Page 1 of 2
Boost Sensor Installed
Posted: 27 Aug 2009 01:56
by Pieter du Toit
I had the Boost sensor compatible with the EMS 2 monitoring system installed (once again thank you to Frans Fourie). The EMS 2 monitor is an expensive monitor - but the options the monitor offers for various monitoring aspects is incredible. The boost installation was pretty simple and the sensor (vdo type) connects with two wires - one ground and one wire to the monitor - and it works very nice!!! This is what it looks like:
The monitor inside the car
The monitor up close
The VDO Boost Sensor installation (bought from control instruments in Epping)
The VDO Sensor up close
Currently I monitor the follow functionality from one monitor:
Battery voltage meter with a high and low alarm setting
Vehicle running hours
EGT Degrees with a high alarm @ 750 degrees
Boost with a high alarm @ 1.2 bar
Pitch and Roll
Artificial Horizon
The monitor allows you to either page through each screen yourself or automatically display each screen with a time setting from 1 sec up to 60 sec per screen. Other functionality on the monitor still available:
Oil Pressure
Coolant level allowing for off road purposes
Auxillary realay for switching on a fan or something similar.
I will post photos later of each screen display - but it is a nice all in one monitor if you going to use the functionality of it.

Re: Boost Sensor Installed
Posted: 27 Aug 2009 07:35
by KOOS BEST
Baie mooi, Pieter dit is die belangrikste meter(EGT EN BOOST) wat mens in enige Diesel enjin voertuig moet installeer.
Het julle slegs die pyp vanaf die intercooler geboor en drrad gesny vir die sender eenheid?
Magtig slaap jy nie , ek sien jy was 2uur vanoogend op.
Koos
Re: Boost Sensor Installed
Posted: 27 Aug 2009 08:59
by Saltman
Kerels
Ek is nou so bekommerd, ek sal nou dadelik moet gaan kyk waar pas ek die 4.8 se boost sensor ... O julle meen ek sal eers 'n turbo en intercooler moet insit ...
Nee kyk, as daai uitlaat temperature nie reg is, dan is dit enige diesel se einde!
En moenie die coolant level monitor se waarde onderskat nie - my Disco het 'n tantrum gegooi en sy head gasket geblaas. Die disco het 'n EMS 1 op.
Dit het so vinnig gebeur dat teen die tyd dat die masjien sy druk in die water circuit oorgedra het en die heater se waterpyp afgeskiet het en al die verkoelingswater daar uiteloop het - onthou my waterpomp het nog lekker saamgehardloop - toe het die EMS eers gereageer op 'n low level alarm en die EMS se temp het net daarna gereageer met 'n alarm.
Die voertuig se temp meter op die dashboard het toe nog nie eers 'n temp verskil geregistreer nie! Dit was klaar te laat en ek moes die kop oorbou!
Duur les, so leer maar die pilots se mantra: "TRUST YOUR INSTRUMENTS".
Lekker dag
Re: Boost Sensor Installed
Posted: 27 Aug 2009 10:57
by Pieter du Toit
Hello Koos,
Nee jong as ek op n "mission" is dan pla tyd my nie - het 03h00 eers in die bed geklim!!!
Dis reg - ons het net n gat in die pyp van die intercooler af geboor en draad gesny vir die VDO sensor - die sensor gegrond op die enjin blok en die ander draad deurgetrek monitor toe, opgekoppel en walla - job done!!!

Re: Boost Sensor Installed
Posted: 27 Aug 2009 17:17
by Pieter du Toit
Duur les, so leer maar die pilots se mantra: "TRUST YOUR INSTRUMENTS".
VERY TRUE WORDS THOSE - PILOT'S LIFE MOST TIMES DEPEND ONLY ON INSTRUMENTS!!

