Page 1 of 1
Opsoek na, gu swb
Posted: 28 Mar 2014 15:24
by Andre Steyn
Eks opsoek na ñ swb gu, dink hulle was so rondom 1999. Skynbaar vrek skaars. So ek sal selfs een koop met ñ doeie enjin.
Re: Opsoek na, gu swb
Posted: 28 Mar 2014 16:25
by Tinus lotz
Hoender tanne ....ek weet net van tabbies sin glo nie nissan het hulle ooit self ingevoer nie....? Baie in moz en swazi land gesien maar invoer is baie duur?
Re: Opsoek na, gu swb
Posted: 28 Mar 2014 16:43
by Andre Steyn
Ai dis nou baaaaie jammer, wonder hoekom hulle nooit swb's ingevoer RSA toe nie. Watse engines het hulle ingehad? Ek oorweeg nogal die self invoer veral as jy sê daar is van hulle in afrika.
Re: Opsoek na, gu swb
Posted: 28 Mar 2014 20:34
by Cooper
Andre
Google Springbokimports. Hulle sal jou die beste raad kan gee. Sal graag wil hoor wat jy uitvind.
Sterkte
Re: Opsoek na, gu swb
Posted: 30 Mar 2014 10:39
by Andre Steyn
Ek het so bietjie gaan google, en so 3 maatskappye wat import export, springbok een van hulle gemail. So ek wag vir terugvoer, daar is nogal redelik swb's die wereld vol dubai se modelle is die room van die lot, top spec maar almal petrol. Baie diesels in japan, RD28DDTI met al die bells, cheap ook voor al die kostes. So R60000 vir ñ 99 met baie lae kilos, lyk my die mense loop of trap meestal fiets daar.
Re: Opsoek na, gu swb
Posted: 30 Mar 2014 14:16
by Tinus lotz
Wil jy n speelding van hom maak ? Of hou jy net van die kort een?
Re: Opsoek na, gu swb
Posted: 30 Mar 2014 19:18
by Andre Steyn
Jong, ñ speelding en ek soeko hom vir my amper aanstaande vrou. Plus hy is volgens syfers baie lig op diesel ek lees so 8.5l/100km.
Re: Opsoek na, gu swb
Posted: 31 Mar 2014 21:11
by Zantus
As jy 'n manier kry om een in te voer, deel asseblief met ons...ek sal kort op jou hakke wees om een in te bring.