Page 1 of 1

Pierre Lombard (PierrePille)

Posted: 06 Oct 2009 11:57
by Gerrit Loubser
1. Full Name: Pierre Lombard

2. Nickname: Pille

3. Home Town: Richards Bay, South Africa

4. Home Language: Afrikaans

5. Occupation/Business: Pharmacist

6. Family status: Married, 1 child

7. Membership - Other 4x4 Clubs and Forums: Nissan 4x4 forum, Patrol4x4.com forum

8. Current 4x4: 1998 Nissan Patrol Y60 4.2d Pick-up, 1995 Land Rover 110 Defender Tdi CSW

9. Current Mods:
Patrol: Rust Evader, Aircon
Land Rover: 235x85R16BFG A/T; extra fuel tank; BTM Bullbar; 9000lbs Warn Winch; Detroit rear locker; strengthened half-shafts; diff guards, bash plate, African outback roofrack; Roller drawer system, Takla seatcovers, Rust Evader, useless Hella Ralley 3000 spots, hawkins 1000w inverter, National Luna double battery system.

10. Mods on Wish List:

11. Vehicle on Wish List:

12. Previous 4x4's: 1982 Datsun Safari pick-up

13. Last 3 Offroad or Overland Destinations:

14. Your favourite destination: Botswana, Namibia

15. Other Hobbies:

16. GPSr and Map Data used: Tracks 4 Africa

17. Rate Your 4x4 Experience: Intermediate

18. Online Photo Site:

19. Photos of you and your vehicle:

Re: Pierre Lombard (PierrePille)

Posted: 06 Oct 2009 11:59
by Gerrit Loubser
Baie welkom hier, Pierre. Dit is lekker om nog 'n Zululander hier welkom te heet.

Ek hoop nie dat jy omgee dat ek namens jou 'n bekendstelling geplaas het nie.

Groete

Gerrit

Re: Pierre Lombard (PierrePille)

Posted: 06 Oct 2009 12:25
by Jules
:woo: Welkom Pierre, jy moet nou net dieselfde fotos hier laai wat jy op Nissan4x4 gelaai het. Ek glo jy gaan dit geniet hier tussen die Patrol manne al is jou anner voertuig n LR :helpsign: maar ons weet jy is in die proses om dalk nog n Patrol SW aanteskaf :clap: .

Richardsbaai is nou redelik goed verteenwoordig nou die manne wat nog hier ronsluip in hul Patrol's vastrek onder andere kleinboet Pilletjies :thumbup: .

Groete
Jules :thumbup:

Re: Pierre Lombard (PierrePille)

Posted: 06 Oct 2009 13:23
by JohnBoyZA
Hallo Pierre

Baie welkom - nog n RBaai man, eish!

:thumbup:

Re: Pierre Lombard (PierrePille)

Posted: 06 Oct 2009 18:44
by JG Shields
Welkom Pierre!

Re: Pierre Lombard (PierrePille)

Posted: 06 Oct 2009 20:19
by G-MAN
:welcomewave: Pierre.

Re: Pierre Lombard (PierrePille)

Posted: 07 Oct 2009 10:48
by Hermi
Baie welkom Pierre

Re: Pierre Lombard (PierrePille)

Posted: 07 Oct 2009 11:10
by Herrie
Baie welkom!!!!

Re: Pierre Lombard (PierrePille)

Posted: 10 Oct 2009 12:03
by PierrePille
Hallo almal

Baie dankie vir die vriendelike verwelkoming - voel sommer klaar tuis man.
Soos Julius se, ons R/Baai manne - dalk sommer ons Zululanders - moet een of ander tyd bymekaar kom en 'n naweek uitstappie of iets beplan. Waai die Patrol manne ok vir mekaar soos die Defender manne? Hulle kan maar want julle klink almal na 'n paar smart ouens.

Julius, my vrou wil miskien 'n oorval kry as sy hoor die Landie (Daisy... Daisy die Melktier; vernoem na Daisy de Melker want 'sy' is verantw vir 'n stadige maar gewisse vergiftiging vsn my bankrekening...)kos al weer geld, maar wat bedoel jy met :helpsign: ?! Sy's miskien stadig maar sy ry oral en deur alles - jy weet mos. Hou nou maar duim vas dat ek daai Patrol innie Kaap gekoop kan kry - ma sal gelukkiger wees, en jy gaan 'n 'vinniger' kamera moet kry...

kan ek julle manne vra om my 'n idee te gee wat 'n GU Patrol se onderhoud is, en waar laat julle die voertuie diens? My 4.2d Y60 (bakkie) kos my net sy dienste, wat ek huidiglik nog deur Nissan in Emp laat doen. Dis nou 'n uiters betroubare voertuig - wil net nie nog 'n Landie koop nie. Dit is lekker om met hom in die veld te ry - en oral te kan ry - maar die onderhouskostes raak nou buitensporig - en dis nie eens Land Rover wat hom diens nie.

Groete
Pierre
p.s weet julle hoekom almal na hulle vrouens as 'swambo" verwys? Klink amper soos 'n terroriste organisasie...? :lol:

Re: Pierre Lombard (PierrePille)

Posted: 10 Oct 2009 14:54
by Gerrit Loubser
PierrePille wrote:Soos Julius se, ons R/Baai manne - dalk sommer ons Zululanders - moet een of ander tyd bymekaar kom en 'n naweek uitstappie of iets beplan.
Goeie plan, ja :thumbup: .

PierrePille wrote:Waai die Patrol manne ok vir mekaar soos die Defender manne?
Die waai-kultuur is nie so gevestig as onder die Landie-manne nie, maar daar is 'n hele paar Patrollers wat mens vriendelik groet.
PierrePille wrote:p.s weet julle hoekom almal na hulle vrouens as 'swambo" verwys? Klink amper soos 'n terroriste organisasie...? :lol:
Dit is veronderstel om te staan vir "She Who Always Must Be Obeyed". Ek stem nie daarmee saam nie en gebruik die akroniem self nie.