Re: Boost Sensor Installed
Posted: 27 Aug 2009 22:14
by ChristoSlang
Pieter, ek het 'n EMS 1 in my Patrol en daai ding is voorwaar wonderlik! Dit is ook baie handig dat hy die senders se maksimum lesings stoor vir vinnige naslaan (dan sien jy daai 90 grade helling was toe eintlik net 37 grade!).
Myne meet ook die "coolant temperature" (via 'n VDO sender wat perfek inskroef in 'n bestaande opening bo-op die termostaat housing), "coolant level" (baie maklik om te doen, verg nie eens 'n sender nie) en "oil pressure" (via 'n 5 bar VDO sender, asook die kar se bestaande oliedruk skakelaar). Ek wag nog vir die ouens om my te laat weet wanneer hulle eendag die sump adapter vir ons karre inkry sodat die ding olie temperatuur ook kan meet
Jy kan ook jou bestaande oliedruk skakelaar gebruik saam met die EMS 2, dan het jy 'n backup monitor (met alarm & LED) ingeval jou oliedrukliggie op die dash onwetend die gees sou gee. Omdat die EMS sensors net een pressure input kan hanteer kom ek maar vir eers klaar sonder die turbo boost - sal dalk later 'n aparte meter insit. Soos die EMS ouens opgemerk het: "A turbo failure is irritating, but an oil-pressure failure is expensive!"
PS: Myne se relay output skakel die intercooler fan outomaties aan & af wanneer die enjin warm begin kry, 'n beter plan as die skakelaar op die dash soos eers die geval was...
Re: Boost Sensor Installed
Posted: 28 Aug 2009 13:45
by JG Shields
Nou weet ek waarom ek op hierdie forum afgekom het. Pieter, help my asb.
Ek aanvaar die bestaande "Boost Sensor" is nie betroubaar nie, daarom die vervanging met 'n ander een. Twee vrae:
1. Het iemand al probleme met die bestaande sensor gehad en wat is die simptome? Ek het myne al meer as een keer vervang en ek vermoed ek het steeds 'n probleem.
2. Toe jy jou eie sensor installeer het, wat het jy met die oorspronklike een gedoen? Net daar gelaat? Afgeblok?
Ek sien ook heelwat geselsies oor die MAF sensor op die forum. Ek het ook al self sensors uit Auz gekoop vir 'n 10e van die SA prys en baie vinner afgelewer as wat Nissan dit in SA vir my kan kry. Ek het ook al my ou MAF met "Carb Cleaner" skoongespuit sonder om die plaatjie aan te raak. Puik resultate!!!
Re: Boost Sensor Installed
Posted: 28 Aug 2009 14:25
by KOOS BEST
JG , jou voertuig kom nie met n Boost Pressure Gauge uit nie. Daar is geen meter waarop jy dit kan lees nie, slegs jou ECU sal n abnormale probleem aandui deur die enjin fout liggie op die paneelbord. As jy se jy het die sensor vervang praat jy , eks onder korreksie hier van iets anders ek dink.
JG, graag wil ek by jou verneem wat se simptone het jou voertuig gehad met die foutiewe AFM?
Re: Boost Sensor Installed
Posted: 28 Aug 2009 16:25
by Pieter du Toit
JG wrote,
Ek aanvaar die bestaande "Boost Sensor" is nie betroubaar nie, daarom die vervanging met 'n ander een.
JG soos Koos uitgewys het geen voertuig kom standaard met n boost sensor nie - dis n "aftermaket" installasie wat ons self doen. Ek (Frans Fourie) het n gat in my pyp van die intercooler afgeboor - draad gesny en toe n boost sensor daarin geskroef wat nou aan die EMS monitor binne in die voertuig gekoppel is (Kyk na die fotos in die post). Jy hoer nie die "fancy" EMS monitor in te sit nie en kan net n gewone VDO Boost Meter ook insit - dit hang als af van wat jy graag wil monitor.
Ek weet ook nie watter sensor jy vervang het nie maar dit kan nie n boost sensor gewees het nie - tensy jy die voertuig 2de hands gekoop het en die vorige eienaar alreeds een in gesit het.
Help dit???

Re: Boost Sensor Installed
Posted: 28 Aug 2009 16:32
by Pieter du Toit
Christo,
Hoe lyk dit met n paar fototjies van jou setups - ek gaan ook nog kyk na die coolant level & temp monitor funksie - maar op hierdie staduim wil SWAMBO my net met die koekroller bykom as ek se PATROL - want dis net $$$$ wat waai!!!
Dis jammer die ems monitors kan nie meer as een pressure monitor nie - anders het ek ook die olie druk een gedoen. Sal miskien maar later kyk na n aparte monitor vir dit.