Page 1 of 1
Grooter Compressoer vir Casper
Posted: 03 Sep 2009 13:20
by Nico Nell
Wel, nou het ek myself voorgestel, so nou is dit tyd vir die vrae om te begin.
Die topic het betrekking tot Christo se post :
http://www.patrol4x4.co.za/viewtopic.php?f=56&t=450.
1. Wat ek graag wil uitvind is waar sal ek so tipe compressor teen 'n billike prys kan kry?
2. Hoe groot sal ek moet gaan as ek al vier wiele (31x10.5x15) gelyk sou wou opblaas?
3. Waar in JHB is daar verskaffers van compressor parte ie, hose, conectors, clamps, etc?
Ek sal vanaand 'n bietjie kyk hoe groot tenk ek onder Casper sal kan sit en môre die kiekies opsit.
Re: Grooter Compressoer vir Casper
Posted: 03 Sep 2009 13:45
by Rittelin
Persoonlik sou ek so 'n 'mod' gelos het tot ek eendag my droom Patrol of Cruiser (haha) het!!
Behalwe natuurlik as jy elke dag moet wiele op en af blaas...??
Ek gebruik tans die Fini Flash (rooie) wat nogals 'n beer is (maar was destyds R3500).
Dit pomp darem 165L/min maar trek net VREK baie krag!!
Die nuwe generasie ARB pompe ook nie sleg nie, maar die kenners reken 'n ou moet 2 he!
- ook nie vd goedkoopste nie!
Daar is min (van die rak-af pompe) wat meer as een wiel GELYK kan pomp (unless jou dit via 'n sub-tank doen).
Bottom line, vir die time-being, invest net in 'n gewone dubbel-kop T-Max (of Midas) jobbie vir onder 1000 bokke en los die fancy tanks, pype, krane, Fini's & ARB's vir jou Patrollie eendag.

Re: Grooter Compressoer vir Casper
Posted: 03 Sep 2009 13:54
by Nico Nell
Thanks Jacques,
Sien, ek wil so iets nou doen, dan kan ek eendag oorplaas of dupliseer innie Patrollie.
Ek het oppie oomblik 'n Bushwacker single head wat 75lpm doen, dit vat my so 15min om al vier bande van 1,2 na 3,0 op te blaas. Al doen ek vir nou 'n setup soos wat Christo gedoen het, sal ek baie happy wees
Ek haat die storie dat die flippen kabel nie lank genoeg is, die geel coil hose pipe doen dit nie meer vir my

Re: Grooter Compressoer vir Casper
Posted: 03 Sep 2009 18:44
by Abri Hoffman
As jy ernstige pompkrag soek is jy beperk tot Viair, Fini, ARB en Warn.
Die meeste ander begin erg swaar kry teen 1.5bar maak nie saak wat die flowrate is nie sodra die druk hoog raak begin hulle snak na hul asem.
Volgorde van prys laaste keer wat ek gekyk het is ongeveer.
Warn Powerplant - R15 000 (maar dit sluit 'n winch in)
Viair - R4500
Fini - R3500
ARB - R3000
Performance: Airflow at pressure - L/Min at 2 bar
Warn - 252 @ 6bar
Fini - 166 @ 2 bar
ARB - 66 @ 2 bar
Viair - 43 @ 2 bar
Size and weight mm and kg
ARB - 142 x 190 x 96 - 4.5kg
Viair - 292 x 110 x 165 - 5kg
Fini - 330 x 190 x 270 - 8kg
Warn Powerforce - 618 x 179 x 342 - 46kg
Photos
ARB
Viair
Fini
Warn

Re: Grooter Compressoer vir Casper
Posted: 04 Sep 2009 08:35
by Rittelin
Mooi details Abri dankie!
Ek kan die Fini (in die Kaap kry vir R2995+vat) = R3400 (as mens meer op een slag koop), kom dit af na so R3300 incl. elk.
Die ARB (soos hierbo) koop ons deur Burnco vir so R2800 elk. Ook baie nice pompe (en pas lekker in die engine bay)
Ek pomp my bande (Cooper STT 285/75/16's) van 0.5 bar (in die duine) na 2.5 bar (met die rooi Fini soos hierbo) binne 2min/band.

Re: Grooter Compressoer vir Casper
Posted: 04 Sep 2009 09:41
by Nico Nell
Thanks Abri
Ek was verkeerd, ek het 'n Bushranger Black Max.
Ek sal graag daai WARN Powerplant wil hê, maar jis sal my CAMILs die gewig van die Powerplant kan hanteer? Ek sal dan ook eers 'n Replacement Bullbar moet opsit
Ek het gedink, miskien moet ek my Boiler maker vriend vra om vir my 'n cylinder te bou. Maar dan nou my vraag is, sal my Bushranger die job kan doen om die tenk vol te maak? Of is ek nou net besig om na strooi helms te gryp?
Ek het nooit kiekies geneem gister, vas te besig om palm takke na die vullis verf te neem.
Re: Grooter Compressoer vir Casper
Posted: 04 Sep 2009 10:54
by Rittelin
Ek dink daai pompie v jou gaat maar sukkel om 'n tank (onder druk) vol te kry / vol te hou...!?
I.p.v. een laat maak, gaan koop eeder vir jou 'n 10L air tank by Grammel Tech.
Dis @#$% duur maar daai is "die Koejawel vir Sannie", glo my!!

Re: Grooter Compressoer vir Casper
Posted: 04 Sep 2009 10:59
by Rittelin
Ek sal graag daai WARN Powerplant wil hê
Ja/nee, daai Warn dual is BAIE COOL, maar vir 14 000 bokke weet ek darem nie jong!!??
Vir onder R10k kan jy 'n baie nice winch, asook 'n kwaai lugpomp aanskaf (en met die kleingeld selfs al die drade, pype, connections, ens. aanle)!

Re: Grooter Compressoer vir Casper
Posted: 04 Sep 2009 11:07
by Nico Nell
Rittelin wrote:Ek dink daai pompie v jou gaat maar sukkel om 'n tank (onder druk) vol te kry / vol te hou...!?
I.p.v. een laat maak, gaan koop eeder vir jou 'n 10L air tank by Grammel Tech.
Dis @#$% duur maar daai is "die Koejawel vir Sannie", glo my!!

Waar sal ek 'n verskaffer van so airtank hier in JHB kry?
Ja nee kyk, daai Powerplant sal mens iets anders mee kan kry. 'n Lekker 12000Lbs WARN en dan 'n lekker ARB pomp miskien.
Re: Grooter Compressoer vir Casper
Posted: 04 Sep 2009 11:13
by Abri Hoffman
Nico dis wat ek ook gedink het maar kyk bietjie die prys van Warn produkte. Ek is net nie oortuig dat ek 'n winch nodig het nie anders was daai powerplant lankal op die shopping list.
http://www.iwarehouse.co.za/automotive- ... ad-winches
Airtank kan jy kry by Air Spring Supply Company in Kemptonpark
http://www.airspringsupply.co.za
Praat met Andre of Duppie