaust en chip is dan doen jy gou gou 650hp en 1200Nm. As jy NOs en of met turbo etc speel, sonder om enjin oop te maak. Kan jy 800hp doen en oor die 2000Nm. So jykan verstaan dat dit nogal tempting is om hierdie opsie te oorweeg.

Re: vh45de

Posted: 29 Apr 2010 13:57
by JG Shields
Dis dalk die moeite werd om ook vas te stel wat die arabiere in Dubai (en omgewing) met die Patrols maak. Hulle vat splinternuwe Patrols, gooi die enjins uit en bou MAKRO kragbronne in waarmee hulle in die woestyn speel. Weet iemand dalk meer hiervan af?

Re: vh45de

Posted: 29 Apr 2010 14:08
by Freakazoid
Hulle gooi nie die enjins uit nie, hulle toor hulle met superchargers en turbos tot en met 1000hp. Maar dit kos geld. Daar is 'n mooi stroker kit vir die 4.8 wat blykbaar 'n hele paar perde bysit en dan kan jy hom turbo tot 800hp soos ek verstaan. Jy kan dit Google, daar is baie fotos en videos van hoe daai 4.8's jaag. daar is selfs 'n video van 'n Patrollie wat 'n Murcielago wegry.