Page 1 of 3
Tyd vir nuwe bande
Posted: 17 Nov 2014 15:46
by Ratau
Ek is in die mark vir nuwe bande (265/70/16) op my Nissan Patrol wat 70% op teer as gesins voertuig gebruik word. Het die volgende pryse gekry:
Maxxis AT980 @ R2225.
Ek ooweeg ook die Maxxis AT700 maar het nie pryse nie.
Cooper Discoverer A/T3 @ R2150 (goeie prys, gem. R2600)
Goodyear Wrangler A/T SA @ R1700.
Enige terugvoer of voorstelle oor padhou vermoë en band leeftyd?
Re: Tyd vir nuwe bande
Posted: 17 Nov 2014 23:12
by Tinus lotz
Ok bande is nie net bande nie .....kyk na die coopers maar eerder die st max reeks het 3 lae staal in side walls goeie band vir billike prys werk goed mr boegman gebruik hulle op sy toets masjiene baie goeie terug voer lowrens het n stel op agarob en heel gelukkig.....pm my as jy beter pryse will he ...maxis is great in die veld maar baie hard gly kwaai op die teer....net my opinion

Re: Tyd vir nuwe bande
Posted: 18 Nov 2014 08:04
by AndriesS
Hoekom nie vir 285's gaan nie, daai olie masjiene het mos baie krag?
Re: Tyd vir nuwe bande
Posted: 18 Nov 2014 18:22
by Ratau
AndriesS, wat weet jy wat ek nie weet nie, waar sit ek daai "Boost" knoppie aan??
Dankie Tinus, ek maak so.
Ander manne sê Maxxis AT980 is sag en slyt vinnig af. Daar is so baie menings dat dit 'n mens net meer deurmekaar maak.
Re: Tyd vir nuwe bande
Posted: 19 Nov 2014 10:12
by AndriesS
Ek sien julle olie manne wil altyd ons petrolmanne aanvat, so ek aanvaar daai trekker engine het darem genoeg poeier om n paar groter bande te draai. :-)
Re: Tyd vir nuwe bande
Posted: 19 Nov 2014 20:34
by Stefan
Me too. Decision made, watch this space...
Re: Tyd vir nuwe bande
Posted: 20 Nov 2014 19:55
by Jorrie
Ek dink die ST Max is die beter opsie.
Re: Tyd vir nuwe bande
Posted: 20 Nov 2014 20:40
by Kagiso II
GENARAL GRABBERS A/T .. rated BEST out of 15 A/T makes [Leasure Wheels .. laasjaar Sept ]
Re: Tyd vir nuwe bande
Posted: 20 Nov 2014 20:47
by Stefan
Wat prys die generaal sy bande?
NS. Het oompie dalk 'n afskrif van daai artikel?
Re: Tyd vir nuwe bande
Posted: 20 Nov 2014 21:26
by Tinus lotz
Ons almal ken die koerant manne .....hulle skryf oor dinge wat hulle glad nie verstaan of van weet nie daai tire toets is net so goed soos om gim klere vir n eskimo te gee en te vra wat dink hy. .....nee regtig ....
Die 4x4 tydskrifte maak my wiele pap