Page 1 of 2
Vibration in rearview mirror of background
Posted: 13 Jun 2014 08:49
by Jules
Goeie more allemal
Ek het n vibrasie in my rearview mirror, is dit die propshaft wat gebalanseer moet word ? Het vanoggend my sleepwa werk toe gebring om my bande te roteer en met die gewig van die sleepwa was daar toe geen vibrasie in die rearview mirror nie ?
Shalom
Re: Vibration in rearview mirror of background
Posted: 13 Jun 2014 10:32
by Kagiso II
Propshaft
Agter wheelbearings
"play" in diff / side shafts
Wielbalnsering agter
As hy net tussen 80 en 110 vibreer IS dit die propshaft .. as die "band" wyer as dit gaan .. kan dit enigiets anders ook wees .. selfs n roof rack wat se alle pote nie reg ge anker is nie
Re: Vibration in rearview mirror of background
Posted: 13 Jun 2014 10:38
by Jules
tHANKS Oom Mac, nou hoekom noem jy so baie dinge !!! ek wil net een probleempie hê om uittesorteer
Shalom
Re: Vibration in rearview mirror of background
Posted: 13 Jun 2014 10:52
by Kagiso II
Ughmmmmmm -- Watter twee getalle bymekaar getel sal die antwoord "10" gee ???
Begin maar by die maklikste ? Op watter spoed dans die spieeltjie ?
Voel metti hand of die universals nog cosher is .. [het hulle nie eens genoem nie :-( ]
Re: Vibration in rearview mirror of background
Posted: 13 Jun 2014 10:59
by Jules
Waar sit die universals ? spieel gewoonlik hier bo 60 maar sal vanmiddag weer bietjie kyk om seker te maak
shalom
Re: Vibration in rearview mirror of background
Posted: 13 Jun 2014 11:59
by Tinus lotz
Jules klim onder jou kar in skud die propshaft ....as daar play op is sal jy dit voel ...wanneer jy weg trek en dit maak klang gewoonlik universal joints op die prop sal lawaai
Re: Vibration in rearview mirror of background
Posted: 13 Jun 2014 15:17
by Peter Connan
Jules, as dit 'n nuwe verskynsel is, is die kanse 80% dat jou u-joints in die agterste propshaft besig is om kennis te gee. As dit nie dit is nie, le nog 15% van die kanse by wiel balansering of 'n wiel wat nie rond is nie.
Die ander 5% is al die ander goed wat Oom Mac genoem het....

Re: Vibration in rearview mirror of background
Posted: 14 Jun 2014 15:47
by Kagiso II
Jules -- julle het laasweek gaan speel .. is die "vibrating mirror sindrome" van voor dit of na dit ?
Re: Vibration in rearview mirror of background
Posted: 15 Jun 2014 10:59
by bogeyman
Jules,
Maak seker jou voorste propshaft is los. As jou freewheel hubs uit is en oordra ratkas is in 4h , moet hy met die hand gedraai kan word.
Die beste manier om "universal joints" te toets , is om die dryf as af te haal en dan die twee ente heen en weer te beweeg.
As daar grofheid of speling is , is hulle dood.
Groete.
Re: Vibration in rearview mirror of background
Posted: 16 Jun 2014 19:23
by Stefan
Is die spieeltjie nie dalk los nie?