Page 1 of 1
Hard Spare Wheel Cover
Posted: 19 Apr 2009 06:21
by Gerrit Loubser
I have a plastic spare wheel cover that came with my Patrol that I am offering free of charge to anyone that might be interested; just bear in mind that I am in Richards Bay...
It will easily fit 31" tyres, but does not fit my 285/75R16 BFG MTs (33"). It is not in perfect condition, but definitely useable/fixable and the wording says "Patrol 4x4". The colour is black.
Any takers?
Re: Hard Spare Wheel Cover
Posted: 19 Apr 2009 07:55
by Saltman
Gerrit
Soek nou vir ons een wat 285/75/16 sal akkommodeer!
Anyone know whether there is a hard cover available that will accommodate the 285's?
If there is such an animal available, will it fit in the space where the standard 275/70/16 wheel & tyre fits?
Cheers
Herbie
Re: Hard Spare Wheel Cover
Posted: 22 Apr 2009 09:51
by JohnBoyZA
Hoekom?
Wat van n Patrol4x4.co.za softcover? :)
Re: Hard Spare Wheel Cover
Posted: 22 Apr 2009 09:58
by Gerrit Loubser
Goeie plan, John! 8-)
Patrol4x4.co.za soft spare wheel cover
Posted: 22 Apr 2009 15:52
by Saltman
ek is nie mal oor 'n soft cover nie want ...
... ek moes my agterdeur respray daar waar die vorige eienaar 'n soft cover opgesit het wat teen die agterdeur geskuur het! Lelike kolle op die deur reg rondom die band se omtrek! Ek het nou al 'n 12 mm aluminium spacer ingesit om die band verder weg te kry van die bakwerk af. Hopelik sal dit voldoende wees wanneer ek 285/75/16's opsit!
So wat van 'n Patrol4x4.co.za harde cover om die band te beskerm?
'n Ander opsie is 'n canvas cover wat dan sommer ook 'n braairooster sak kan vat. Dis maklik om so een te laat stik met 'n logo / adres op.
Ek het al 'n campcover canvas weergawe gesien wat lekker plat teen die band trek (voor en agter). Ek sal val vir so een!
Re: Hard Spare Wheel Cover
Posted: 22 Apr 2009 17:35
by JohnBoyZA
Ek het my harde cover so 2 maande terug ook weggegee. Behalwe dat die 275/70R17 nie in hom gepas het nie, hou ek net nie van die 'look' nie.
Lelike kolle op die deur reg rondom die band se omtrek
Ek het nou nie daaraan gedink nie.
'n Ander opsie is 'n canvas cover wat dan sommer ook 'n braairooster sak kan vat.
Dis nou ʼn puik idée. Sal bietjie daarna kyk. Ek is nou net klaar met die ‘Photo Gallery’ mod en dit was nogal ʼn storie. Ek dink ons moet volgende besluit op ʼn finale forum logo. Die een op die tuisblad het ek vinnig aanmekaar geflans en ek sal nog ʼn paar voorbeelde pos. Dan, stel ek voor ons druk n paar plakkers ens.
Re: Hard Spare Wheel Cover
Posted: 27 Apr 2009 17:36
by Vaatjie
Dit klink nice. My vrou het 'n paar industriele imbroider masjiene en sy kan help met logos op klere, hemde, canvas spaarwiel cover en selfs sitplek oorteksels.
Re: Hard Spare Wheel Cover
Posted: 28 Apr 2009 11:12
by Stefan
Ek's keen op 'n sagte cover met 'n sak.
Ek sal verkies dat dit die hele band toemaak en nie net die boonste 1/4 soos van die campcover modelle wat ek al gesien het nie. Die rede hiervor is dat ek 'n bracket gemaak het wat die waarskuwings drieoeke en x wiel-spanner in die rim van die spaarwiel vashou, maar cover word benodig om ongewenste aandag daarvan af te hou.
Re: Hard Spare Wheel Cover
Posted: 29 Apr 2009 06:18
by Saltman
Stefan, ek stem nogal vir daai een.
Ek verkies ook dat die hele band toe is, maar dis meer vir son beskerming as enigiets anders. Ek het met die Land Rovers al gesien wat die son aan 'n rubber compound doen!
Hoe lyk jou bracket wat in die rim pas? Bout dit vas op dieselfde gate as die vellling?
Re: Hard Spare Wheel Cover
Posted: 30 Apr 2009 10:39
by Stefan
Hi Soutman,
Ek het 'n bracket gemaak met 'n gat in wat agter die spaarwielhouer vasgebout word deur die twee bestaande gate in die houer. Die "klamp" wat die 'wheel-spanner' vashou het 'n 'threaded-bar' wat in die bracket vasdraai sodat die kontrepsie nie in die pad is wanneer die spaarwiel afgehaal of opgesit moet word nie. Die 'wheelspanner' het rubberstrips om die moergedeeltes on te voorkom dat die wielvelling beskadig word.
Die waarskuwings driehoeke pas ook binne die wielvelling en ek maak hulle sommer met 'bungycords' vas.
Hoop dit maak sin. Sal sien of 'n 'n tekeing daarvan kan maak.