Page 1 of 2
My GQ idle te vinnig
Posted: 23 Jul 2015 22:43
by Jules
Bietjie hulp benodig
Ek het my lorrie laat diens 300 000km en het hom vannaand gaan haal hy idle erg erg vinnig wat kan moontlike oorsake wees ? Die mech het die P.C.V. filter ( hy sit in die airfilter housing ) skoon gemaak asook petrol filter vervang , as die kar koud is start hy glad nie tensy mens nou die choke uittrek en as hy warm is idle hy teen 1000 - 1100 rpm. Die petrol filter is egter nie die Nissan een nie , weet nie of dit n problem is nie
Enige raad sal verwelkom word
Shalom
Re: My GQ idle te vinnig
Posted: 24 Jul 2015 05:58
by Peter Connan
Check eerste die timing.
Ek glo nie dis een van die filters se skuld nie.
Re: My GQ idle te vinnig
Posted: 24 Jul 2015 06:00
by Tinus lotz
Kom ons wag vir die manne wat al gesukkel het met daai......druk die choke al die pad terug? ???
Re: My GQ idle te vinnig
Posted: 24 Jul 2015 06:03
by Peter Connan
Tinus het 'n goeie punt: maak die lugfilter boks oop, en kyk dat die choke heeltemal oop maak (die butterfly moet regop staan sodat dit nie lug-vloei belemmer nie).
Re: My GQ idle te vinnig
Posted: 24 Jul 2015 09:50
by Jules
Moet die butterfly regop staan as die choke in die kar uitgetrek is ? Ek moes nooit in die verlede behalwe as dit vrek koud is die choke gebruik nie , nou kan ek nie die voertuig start as die choke nie uit is nie ?? Sakkie( mechanic ) het genoem dat hy ook sekere pypies vervang het wat naby perishable was en in die enjin bay regvoor bestuurder is daar blykbaar die Automatic Idling Control Valve wat hy vermoed die probleem gee. Die manual choke werk en die bottervlieg maak reg oop en toe . Kan dit dalk die vonkprop drade wees wat nou ewe skielik opgepak het ?
Shalom
Re: My GQ idle te vinnig
Posted: 24 Jul 2015 10:09
by Tinus lotz
Nee jules jy sal hoor hy mis ect dink daai vacuum pypies kan dalk verkeerd terug wees of so iets .....met daai brandstof verbuik van jou moet mens nie naby daai carb karring nie...lol
Re: My GQ idle te vinnig
Posted: 24 Jul 2015 12:38
by Herrie
Ek wonder ook of die pype op die regte pleke terug gesit is.
Re: My GQ idle te vinnig
Posted: 24 Jul 2015 14:00
by Peter Connan
Die automatic idle control valve behoort net te werk as die lugversorger aan is. Maar om te check of dit hy is, plug net een van sy pypies uit en sien of dit help. Myne is lankal ge-perish en ek kry nie ordentlikke pyp om dit mee te vervang nie.
As die vacuum pype verkeerd opgesit is kan dit groot gesukkel afgee. In die manual is daar 'n prentjie wat wys waar alles moet gaan.
butterfly moet regop staan as die choke ingedruk is, nie uitgetrek nie!
Re: My GQ idle te vinnig
Posted: 24 Jul 2015 22:32
by Jules
My GQ se AIC het net een pypie ???
Shalom
Re: My GQ idle te vinnig
Posted: 25 Jul 2015 08:27
by Peter Connan
Is waar ja.
Maar ek bedoel al die pype, veral die tussen die vergasser en die altitude compensator. Maar ook die vacuum advance, en die wat air filter boks toe gaan.